• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

An empirical framework for banking digitally unbanked seniors

Diako, Bongani Harry 10 1900 (has links)
Abstract in English and Afrikaans / The main thrust of the thesis is an empirical analysis of the problems experienced by unbanked seniors to conduct digital banking. Population ageing is a worldwide phenomenon and seniors’ numbers are projected to grow to beyond 1 billion people globally by this year (2020). Currently, seniors and other banking customers are surrounded by various forms of e-banking technologies. E-banking is further envisaged to be the catalyst of the financial inclusion of the unbanked people of all ages. However, the problem is that customers’ adoption of e-banking is a challenge for the banks. Seniors are particularly not willing to use e-banking. Thus, seniors stay digitally unbanked and this makes their inclusion into the financial marketplace a priority. How the banks could use e-banking to bank digitally unbanked seniors and, as a consequence improve financial inclusion, is the problem the study set out to resolve. Therefore, an empirical analysis of the problems experienced by unbanked seniors to conduct digital banking was conducted and, as a result, an empirical framework of how the banks can extend these services to this population segment was developed. An original theoretical framework primarily founded on the TAM and Baroudi’s customers’ technology design involvement theory was proposed. Structural Equation Modelling (SEM) with latent constructs was utilised. The measurement model was first estimated and then covariance matrix between variables served as input to estimate the structural coefficients between constructs. The study’s data was collected by means of a structured questionnaire survey, utilising a probability sampling method with a sample of 420 digitally unbanked seniors. A focus group with banking industry experts was also held to consider the findings. The study’s findings empirically verified the study’s model’s strength in determining digitally unbanked seniors’ willingness to use e-banking. Latent constructs under consideration included customer co-creation, awareness and empowerment, design, perceived ease of use, usefulness, cost, attitude, privacy and security, and trust. The findings demonstrate that design, attitude, privacy and security are statistically significant determinants of digitally unbanked seniors’ willingness to use e-banking. Managerial implications and recommendations are provided in the recommendations chapter. / Die hoofbetoog van die tesis is ’n empiriese ontleding van die probleme wat ervaar word deur ongebankte pensionarisse om hulle banksake digitaal te doen. Bevolkingsveroudering is ’n wêreldwye verskynsel en daar is voorspel dat die getal pensionarisse teen vanjaar (2020) 1 miljard mense wêreldwyd sou verbysteek. Tans is daar ’n groot verskeidenheid elektroniese bankdienste beskikbaar wat pensionarisse en ander bankkliënte kan gebruik om hulle banksake te doen. Daar word ook verwag dat elektroniese bankwese die katalisator sal wees van die finansiële insluiting van ongebankte mense van alle ouderdomme. Die probleem is egter dat die aanname van elektroniese bankwese deur kliënte ’n uitdaging vir banke is. Pensionarisse is veral nie gewillig om elektroniese bankdienste te gebruik nie, en hulle bly dus ongebank. Dit veroorsaak dat hulle insluiting in die finansiële mark ’n prioriteit is. Die probleem wat hierdie studie wil oplos is hoe die banke elektroniese bankwese kan gebruik om digitaal ongebankte pensionarisse te kry om bankdienste te gebruik. Dus is ’n empiriese ontleding uitgevoer van die probleme wat ongebankte pensionarisse ervaar om hulle banksake digitaal te doen. Gevolglik is ’n empiriese raamwerk ontwikkel van hoe die banke hulle dienste na hierdie bevolkingsegment kan uitbrei. ’n Oorspronklike, teoretiese raamwerk, wat hoofsaaklik gegrond is op die kliëntetegnologieontwerp-betrokkenheidsteorie van TAM en Baroudi, is voorgestel. Strukturele gelykstellingsmodellering (SEM) met lantente konstruksie is aangewend. Die metingsmodel is eers bereken en die kovariansiematriks tussen veranderlikes het gedien as inset om die strukturele koëffisiënte tussen konstrukte te bereken. Die studie se data is ingesamel deur middel van ’n gestruktureerde vraelysopname, met ’n waarskynlikheidsteekproefneming van 420 digitaal ongebankte pensionarisse. Daar is ook ’n fokusgroep met kundiges in die bankwese gehou om die bevindings te oorweeg. Die studie se bevindings het die studiemodel se vermoë om die gewilligheid te bepaal van digitaal ongebankte pensionarisse om elektroniese bankdienste te gebruik empiries bevestig. Latente konstrukte onder oorweging het medeskepping van kliënte, bewustheid en bemagtiging, ontwerp, waargenome gebruiksgemak, bruikbaarheid, koste, houding, privaatheid en sekuriteit, en vertroue ingesluit. Die bevindings demonstreer dat ontwerp, houding, privaatheid en sekuriteit statisties beduidende determinante is van digitaal ongebankte pensionarisse se gewilligheid om elektroniese bankdienste te gebruik. Bestuursimplikasies en aanbevelings word voorsien in die aanbevelingshoofstuk. / Business Management / D. B. L. (Marketing)

Page generated in 0.0231 seconds