Return to search

Die verband tussen bekering en verbond : 'n ondersoek na 'n dispuut in die Nederduits Gereformeerde Kerk / The relation between covenant and conversion : a research regarding a dispute in the Dutch Reformed Church

Daar heers tans 'n verwarring in baie mense se gemoedere, teoloe
sowel as ander gelowiges, aangaande die heilsweg. Aan die een
kant is daar die mense wat glo dat jy jou moet bekeer om in die
verlossing te kan deel (die bekeringsteologie) . Aan die ander
kant is daar diegene wat glo dat die mens klaar gered is, en
enige poging, hetsy deur geloof of bekering, van mensekant is
sinergisme (verbondsteologie) .
In ons soeke na 'n oplossing het ons na die verbond as moontlike
vertrekpunt gaan kyk, en gevind dat die verbond inderdaad 'n
oplossing bied. Die verbond het verskeie prinsipiele eienskappe,
en die kern daarvan is dat dit 'n Godgegewe instelling is met
duidelike inhoude. Onder andere het die verbond 'n monopleuriese
instelling, maar ook 'n dupleuriese werking. Hieruit volg dat
die verbond op die verantwoordelikheid van die mens appeleer.
Die appel van die verbond kom tot uiting in die oproep om die
verlossingsdade van Christus aan te gryp. Vervolgens is gekyk
na die manier waardeur 'n mens sy verantwoordelikheid nakom.
In sowel die Ou as Nuwe Testament is dit duidelik dat die mens
wat nie in 'n verbondsverhouding met die Here leef nie, gevaar
loop om uit die verbond gesny te word. Die enigste manier om
verseker dat 'n mens in die verbondsbelof tes de el, is deur
bekering. Die Bybel maak nie 'n duidelike onderskeid tussen
eerste en voortgaande bekering binne die verbond nie.
God gee die bekering, maar vereis dit ook / There is presently a great deal of confusion in the minds of
people, theologians as well as lay members, regarding the way
of salvation.
On the one hand there are those who believe that one must be
converted before one can share in salvation. It may be called
a theology of conversion. On the other hand there are those who
believe that the people of the covenant are already saved, and
all endevours to claim the salvation by faith or repentance, are
forms of synergism.
In our attempt to find a solution, we have taken the covenant as
pain of departure. The covenant has many qualities, but the
central aspect is the fact that the covenant is a God-given
entity and therefore has certain specific characteristics like
a monopleuric origin (in God} but a dupleuric working (divine and
human responsibility) .
According to the Old Testament as well as the New Testament, it
is clear that those covenant people who do not commit themselves
to the God of the covenant, and accept its demands, are in danger
of being cut off from the covenant. The only way to restore the
covenant relationship is by repentance and conversion.
Concerning the covenant the Bible does not make any clear
difference between a radical initial conversion and an ongoing
one.
God gives conversion, but also demands it / Philosophy, Practical & Systematic Theology / D. Th. (Sistematiese Teologie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17803
Date11 1900
CreatorsVenter, Philippus A.
ContributorsKönig, Adrio
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (71 leaves)

Page generated in 0.0024 seconds