• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 8
  • Tagged with
  • 8
  • 8
  • 8
  • 8
  • 6
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Roman-waarheid en roman-fiksie: 'n ondersoek na die waarheidsgehalte van sekere Afrikaanse aktualiteitsromans en na die waarheidsmaatstaf in die aktualiteitsromankritiek

Mulock-Houwer, F A M January 1963 (has links)
Dit het my herhaaldelik getref dat, by die beoordeling van bepaalde tipes Afrikaanse romans, deur die kritici sekere maatstawwe aangelê word wat as artistieke of literêre kriteria nie geldig, nie ter sake nie, en daarom meestal ook ontoelaatbaar is. Ek bedoel meer bepaaldelik die historiese en aktualiteitsromans: genres wat hul tematiese materiaal grotendeels betrek uit die verbye of hedendaagse "werklikheid" van die gemeenskap waartoe, in prakties alle gevalle, én die auteurs én die kritici van daardie romans behoort. Die ongeldige, slegs ten dele geldige of verkeerd gebruikte geldige kriteria vind hul oorsprong in 'n foutiewe vereenselwiging van die letterkundige kriterium "waarheid in die roman" met die aktualiteitsmaatstawwe "objektiewe werklikheid" en "oordeel oor hierdie werklikheid wat in die roman gevel word". 'n Ondersoek na die grondbeginsels van die romankritiek, die mate van ooreenkoms wat die Afrikaaner kritiek daarmee vertoon, en dus ook na die "waarheidsgehalte" van die betrokke romans self, vorm die opset van hierdie verhandeling. In die loop van die ondersoek het dit egter spoedig geblyk dat die onderwerp te wyd was, en dat dit die beste beperk kon word deur te konsentreer op 'n kleiner aantal romans binne een genre. Die keuse het geval op die aktualiteitsroman, en meer bepaaldelik op 'n negetal romans i.v.m. die "nie-blanke aktualiteit" en "rasseverhoudings in Suid-Afrika". Hierdie keuse is gedoen om twee hoofredes. Eerstens omdat die rasseprobleem veral sedert die Tweede Wêreldoorlog en meer bepaaldelik sedert die Atlantiese Oorkonde (1942) dié heersende wêreldprobleem geword het. Die rassebeleid in Suid-Afrika is derhalwe skerp in die lig gestel, met die gevolg dat Suid-Afrikaners daartoe gedryf is om hulle houding nie net in die praktyk te handhaaf nie, maar ook teoretiee en godsdienstig te verdedig. As aktualiteitsprobleem is die rassesituasie dus die interessantste en dié wat die meeste opspraak wek. Die tweede rede vir my keuae is die feit dat die kritieke oor die "romans oor rasseverhoudings", juis weens die aktualiteitstweedrag oor hierdie situasie, die volledigste voorbeeld vorm van die heersende "werklikheid"/"waarheid"-verwarring in die Afrikaanse aktualiteitsroman-kritiek. Die skripsie is in drie hoofdele verdeel: ʹn ondersoek na die waarheidemaatstaf in die kritiek, toepassing van hierdie maatstaf op romans oor die naturel en op die kritieke daaroor, en die verdere uitwerking daarvan i.v.m. romans oor die kleurling. Die nege romans wat ter sprake gebring is, mag beskou word as die noemenewaardigste kuns-en-aktualiteitspogings in hul genre, en tewens as 'n volledige aanduiding van die algemene ontwikkelingsgang van daardie genre. Die gekose volgorde van die romans dien dan ook om twee hooffaktore te omlyn: (a) die ontwikkeling van die aktualiteitsiening vanuit die idilliese plaasverband van Franz se romans, via die beperkte siening van die nie-blanke stadsproblematiek, na ʹn paging tot 'n volledige Suid-Afrikaanse probleemstelling in Rabie se Ons, die Afgod, en (b) die kunsgehalte van die betrokke romans en die mate waarin dit die draagkrag van die tendens beinvloed, en wederom die mate waarin die keuse van die tema en tendens die waarheidsgehal teen draagkrag van die romans as aktualiteitskommentare bepaal. Ons het gevolglik die romans oor die naturel, wat die eerste fase van die aktualiteitsiening behandel, in Deel II geplaas, en die romans oor die kleurling, van die staanspoor af meer problematies van aard, en as groep dié wat die mees gevorderde aktualiteitsiening vertoon in Deel III. Die slotbeskouing is ʹn kort samevatting van die mate van ontwikkeling in die Afrikaanse aktualiteitsroman oor die nie-blanke, en 'n vasstelling van die aard van die werklikheiq/waarheid-digotomie in die kritieke daaromtrent.
2

'n Ondersoek na die funksie van die verteller ten opsigte van die aktualiteit en romanwêreld in sommige Afrikaanse romans

Goosen, Ella Johanna January 1983 (has links)
Een van die fundamenteelste en belangrikste aspekte van 'n roman is die verteller. Die verhouding waarin die verteller tot die verhaalstof staan, die verteller se perspektief op die gebeure, die soort verteller en die manier waarop die verteller sy implisiete leser deur die organisasie van die verhaal definieer en betrek is almal bepalende faktore vir die struktuur, die styl en die ontwikkelingsgang van die roman. Joseph T. Shipley (1966:144) stel die saak so: "In die analysis of a speech or literary composition, nothing is more important than to determine precisely the voice or voices presented as speaking and the precise nature of the address (i.e. specific direction to a hearer, an addressee); for in every speech reference to a voice or voices and implication of address (i.e. reference to a process of speech, actual or imagined) is a part of the meaning, for the interpretation of which it supplies an indispensable control ".
3

Populêre vs. literêre grensverhale : twee beelde van die Angolese oorlog (1966-1989)

Van Huyssteen, Konstant January 1998 (has links)
Bibliography: pages 198-207. / In this dissertation, a study is made of two bodies of fiction documenting the South African soldier in Angola. The fiction was limited to Afrikaans short stories, as this genre is believed to best reflect the fragmentary, explosive experience of combat. This demarcation also served as a way of limiting the body of fiction for the study. A cut-off year of 1990 was taken. The rationale for this is that the late seventies and eighties was the golden age for the publication of border fiction, and that Southwest AfricaNamibia gained independence in 1990 with a SWAPO (South West Africa People's Organisation) government, thus largely defeating the purposes of South African military involvement in Namibia and Angola. The collections of short stories that were analyzed in this study, were divided into two categories. The stories published in popular family magazines such as Die Huisgenoot were considered to be popular fiction. These stories are overtly accepting of South Africa's involvement in Namibia and Angola, and are highly propagandistic. The collections Ses Wenverhale (1988) by Maretha Maartens and others, and Verby die wit brug (1978) by Johan Coetzee, were analyzed as examples of this category. In the category of literary short stories, Wie de hel het jou vertel? (1988) by Gawie Kellerman and 'n Wereld sonder grense (1984) by Alexander Strachan were analyzed. It is important to note that the texts were selected thematically i.e. the criterium was that they had to have the South African soldier in South West AfricaAngola as main theme. Analyses of the texts are based on the thesis formulated by H P van Coller in his article "Afrikaanse literatuur oor die gewapende konflik in Suider-Afrika sedert 1963 - 'n voorlopige verslag". In this report, Van Coller mentions that studies comparing the literary border fiction with the popular border fiction, have been left behind. The study aims at examining this unexplored territory and looks extensively at how these two bodies of fiction differ. It was found that two radically different images of the border war emerge from the two bodies of fiction: the popular fiction is uncritical, war is presented more as an exciting game in the popular fiction, whereas it is presented as deadly, yet addictive, in the literary fiction. The ideological backgrounds from which the stories are written, are fundamentally opposed: the popular fiction often sees the war as a continuation of the white man's struggle for survival on a violent continent, and God is assumed to be on the South African side. The literary fiction documents a loss of God and criticises the government, censorship and apartheid. The literary fiction also fulfills a function of reporting - that which has not been said in the media due to censorship by government. The scope of the popular fiction is much narrower than the literary fiction, ignoring issues such as homosexuality in the army, torture and atrocities. Finally, the conclusions differ, with a sentimental "all will be well" in the popular fiction, as opposed to the fundamental pessimism in the literary fiction.
4

Vernuwing van maatskaplike norme as tema in afrikaanse jeuliteratuur vanaf 1985 tot 1995.

Shezi, B. K. January 1999 (has links)
Dissertasie ingehandig by die Faculty of Arts ter vervulling van die vereistes vir die graad Magister Artium in Afrikaans aan die Universiteit van Zululand, South Africa, 1999. / Hierdie studie behels ‘n ondersoek na jeugliteratuur, wat gesien word as verhale met eiesoortige kenmerke wat moet voldoen aan die sielkundige behoeftes van die tiener. Die doelwit is 'n ondersoek na die vernuwing van maatskaplike norme in Afrikaanse jeugliteratuur vanaf 1985 tot 1995. Hoewel maatskaplike norme ‘n sisteem vorm wat as gehee! deur die lede van die samelewing beheer moet word, kan die verhouding tussen verskillende rassegroepe uitgesonder word as die maatskaplike norm wat vir dekades ln groot bron van probleme in die Suid-Afrikaanse samelewing was, en nog steeds nie volkome opgelos is nie. Daar word dan in hierdie studie gekyk na die uitbeelding van die verhouding tussen verskillende rassegroepe in Afrikaanse jeugliteratuur, en die hipotese wat getoets word, is dat die veranderde norme in die samelewing gereflekteer sal word in literatuur vir jongmense ten einde hulle te help om as volwaardige volwassenes op te tree. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie in enigeen van die verhale wat ontleed is, enige negatiewe rassistiese voorstellings van swart of ander karakters op grand van rasseverskille voorkom nie. Die Suid-Afrikaanse samelewing word uitgebeeld as ongemtegreerd en daar word ook erkenning gegee aan die feit dat daar grense en ongelykhede bestaan tussen mense op grand van politieke en sosiale faktore. Daar word egter ook aan die ander kant erkenning gegee aan die nadelige gevolge van hierdie politieke stelsel, en dit is vera! belangrik dat karakters uit verskillende rasse- en sosiale groepe as innerlik gelykwaardig uitgebeeld word. Daar word klem gele op die sielsgenootskap tussen mense en die feit dat ons almal op die psigiese vlak dieselfde probleme en behoeftes het, en dat mense, ongeag hulle velkleur, mekaar kan help in die groeiproses tot groter lewenskennis en selfinsig.
5

'n Ondersoek na die armoede-diskoers en die uitings patriargie, bloedskande en apartheid in Triomf van Marlene Van Niekerk.

Hoogbaard, Sherrilyn January 1996 (has links)
'n Ondersoek na die armoede-diskoers en die uitings patriargie, bloedskande en apartheid in Triomf van Marlene Van Niekerk.
6

'n Ondersoek na die armoede-diskoers en die uitings patriargie, bloedskande en apartheid in Triomf van Marlene Van Niekerk.

Hoogbaard, Sherrilyn January 1996 (has links)
'n Ondersoek na die armoede-diskoers en die uitings patriargie, bloedskande en apartheid in Triomf van Marlene Van Niekerk.
7

Eksperiment en intertekstualiteit: 'n studie van Ingrid Winterbach se Niggie (2002) en die oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers 1899-1902 (1978), asook ander Anglo-Boereoorlog tekste

Botha, Maria Elizabeth January 2006 (has links)
This study focuses on the creative adaptation of Anglo-Boer War material in Ingrid Winterbach’s (Lettie Viljoen) Niggie [Cousin] (2002) with specific reference to the Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers, 1899-1902 [War Diary of Jan F.E. Celliers, 1899-1902] (1978) and other texts written during or shortly after the Anglo Boer War in Dutch, such as Totius’ Vier-en-sestig dae te velde: ‘n Oorlogsdagboek [Sixty Four Days Afield: A War Diary] (1977) and in English, Woman’s Endurance (1904) by A.D.L. and Deneys Reitz’s Commando. A Boer Journal of the Boer War (1929). More recent Afrikaans novels dealing with the same war are also analysed, such as Ons oorlog [Our War] (2000) by Klaas Steytler, Op soek na Generaal Mannetjies Mentz [In Search of General Mannetjies Mentz] (1998) by Christoffel Coetzee and Etienne Leroux’s Magersfontein O! Magersfontein (1976). A literary analysis is done of the novel Niggie, with specific focus on the nature and function of Anglo-Boer War material in Winterbach’s text. The question is posed why there is such a sustained focus and creative adaptation of Anglo-Boer War texts in Winterbach’s oeuvre (especially in Belemmering [Impediment], 1990, Karolina Ferreira, 1993, Buller se plan [Buller’s Plan], 1999, and Niggie [Cousin], 2002)? This novel has a profound effect on the reader a century after the war, because it addresses postcolonial issues and predicaments such as a defragmenting identity, as well as the possible demise of the Afrikaans language and culture, faced by the descendants of those involved in the war a century ago. In her reworking of the past to come to grips with the present, Winterbach confronts difficult South African topics, such as interracial relationships, racism, the relationship with the land, possible language death, gender relationships, the role of the supernatural and the unconscious in everyday life (in the form of dreams and trickster figures), amongst many others. The dissertation offers an intertextual study as well as a literary analyses of the literary techniques used, and the characteristics of this magisterial novel, which deservedly won the Hertzog prize in 2004, the highest accolade possible for an Afrikaans novel. The anomaly of such a novel in 2002 seemingly dwelling on the past, is shown up for what it is: a metaphor for the present and its dilemmas, reflecting the social conflicts existing at present in the crumbling Afrikaans community.
8

Postmodernistiese vertelstrategieë in Nag van die clown van Abraham H. de Vries

Van Heerden, Etienne, 1954- January 1996 (has links)
This thesis locates Abraham H. de Vries's Nag van ale Clown witbin the self-conscious South African socio-literary climate of the eighties and analyses postmodernist narrative strategies in five stories. Surveying the debate on postmodernism, this study describes postmodernism as a nomadic, inherently contradictory and mutually informing palimpsest of texts and views the De Vries text as a problematized inscribing of subjectivity into history. / Hierdie proefskrif situeer Nag van die Clown (1989) van Abraham H. de Vries binne die selfbewuste sosioliterere klimaat van die Suid-Afrika van die dekade tagtig en ontleed postmodernistiese vertelstrategiee in vyf verhale uit die bundel. Die studie bied 'n oorsig oor die debat rondom die postmodernisme as nomadiese, weersprekende en wedersyds voedende palimpses tekste en beskou die De Vries-teks as 'n problematiserende inskryf van subjektiwiteit in die geskiedenis.

Page generated in 0.1289 seconds