Return to search

Die Britse beleid teenoor en administrasie van die Swartes in Transvaal, 1877-1881

Die tydperk in die Transvaalse geskiedenis wat met hierdie
werkstuk bestryk word, het al heelwat aandag van sowel tydgenootlike
skrywers as latere historici ontvang. Uit die
aard van die saak het die aandag in die eerste instansie op
die meer dramatiese geval - die Boere se stryd teen Britse
oorheersing en hulle pogings om hulle onafhanklikheid terug
te kry, wat ten einde laaste op die Eerste Vryheidsoorlog
van 1880-1881 uitgeloop het. 'n Verdere faset waaraan reeds aandag bestee is, is die wyse waarop die Engelse Transvaal in hierdie jare regeer het. Waarskynlik omdat dit as 'n aparte tema beskou is, het die
skrywer van hierdie werk egter geen aandag aan die Britte se
administrasie van die Swartes bestee nie. Die aspek van die Britse tydperk in Transvaal het tot dusver
weinig aandag ontvang. Weliswaar is sekere aspekte daarvan
reeds aangesny, maar met enkele uitsonderings was dit nog
nie die onderwerp van wetenskaplike ondersoek waarin die
tema in al sy fasette nagevors is nie. In sy The History
of Native Policy in South Africa from 1830 to the Present
Day (1927), gee E.H. Brookes as 'n onderdeel van 'n breer
onderwerp kortliks aandag aan die Britte se administrasie
van die Transvaalse Swartes. In sy werk Grensbakens
tussen Blank en Swart in Suid-Afrika (1947) raak ook P. van
BiIjon 'n aspek van hierdie tema aan, hoewel sy behandeling daarvan in meer as in een opsig bevraagteken moet word. Hierna het ook die skrywer hiervan 'n beskrywing gegee van die Tussenregering se beleid met betrekking tot die verkryging
van eiendomsreg op grand deur die Swartes. Origens
het die tema braak gele. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 1985. / gm2013 / Historical and Heritage Studies / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/32385
Date January 1985
CreatorsStals, Willem Adriaan
ContributorsVan Jaarsveld, Floris Albertus, 1922-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights© 1985 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria

Page generated in 0.0022 seconds