Return to search

Besluitnemingsvaardighede: 'n Sielkundig-andragogiese perspektief

Doctor Educationis / Die volwassene wat 'n professionele beroep beoefen, vervul nie net die rol van professionele beroepsbeoefenaar nie, maar is ook 'n voltydse leerder (student); tuisteskepper en landsburger. Hierdie verskillende rolle kan só veeleisend raak dat die volwassene oorweldig voel en in spanningsituasies of te midde van 'n vol program, onvanpaste besluitnemingstrategieë aanwend. Die openbaring van onvanpaste
besluitnemingsgedrag sluit in die onvermoë om • die kern van die probleem te formuleer • alternatiewe te genereer en te evalueer
• die besluit te neem, te implementeer en te evalueer 'n Empiriese ondersoek is onderneem om te bepaal watter besluitnemingstrategieë
deur professionele volwassenes bemeester behoort te word en of die andragoog die volwassene tydens die afhandeling van die besluitnemingsproses moet bystaan. Die faktore wat 'n rol by besluitneming speel, is ook behandel. Die navorser se eie voorstelling van die besluitnemingsproses, wat as opsomming van die literatuurstudie beskou kan word, is as raamwerk gebruik om vrae te genereer wat in die vraelys opgeneem kon word, asook om onderhoude te voer. Die belangrikste gevolgtrekking van die ondersoek is dat professionele volwassenes tydens die besluitnemingsproses op ondersteuning aangewese is en dat besluit nemingskonflik verlig kan word indien 33 belangrike besluitnemingsvaardighede bemeester is. Verder is gevind dat daar beduidende verskille is ten opsigte van die
besluitnemingsvermoë van die agt verskillende beroepsgroepe wat by hierdie navorsing betrek is, asook tussen manlike en vroulike respondente en Afrikaanssprekende en Engelssprekende respondente. Die algemene gevolgtrekking waartoe gekom is, is dat sommige professionele volwassenes onderpresteer wat besluitneming betref en dat hulle in besonder op begeleiding aangewese is. Die andragoog wat as besluitnemingskonsultant optree, sal hom dit spesifiek ten doel stelom sy medevolwassene wat ontoereikende besluitnemingsgedrag openbaar, te begelei tot die vorming van 'n realistiese besluitnemingsidentiteit. Verder word 'n nuwe, meer omvattende uiteensetting van die besluitnemingshandeling vanuit die Sielkundige Opvoedkunde voorgestel wat ten doel het om 'n meer indringende beskrywing van dié konatiewe handeling daar te stel as wat tans in die opvoedkundige sielkundige teorie te vind is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/8543
Date January 1995
CreatorsStrydom, Irene
ContributorsWiechers, E
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.1216 seconds