Return to search

Gebruik van die ontwikkelingsgefasiliteerde groepmodel vir egskeidingsgetraumatiseerde adolessente

Text in Afrikaans / Die Ontwikkelingsgefasiliteerde Groepmodel (OFG-model) is vir die doeleindes van hierdie navorsingstudie aangepas vir adolessente tussen die ouderdom van vyftien en agtien jaar. Die model is gebruik om die betekenisgewing, belewing en die betrokkenheid van 'n groep adolessente wat egskeidingsgetraumatiseerd is te ondersoek. 'n Literatuurstudie is onderneem waarin groepterapie, multikulturele terapie, die adolessent en egskeiding, en die konsepte betekenisgewing, belewing en betrokkenheid nagevors is. 'n Empiriese studie in die vorm van twaalf terapie sassies om die betekenisgewing,belewing, betrokkenheid van die adolessente te ondersoek, is onderneem. Die navorser stel ook vas hoe die proses van terapie met 'n groep multikulturele adolessente verloop. 'n Beplanning van die terapie sessies is gedoen. Ten einde die vertroubaarheid
van die navorsing te bepaal, is Guba se model van vertroubaarheid toegepas. Die empiriese studie toon aan dat die Ontwikkelingsgefasiliteerde Groepmodel, terapeuties met sukses gebruik kan word met 'n groep
multikulturele adolessente. Die betekenisgewing, belewing, betrokkenheid en die selfkonsep van egskeidingsgetraumatiseerde adolessente kan op die wyse ondersoek word. / The Developmental Facilitation Group Model (DFG-Model) was adapted for the purposes of this research study for adolescents between fifteen and eighteen years of age. The model was used to examine the meaning,
experience, and involvement of a group of adolescents traumatised by divorce. A literature study was undertaken to research group therapy, multicultural therapy, the adolescent and divorce and the concepts of meaning,
experience, and involvement. An empirical study in the form of twelve therapeutic sessions was undertaken to examine the meaning, experience, and involvement of the adolescents. The researcher also determined how the
process of therapy evolved with a group of multicultural adolescents. The therapeutic sessions were planned. To determine the reliability of the research, Guba's model for reliability was applied. The empirical study shows
that the Developmental Facilitation Group Model can be used successfully with a group of multicultural adolescents. The meaning, experience, involvement and self-concept of the adolescents traumatised by divorce can be determined in this way. / Psychology of Education / M. Ed. (Voorligting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17000
Date06 1900
CreatorsJakobsen, Marikje
ContributorsDe Meillon, Nicoline, 1949-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xxi, 234 leaves, 5 unnumbered leaves, 6 leaves, 11 unnumbered leaves, 42 leaves, 62 unnumbered leaves) : illustrations (some color)

Page generated in 0.0023 seconds