• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Opvoedkundige-sielkundige begeleidingsprogram vir gesinne blootgestel aan veranderde werksomstandighede

Van Biljon, Magdalena Katharina 06 1900 (has links)
Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Die studie handel oor die probleme wat veranderende werksomstandighede vir die werker en sy gesin veroorsaak. In 'n tydvak waar die wereld van werk dramaties verander, toon baie mense onkundigheid oor wat die veranderende wereld van werk impliseer. Hierdie veranderende wereld van werk vereis dat die werker groter verantwoordelikheid sal neem vir sy/haar eie loopbaantoekoms en -sekuriteit. 'n Loopbaan waar vaste ure, 'n vaste salaris, 'n pensioenfonds en ander byvoordele vanselfsprekend is, is in die veranderende wereld van werk nie meer die norm nie. Mense is nie voorbereid op veranderende werksomstandighede nie en ervaar verskeie probleme soos stres, 'n verswakte selfbeeld, depressie en 'n gevoel van magteloosheid. Die meeste mense wat blootgestel word aan veranderende werksomstandighede ervaar toekomsskok en hunker na die ou bedeling waar dinge seker en voorspelbaar was. Omdat persona blootgestel aan veranderende werksomstandighede nie voldoende op verandering voorberei word nie, ervaar hulle en hul gesinne probleme. Hulle probeer dikwels om so vinnig moontlik van die pyn en angstigheid wat met die verandering gepaard gaan, te ontsnap en neem daarom dikwels ondeurdagte besluite en voortydige aksies. Dit het dikwels mislukking tot gevolg wat verreikende ekonomiese en psigologiese implikasies mag inhou. Die begeleidingsprogram vir die studie is daarom ontwerp met die doel om aan gesinne wat blootgestel word aan veranderende werksomstandighede die nodige insig in die veranderende wereld van werk te gee, en om aan hulle die nodige vaardighede te gee om die probleme wat veranderinge meebring, te kan hanteer. Die persone en hulle gesinne word bemagtig deurdat aan hulle die begrip "portefeulje -werk" met die uitgangspunt dat almal altyd oor sekere bemarkbare vaardighede beskik, en daarom tegnies nooit werkloos hoef te wees nie, bekendgestel word. Daar word gepoog dat hulle hierdie konsep sal internaliseer en dat hulle daarom 'n paradigmaskuif sal maak sodat hulle meer op hulself en hulle eie vaardighede aangewese is as op eksterne faktore in die wereld van werk. Uit die terugvoergesprekke met die proefpersone aan die begin van die groepsessies en die vraelyste wat hulle voltooi het, blyk dit dat hulle gebaat het by die bywoning van die groepsessies. / This study deals with the problems experienced by a person and his/her family when faced with changing work circumstances. In a time where the world of work is undergoing dramatic changes, many people lack knowledge about the implications of the changing world of work. This changing world of work requires that the worker will take greater responsibility for his own career future and career security. A career where fixed work hours, a fixed salary, a pension fund and other benefits are a given, is no longer the norm in the changing world of work. People are not prepared to deal with changing work circumstances. They experience a variety of problems like stress, a poor self image and depression. Most people who are facing changing work circumstances experience future shock and long for the old times when things were certain and predictable. Persons and their families who are facing changing work circumstances are not sufficiently prepared for the changes. They often try to escape the pain and anxiety which accompany the changes by making quick decisions and by taking premature actions. This often leads to failure and has serious economic and psychological implications. The counselling programme for this study is thus designed with the purpose to give the families who are faced with changing work circumstances the necessary insight in the changing world of work, and to equip them with the necessary skills to deal with the problems which accompany the changes. The persons and their families are also empowered by introducing them to the concept "portfolio work". The implications of portfolio work is that people always have some marketable skills, and by marketing themselves and their skills they should technically never be unemployed. It is attempted to help the participants to internalise these concepts in order to make a paradigm shift so that they will be more self reliant and less dependent on employers in the world of work. From feedback with participants in the investigation at the beginning of the group sessions, and the questionnaires they completed, it seems that they have benefited from attending the group sessions. / Psychology of Education / Ph. D. (Sielkundige Opvoedkunde)
2

Page generated in 0.0177 seconds