Return to search

Gesondheid in ontwikkelingsperspektief: 'n gevallestudie van Loxton

Magister Artium (Development Studies) - MA(DVS) / Die doel van die navorsingsprojek is om die gesondheidsvoorsiening en -benutting van In klein landelike gemeenskap te ondersoek. Dit is egter nie moontlik om na die gesondheidsituasie van die inwoners in isolasie te kyk en terselfdertyd In volledige beeld van die gesondheid van die inwoners te kry nie. Die gesondheid van die individu, en die gemeenskap in die breƫ, is onlosmaaklik gekoppel aan die algemene welstand van die individu en die gemeenskap (Botha; 1984:2; Wilson & Ramphele; 1989:292). Van die siektes wat deur die armes ondervind
word, kan direk of indirek na hul ekonomies-maatskaplike omstandighede teruggevoerword. Die armoede-verskynsels kan dus nie gekompartementaliseer word nie, maar daar moet noodwendig na die globale lewensopset van die teikengroep gekyk word as een aspek van die totale probleem uitgelig en bestudeer wil word. wilson en Ramphele (1989:4) het vier redes uitgesonder waarom
In studie van die armoede-vraagstuk belangrik is:
* die skade wat armoede aan die individu rig;
* die negatiewe ekonomiese impak wat armoede op die individu het;
* armoede is die manifestasie van groot ongelykhede, en
* armoede is In simptoom van In dieperliggende probleem.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/8555
Date January 1992
CreatorsWaterboer, Hannes Matthew
ContributorsTaylor, V, Redlinghuis, A.C
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.014 seconds