Return to search

Aspekte van statutêre minderheidsbeskerming in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg

Text in Afrikaans / Daar is 'n toenemende bewuswording van die noodsaaklikheid van effektiewe beskerming vir minderhede. Die rede vir hierdie toenemende erkenning aan die behoefte aan minderheidsbeskerming is waarskynlik toe te skryf aan die beset dat dit nie alleen die minderheidsaandeelhouers is wat skade ly in geval van benadelende optrede nie, maar ook die ekonomie. Maatskappye word ingevolge die beginsel van meerderheidsbewind bestuur, met
die gevolg dat die minderheid onderworpe is aan die wil van die meerderheid. Die minderheid kan hulself hierdeur in 'n onbenydenswaardige posisie bevind, veral indien die meerderheid hul mag aanwend om hul eie belange te bevorder. Gemeenregtelik is die reel in Foss v Harbottle 'n struikelblok vir minderheidsaandeelhouers wat gedingvoering beoog. In 'n poging om die gebrekkige gemeenregtelike beskerming van minderhede te ondervang, is
bepaalde statutere maatreels ingevoer. Die evaluasie van hierdie maatreels geskied aan die hand van 'n regsvergelykende ondersoek na verskeie buitelandse stelsels, waarvan die van Nieu-Seeland en Kanada uit staan vanwee die innoverende aard van hul statutere beskermingsmaatreels. Die gevolgtrekking is dat die beskerming wat die Suid-Afrikaanse statutere maatreels aan minderhede bied, onbevredigend is om verskeie redes. Eerstens is hierdie maatreels dikwels te eng bewoord wat daartoe lei dat die aanwendingsveld van die maatreels beperk is. Tweedens hou die maatreels nie tred met ontwikkelings elders in die wereld en veranderende omstandighede en behoeftes in die praktyk nie. Derdens ontbreek goed geformuleerde remedies wat aanvullend tot artikel 252 van die Wet sal wees. Daar is verder bevind dat ad hocwysigings van bestaande maatreels nie die gewenste resultaat gaan bereik nie en 'n algehele hervorming van die Suid-Afrikaanse maatskappyereg word aanbeveel. Ten slotte word konkrete voorstelle in die vorm van konsepwetgewing
gemaak en word vergesel van verduidelikende notas. Hierdie wetgewing is hoofsaaklik aan die hand van die Nieu-Seelandse en Kanadese modelle geformuleer. / There is a growing awareness of the need for effective protection of minority shareholders. This can probably be ascribed to the acknowledgement of the fact that prejudicial conduct harms not only minority shareholders, but also the economy at large. Companies are governed by the principle of majority rule; consequently the
minority is subjected to the will of the majority. This often places the minority in an invidious position, especially when the majority use their power to further their own interests. The rule in Foss v Harbottle presents a stumbling block to minority shareholder action. Certain statutory measures have been introduced in an effort to counter defective minority protection. These statutory measures are evaluated in the light of a comparative study of several foreign jurisdictions, the most prominent of which are New Zealand and Canada, because of the innovative nature of the measures which they employ. The conclusion arrived at is that, for various reasons, the protection afforded minorities by the South African statutory measures is unsatisfactory. Firstly, the
wording of these measures is narrowly construed; this in turn results in a narrow field of application. Secondly, these measures are not in step with developments elsewhere in the world and with the changing circumstances and needs in practice. Thirdly, well-formulated remedies needed in order to supplement section 252 of the Act are non-existent. It has also been found that ad hoc amendments of existing measures will not achieve the required result, and consequently a complete reform of South African company law is recommended. Finally, specific
recommendations in the form of draft legislation are made; these are accompanied by explanatory notes. This draft legislation was formulated primarily along the lines of the New Zealand and Canadian models. / Private Law / LL.D.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16983
Date07 1900
CreatorsHurter, E. (Estelle), 1955-
ContributorsPretorius, J. T.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (ix, 541 leaves)

Page generated in 0.0026 seconds