Return to search

Die aard van pleegvaders se betrokkenheid by pleegkinders : ‘n verkennende studie binneChild Welfare Tshwane

Die doel van die studie was om die aard van die betrokkenheid van pleegvaders by pleegkinders te verken binne Child Welfare Tshwane. Om hierdie doel te bereik is ʼn kwantitatiewe benadering gevolg om op ʼn objektiewe wyse die aard van dié betrokkenheid te bepaal. Die studie is volgens ʼn nie-eksperimentele navorsingsontwerp uitgevoer, synde die korrelasie-ontwerp wat die konsep vaderlike betrokkenheid eenmalig gemeet en korrelasies tussen veranderlikes ondersoek het. Data is ingesamel oor drie konstrukte van vaderlike betrokkenheid, naamlike interaksie, beskikbaarheid en verantwoordelikheid. Data is deur middel van 'n self-geadministreerde vraelys ingesamel.
Die bevindinge van die studie het getoon pleegvaders oor die algemeen hoë vlakke van betrokkenheid by hul pleegkinders getoon het ten opsigte van al drie die konstrukte. Die pleegvaders het beide ‘n instrumentele rol, byvoorbeeld voorsiening in die kinders se basiese behoeftes, en ‘n ekpressiewe rol, byvoorbeeld emosionele steun en aanmoeding van die pleegkinders, vertolk. Temas wat in hul eie beskrywing van hul rol as pleegvaders na vore gekom het, was diè van emosionele ondersteuning, sosialisering van die pleegkinders, die bied van ekonomiese sekuriteit en interaksie met die pleegkind en dat hul dus ‘n aktiewe byrae tot die uitvoering van die gesinsfunksies gelewer het. Hoewel die meerderheid van die pleegvaders bejaard was en bedags tuis teenwoordig was, het dit nie betekenisvol verskil van die betrokkenheid van pleegvaders wat voltyds gewerk het nie. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat maatskaplikewerkdienste ook die pleegvader behoort in te sluit en daarop fokus om pleegvaders te motiveer om betrokke te wees by die versorging van pleegkinders. Pleegvaders kan ‘n belangrike bydrae lewer tot die stabliteit van pleegplasings en tot die algehele welsyn van die pleegkinders. / Dissertation (MSW)--University of Pretoria, 2013. / gm2014 / Social Work and Criminology / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/37316
Date January 2013
CreatorsKirsten, Erika Christine
ContributorsLe Roux, M.P. (Liana), erika.kirsten@up.ac.za
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeMini Dissertation
Rights© 2013 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0025 seconds