Return to search

Die invloed van 'n groepterapeutiese begeleidingsprogram op epileptiese adolessente dogters

In die studie is besin oor die wyse waarop die opvoedkundige sielkundige die probleme wat deur
die epileptiese adolessente dogter ondervind word, kan aanspreek. 'n Groepterapeutiese
begeleidingsprogram is ten doel gestel sodat die intra- en inter-psigiese effek daarvan op die
epileptiese adolessente dogter bepaal kon word.
Agt epileptiese adolessente dogters is vir die doel van hierdie studie geselekteer, waama hulle
aan 'n reeks psigometriese toetse onderwerp is. Voorts het die onderskeie vakonderwysers 'n
evalueringsvraelys voltooi. Daar is bevind dat die dogters in die algemeen 'n negatiewe
selfkonsep het. Die meeste proefpersone was angstig en depressief. Verhoudingsprobleme en
'n gebrek aan doelstellings het ook onder hulle voorgekom.
Volgens die literatuurstudie blyk dit 66k dat die epileptiese kind oor die algemeen 'n hoe
voorkoms van psigo-sosiale probleme toon en <lat <lit dikwels lei tot 'n negatiewe selfkonsep.
Faktore wat die psigo-sosiale wording van die epileptiese kind kan bei'nvloed, is neuroIV
biologiese faktore (byvoorbeeld die tipe toeval), psigo-sosiale faktore (byvoorbeeld
stigmatisering) en farmakologiese faktore (byvoorbeeld newe-effekte van medikasie ).
Die proefpersone is onderwerp aan 'n groepterapeutiese begeleidingsprogram van tien sessies.
Die program het gefokus op intra-psigiese aspekte soos die regstelling van negatiewe selfspraak,
asook op die bewusmaking en oefening van interpersoonlike vaardighede.
Uit die resultate van die na-toetsing kan afgelei word dat persoonlike groei plaasgevind het - in
die algemeen was daar 'n verhoging ten opsigte van die selfkonsep. Interpersoonlike
verhoudinge het skynbaar ook verbeter, terwyl angs afgeneem en depressie verminder het.
Voorts het die proefpersone se skolastiese prestasie met 5,1 persent verbeter.
Die groepterapeutiese begeleidingsprogram het dus 'n positiewe intra- en inter-psigiese effek op
die epileptiese adolessente dogter gehad. / This study addressed the ways in which the educational psychologist can address the problems
experienced by epileptic adolescent girls.
Eight epileptic adolescent girls were subjected to a series of psychometric tests. The results
indicated that in general, the majority of the girls were suffering from a negative self-concept,
depression and anxiety. They experienced problems with relationships and reflected a lack of
goals.
The epileptic adolescent girls were subjected to a group therapeutic guidance programme. The
programme focussed on intra- and interpsychological aspects such as the modification of
negative self-talk and the exercising of interpersonal skills.
The results of follow-up tests revealed that in general there had been an improvement of the
self-concept. Apparently inter-personal relations had improved, whereas anxiety and depression
had declined. At the same time, school performance had increased.
Hence, the group therapeutic guidance programme had a positive intra- and interpsychological
effect on the epileptic adolescent girls. / Psychology of Education / M.Ed.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17624
Date06 1900
CreatorsRoberts, Antoinette Johanna
ContributorsWiechers, E.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xvi, 132 leaves)

Page generated in 0.0025 seconds