• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

God se deernis met die weerloses van sy volk. 'n Kritiese ondersoek na 'n spesifieke dimensie van die Godsverkondiging in die Ou Testament

Goliath, August Christian January 1991 (has links)
Doctor Theologiae - DTh / Benewens persoonlike belangstelling in die boodskap van die Ou Testament vir die kerk van vandag, is dit veral kontemporêre teologiese debatte en verwikkelinge op die kerklike terrein, plaaslik sowel as op die breë ekumeniese front, wat tot hierdie studie aanJeiding gegee het. Eerstens: Een van die artikels van die Belharbelydenis' lui onder andere: "Ons glo ... dat God op 'n besondere wyse (Homself geopenbaar het as) die God van die noodlydende, die arme en die verontregte ...(my kursivering); dat Hy aan die verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy dié wat bedruk is ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad van die goddelose versper." Toe dié spesifieke artikel van die konsepbelydenis gedurende die sinodesitting' onder bespreking gekom het, het somrnige van die afgevaardigdes ernstige besware geopper teen die wyse van formulering dat God op 'n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is. So 'n stelling skep, volgens hulle, die indruk dat God inderdaad kant gekies het vir die noodlydendes en dat Hy dus by implikasie 'n God van die armes, verdruktes en verontregtes is. Die sinodale kommissie wat VIr die formulering van die konsepbelydenis verantwoordelik was, het hierop ontkennend geantwoord en tot gerusstelling van die sinodegangers aangevoer dat die betrokke artikel eenvoudig beskou moet word as die verwoording van die "basiese, oer-Bybelse en oer-Christelike oortuiging, naamlik dat God die hulp van die hulpelose is"(Smit 1984:65). Die konsepbelydenis is aan die Kerk deurgegee met die oog op kritiese besinning gedurende die sinodereses en vir die voorlegging van kommentaar by die daaropvolgende sinode.' Vanselfsprekend sou só 'n totaal nuwe belydenisskrif sy eie invloed op die kerklike lewe uitoefen. Daar kan verwag word dat verskillende aksente op sekere artikels mettertyd gelê sal word. Oor sommige van die stellings sal gaandeweg nuwe interpretasies na vore kom en 'n verskeidenheid van betekenisnuanses sal met verloop van tyd verwag kan word Belangrikste van alles is dat bepaalde formuleringe deur die loop van die kerk se geskiedenis opnuut aan die hand van die Skrif getoets sal word. Die studie is indertyd geïnisieer in die hoop om in so 'n Wirkungsgeschichte 'n bydrae te lewer.

Page generated in 0.0352 seconds