• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Paulo Freire se benadering tot leer en onderrig as teenvoeter vir die kultuur van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika / Paulo Freire’s approach to learning and teaching as an antidote against the culture of violence against women and children in South Africa

Kloppers, Daniel Frederik 09 1900 (has links)
Die Brasiliaanse opvoedkundige Paulo Freire word as een van die belangrikste opvoeders van die twintigste eeu beskou. Sy benadering tot volwasse onderrig is op verskeie terreine toegepas maar nooit direk as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders aangewend nie. Die doel van hierdie studie was om vas te stel op welke wyse Paulo Freire se benadering tot leer en onderrig in volwasse basiese onderrig as teenvoeter kan dien vir die kultuur van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. Die studie bestaan uit ’n analitiese literatuurstudie en ’n kwalitatiewe studie met elf deelnemers. Ten einde die navorsingsvraag te beantwoord neem die studie ‘n aanvang met ’n literatuurstudie oor die redes vir geweld teen vroue en kinders. Daarna val die fokus op volwasse basiese onderrig [VBO], volwasse leer en die knelpunte in VBO in Suid-Afrika. In die volgende hoofstuk word die literatuur ten opsigte van Freire se werk en sy benadering tot volwasse onderrig bespreek. Kernelemente van sy benadering word getabuleer waarna kritiek op en die belang van sy benadering, sowel as die toepassing daarvan, in Afrika en Suid-Afrika bespreek word. In die kwalitatiewe empiriese studie word die resultate van die vrae in die onderhoudsgids met betrekking tot geweld en VBO bespreek waarna die resultatate in die laaste hoofstuk in die lig van die literatuurstudie geanaliseer word. Nadat die data beoordeel is, word aanbeveel dat, hoewel kennis geneem moet word van die uitdagings in VBO en Freire se benadering, die benadering steeds as ’n middel in basiese volwasse onderrig gebruik kan word om geweld die hoof te bied. ’n Praktiese voorstel vir teengeweldonderrig word gemaak met behulp van ’n teengeweldlesplan vir VBO. Die navorsing sluit af met beperkings van die studie en voorstelle vir optrede. / The Brazilian educator Paulo Freire is considered to be one of the most important educators of the twentieth century. His approach to adult education has been applied to various fields, but never directly to prevent violence against women and children. The purpose of this study was to ascertain how Freire’s approach to learning and teaching can be used as an antidote against violence against women and children in South Africa. The study consists of an analytical literature review and qualitative study with eleven participants. To answer the research question, the study commences with a literature study on the reasons for violence against women and children. Therafter the focus shifts to the adult basic education, adult learning and the restraints in adult basic education in South Africa. In the next chapter Freire’s work and his approach to adult education is dis-cussed. Key elements to his approach is tabled whereafter critique on and the im-portance of his approach, as well as its application in South Africa, is discussed. In the qualitative empirical study the results of the questions in the interview guide with regard to violence and adult basic education is discussed, whereafter the results are analised in the final chapter in view of the literature study. After the consideration of the data, it is recommended that cognisance must be taken of the challenges to adult basic education and Freire’s approachwhich can still be utilised as a medium in adult basic education to combat violence. A practical proposal for antiviolence education is made through a antiviolence lesson plan for ABE. The research concludes with limitations and recommendations. / ABET and Youth Development / M. Ed. (Adult Education)

Page generated in 0.1116 seconds