Return to search

Literatuur en maatskappykritiek : problematisering van seksualiteit in Tom Lanoye se ̀Monstertrilogie'

This dissertation is a report on how Tom Lanoye, a contemporary Flemish
author who explores themes of social relevance, deconstructs the sexual
identity of his characters within the context of a postmodernist culture. The
manifestation of this deconstruction process is described within those
theoretical paradigms of Michel Foucault and Judith Butler that link sexual
identity and social mores. For the purpose of this research Tom Lanoye‘s
‘Monster’ Trilogy was selected. Set against the backdrop of Belgium society
during the late nineties of the twentieth century and highlighting the moral
downfall of the Deschryver patriarchy, Lanoye’s novels address an assortment
of contemporary gender and social political issues in his trilogy. These include
the following: political corruption; incest; homosexuality; racism; the sexual
abuse of minors; the relation between language and identity, volatile childrenparent
relationships; the subversion of gender norms and sexual
transformation. / In hierdie verhandeling word verslag gedoen van die wyse waarop Tom
Lanoye as hedendaagse eksponent van die Vlaamse versetprosa die seksuele
identiteit van sy karakters binne die konteks van 'n postmodernistiese
verwysingsraam dekonstrueer. Die manifestasie van hierdie
dekonstruksieproses word beskryf binne die teoretiese paradigmas met
betrekking tot die verband tussen seksuele identiteit en maatskappy van
Michel Foucault en Judith Butler. Vir die doel van hierdie ondersoek is
Lanoye se 'Monstertrilogie' geselekteer. Gesitueer teen die agtergrond van die
Belgiese maatskappy in die laat negentigerjare van die twintigste eeu en
gefokus op die morele ondergang van die Deschryver-patriargie, sny Lanoye
se trilogie 'n verskeidenheid van aktuele gender-en sosio-politieke kwessies
aan. Hierdie kwessies sluit in: politieke korrupsie; bloedskande;
homoseksualiteit, rassisme; die seksuele misbruik van minderjariges; die
verhouding tussen taal en identiteit; onbestendige ouer-kind-verhoudings; die
ondermyning van gendernorme en die kwessie van seksuele transformasie. / Afrikaans & Theory of Literature / M.A. (Afrikaans)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/3596
Date03 1900
CreatorsJoubert, Christiaan Johannes
ContributorsRoos, H.M. (Prof.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (139 leaves)

Page generated in 0.0029 seconds