• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Model vir korporatiewe-sosialeverantwoordelikheidskommunikasie : 'n toepassing in die landbousektor / Elizabeth Maria Kloppers

Kloppers, Elizabeth Maria January 2015 (has links)
In hierdie studie word betoog dat korporatiewe sosialeverantwoordelikheid (KSV) minstens twee funksies het: om tot volhoubare ontwikkeling by te dra; en om strategiese voordeel vir die maatskappy te skep. Doeltreffende kommunikasie word as noodsaaklik beskou om beide bogenoemde funksies te vervul. Gevolglik word betoog dat maatskappye oor (om strategiese voordeel te trek) en in (om tot volhoubare ontwikkeling by te dra) KSV behoort te kommunikeer. Daaruit volg dat ʼn model vir KSV-kommunikasie beide soorte KSV-kommunikasie moet insluit. Die teoretiese veld van KSV-kommunikasie is tans ontoereikend en daarom word teorieë uit ander velde geraadpleeg om ʼn teoretiese begronding voor te stel. Daar word geredeneer dat kommunikasie oor KSV aan die uitgangspunte van drie kommunikasiebestuursbenaderings behoort te voldoen, aangesien hierdie benaderings dieselfde doelwitte as kommunikasie oor KSV nastreef. Die benaderings sluit in: simmetriese tweerigtingkommunikasie, die reflektiewe benadering asook strategiese kommunikasiebestuur. Betreffende kommunikasie in KSV word betoog dat hierdie vorm van kommunikasie aan die uitgangspunte van die deelnemende benadering tot ontwikkelingskommunikasie behoort te voldoen, aangesien dit volhoubare ontwikkeling as doelwit nastreef. Op grond van ʼn literatuurstudie oor bogenoemde kommunikasiebenaderings, word ʼn teoretiese model vir KSV-kommunikasie in die huidige studie voorgestel. Die empiriese deel van die studie fokus op die landbousektor en die teoretiese KSV-kommunikasiemodel word in die landbousektor toegepas om vas te stel hoe nuttig dit is. Hierdie studie stel voor dat ondersteuning aan opkomende boere die hooffokus van landboumaatskappye se KSV behoort te wees. Daar word gevolglik aanvaar dat landboumaatskappye met opkomende boere (as bevoordeeldes) in KSV behoort te kommunikeer, terwyl hulle met kommersiële boere (as kliënte, verskaffers en soms aandeelhouers) oor KSV behoort te kommunikeer. Die huidige studie het twee landboumaatskappye – Senwes en NWK – se KSV-kommunikasie ondersoek. Die empiriese deel van die studie is kwalitatief benader en die navorsingsmetodes is semigestruktureerde onderhoude, fokusgroepe en kwalitatiewe inhoudsanalise. Kwalitatiewe inhoudsanalise is ook ingespan om die resultate te ontleed wat deur die ander navorsingsmetodes bekom is. Daar is bevind dat kommunikasie tussen die betrokke werknemers van die landboumaatskappye en opkomende boere in KSV grootliks aan die uitgangspunte van die deelnemende benadering tot ontwikkelingskommunikasie voldoen. Die opkomende boere was oor die algemeen heel tevrede met kommunikasie soos dit tans geskied. Daarteenoor wil dit voorkom asof die landboumaatskappye so ver moontlik vermy om oor hulle KSV-inisiatiewe met kommersiële boere te kommunikeer. Geen van die kommersiële boere wat aan die studie deelgeneem het, was bewus van die maatskappye se betrokkenheid by ontwikkelende landbou nie, en was uiters negatief oor hierdie gebrek aan kommunikasie. Uit die voorgestelde model vir KSV-kommunikasie blyk dat die kommunikasiekanale, aard van kommunikasie en kommunikasiebeginsels grootliks dieselfde is vir kommunikasie in en oor KSV. Die doelwitte van hierdie twee soorte KSV-kommunikasie stem gedeeltelik ooreen, maar dit kan ook uiteenlopend wees. Die integrasie van kommunikasie in en oor KSV in een model word egter bemoeilik deurdat die metateoretiese raamwerke wat die relevante basisteorieë vir die ondersoek onderlê, oënskynlik uiteenlopende beskouings oor die doel van kommunikasie huldig. / PhD (Communication Studies), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Uplatnění konceptu společenské odpovědnosti ve firmě / Corporate Social Responsibility in a Specific Company

Kroužková, Michaela January 2012 (has links)
The thesis deals with the Corporate Social Responsibility concept (CSR) in the theoretical part. It describes particular steps within the implementation of the concept. The practical part concentrates on applying the concept in a company; the proposal of various CSR activities has been worked out taking into consideration financial situation of the company.
4

Metodika měření společenské odpovědnosti firem / Methodology of Corporate Social Responsibility Measurement

Černohorská, Lenka January 2011 (has links)
The starting point of Corporate Social Responsibility is the understanding and the acceptance of fact, that organization is a part of the society, in which it develops its activities. There are many companies, which are conducting in accordance to superior performance of the obligations in the area of social responsibility. These organizations truly think about their surroundings. The problem can occur in the measuring the social responsibility level of each CSR pillars, consisting of economic, social and environment areas. Measurement and evaluation of CSR could be conducted by some exact methods (i.e. standards and norms). In organization is needed to set up measurement mechanisms of all the areas of corporate social responsibility. The organization could use for reporting “structures” of already existing standarts, however the complexity of these standarts is the reason why it is not easy to apply them in the Czech Republic. The following project presents the metodology of measuring Corporate Social Responsibility

Page generated in 0.0119 seconds