Return to search

'n Oorsig van fonologiese ontwikkeling by kinders

Magister Artium - MA / Daar is 'n toenemende belangstelling in die rol wat die linguistiek speel ten opsigte van die hantering van taalgebreke by kinders. Hierdie verskynsel kan gedeeltelik aan twee ontwikkelings in die linguistiek toegeskryf word, nl. (a) die bekendmaking van 'n transformasionele grammatika soos vervat in Noam Chomsky se Syntactic Structures in 1957 en (b) die feit dat transformasionele grammatici beklemtoon
dat 'n linguistiese teorie moet kan verklaar hoe kinders taalstrukture verwerf. Dit het tot 'n hernieude belangstelling in taalverwerwing aanleiding gegee. Volgens Ingram (1976:6) kan linguiste 'n bydrae t.o.v. ten minste vyf aspekte lewer: (a) 'n boek t.o.v. algemene fonologiese aspekte moet saamgestel word; (b) 'n omvattende boek ten opsigte van die wyse waarop normale kinders die fonologie van hulle taal verwerf, moet saamgestel word; (c) 'n versameling tegnieke t.o.v. die verkryging en ontleding van kindertaal moet ontwikkel word; (d) 'n boek wat die aard van fonologiese afwykings in kinders beskryf, moet saamgestel word; (e) 'n versameling terapeutiese riglyne vir die
behandeling van fonologiese afwykings moet ontwikkel word. Wanneer ons gekonfronteer word met kinders wat aan die een
of ander taalgebrek ly, ontstaan daar onmiddellik die behoefte om die kind se taalsisteem te beskryf. Die deskriptiewe metode wat gebruik word, moet effektief genoeg wees om die kind se eie reƫlsisteem uit te beeld asook die kompleksiteit van die strukture wat verwerf is.
Sommige linguiste glo dat die TGG die regte stap in hierdie rigting is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/7482
Date January 1994
CreatorsRoux, Cheryl
ContributorsVan der Walt, M.J.
PublisherUniversity of Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of Western Cape

Page generated in 0.0018 seconds