Return to search

Die Nederduitse Gereformeerde kerk en die owerheid oor apartheid : 1948- 1991 - 'n kerkhistoriese studie

Die historiese wortels van apartheid is vasgele in die tydperk tussen
1652 en 1948. Die Ned. Geref. Kerk het vanaf die dertigerjare van die
twintigste eeu die regering versoek om apartheid statuter uit te bou.
Met die bewindsverandering in 1948 het 'n nuwe fase van meer as veertig
jaar in Suid-Afrika aangebreek. Gedurende hierdie tydperk vind ons 'n
hegte band tussen die owerheid en die Ned. Geref. Kerk. Die Ned. Geref.
Kerk het in 1948 apartheid vanu it die Skri f geregverd i g en het sy
profetiese getuienis daarmee sterk onder verdenking gebring. Die
statutere implementering van apartheid het hierna gevolg. Die Ned.
Geref. Kerk en die owerheid het hulle standpunte gegrond op die beginsel
van voogdyskap. Hiervolgens was blankes die voogde van nie-blankes wat
hulle tot mondigheid moet begelei. Na republiekwording is die tuislandbeleid
ontwikkel sodat swartmense onafhanklikheid kon verkry. In die
praktyk het swartes afhanklik en ondergeskik aan blankes gebly.
In 1974 verskyn Ras, Volk en Nasie as amptelike beleidsdokument van die
Ned. Geref. Kerk. Die Skriftuurlike begronding verdwyn en apartheid word
om praktiese redes onderskryf. Die onluste van 1976 het 'n fase van
kritiese evaluering van apartheid ingelei. Die regering het begin om
toegewings oor apartheid te maak.
As gevolg van die diep kloof tussen politieke oortuigings van Ned Geref.
Kerklidmate was die vroee tagtigerjare 'n fase vol huiwering vir die Ned.
Geref. Kerk oor apartheid. Die besluit tydens die Algemene Sinode van
1986 dat die Ned. Geref. Kerk "oop" is, was in beginsel 'n sprong weg van
apartheid soos gereflekteer in die nuwe beleidsdokument, Kerk en
Samelewing. In die fase tussen 1986 en 1991 vind die besliste
ontstrengeling van apartheid plaas. Die Ned. Geref. Kerk en die owerheid
het dus saam apartheid geimplementeer en saam daarvan weg beweeg. Die Ned. Geref. Kerk het met sy ondersteuning van apartheid en hegte band
met die owerheid meegewerk om sy baie "bevoorregte" posisie ten opsigte
van die owerheid ongedaan te maak. 'n Era is afgesluit en in die nuwe
Suid-Afrika is daar nou 'n nuwe owerheid met nuwe vennote. Indien die
Ned. Geref. Kerk nuwe geleenthede aangryp, kan sy Skriftuurlike opdrag,
met 'n duidelike profetiese stem, 66k teenoor die owerheid, gehoor word.
Die alternatief is 'n eensame pad ... / Thesis (DD)--University of Pretoria, 1994. / gm2014 / Practical Theology / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/42285
Date January 1994
CreatorsTolmay, Barry John
ContributorsVan der Watt, P.B. (Philip Blignaut)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights© 1994 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0051 seconds