Return to search

ʼn Analise van die moeder-dogter-verhouding in geselekteerde werke van swart Afrikaanse vrouedigters

Magister Artium - MA / Die moeder-dogter-verhouding is ʼn terugkerende en fassinerende tema in resente skryfwerk. Dit is die onderwerp van talle wetenskaplike navorsingsartikels, maar tog het dit tot dusver min aandag ontvang in die Afrikaanse letterkunde. Die verwikkelde moeder-dogter- verhouding is ʼn deurlopende tema in die werk van drie swart Afrikaanse vrouedigters, nl. Ronelda Kamfer, Jolyn Phillips en Shirmoney Rhode. Elkeen plaas ʼn eiesoortige fokus daarop. Die dimensies van hierdie verhouding word ontleed aan die hand van die psigoanalise soos deur Freud en Lacan uiteengesit. Postkolonialisme as raamwerk word ook betrek omdat dit fokus op identiteit en die subalterne wat ʼn kerngegewe in die genoemde digters se werk is. Hierdie raamwerk stel egter beperkings wanneer die sielkundige aspekte ter sprake kom. Hierdie studie maak dus gebruik van ʼn eklektiese benadering waarin insigte uit beide teoretiese raamwerke benut word. / South Africa

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/8182
Date January 2020
CreatorsApollis, Teneal
Contributorsvan Wyk, S.
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.0021 seconds