Spelling suggestions: "subject:"semantiese"" "subject:"romantiese""
1 |
Semantiese verdeling as vertaalstrategieRoss, Suzanne Lucille Anne January 1993 (has links)
Magister Artium - MA / In die vertaalproses vind dikwels transformasies plaas wat soos volg omskryf word: die brontaalteks (BT), d.w.s. die teks waaruit vertaal word, word as't ware afgebreek tot semantiese elemente wat kleiner is as 'n bepaalde woord; dié elemente. word deur die vertaler weer op so 'n wyse saamgevoeg tot 'n doeltaalteks (OT), d.i. die teks waarin vertaal word, wat op die woordvlak nie meer met die BT-teks korrespondeer nie, maar wat in sy geheel tog min of meer dieselfde betekenis het (Langeveld: 96). Indien 'n vertaler nie van hierdie soort transformasies
gebruik wil maak nie, loop hy gevaar om 'n vertaling te lewer waarin 'n mens nog grotendeels die oorspronklike teks lees. Die ander gevaar is voor die hand liggend: hy kan met dié soort semantiese verdeling 'n teks lewer wat afwyk van die boodskap van die BT-teks. Die doel van so 'n ondersoek sal dan wees om die voortreflikhede en die nadele van semantiese verdeling vas te stel.
|
2 |
God se deernis met die weerloses van sy volk. 'n Kritiese ondersoek na 'n spesifieke dimensie van die Godsverkondiging in die Ou TestamentGoliath, August Christian January 1991 (has links)
Doctor Theologiae - DTh / Benewens persoonlike belangstelling in die boodskap van die Ou Testament vir die kerk van vandag, is dit veral kontemporêre teologiese debatte en verwikkelinge op die kerklike terrein, plaaslik sowel as op die breë ekumeniese front, wat tot hierdie studie aanJeiding gegee het.
Eerstens: Een van die artikels van die Belharbelydenis' lui onder andere: "Ons glo ... dat God op 'n besondere wyse (Homself geopenbaar het as) die God van die noodlydende, die arme en die verontregte ...(my kursivering); dat Hy aan die verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy dié wat bedruk is ondersteun, die vreemdelinge beskerm
en weeskinders en weduwees help en die pad van die goddelose versper." Toe dié spesifieke artikel van die konsepbelydenis gedurende die sinodesitting' onder bespreking gekom het, het somrnige van die afgevaardigdes ernstige besware geopper teen die wyse van formulering dat God op 'n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is. So 'n stelling skep, volgens hulle, die indruk dat God inderdaad kant gekies het vir die noodlydendes en dat Hy dus by implikasie 'n God van die armes, verdruktes en verontregtes is.
Die sinodale kommissie wat VIr die formulering van die konsepbelydenis verantwoordelik was, het hierop ontkennend geantwoord en tot gerusstelling van die sinodegangers aangevoer dat die betrokke artikel eenvoudig beskou moet word as die verwoording van die "basiese, oer-Bybelse en oer-Christelike oortuiging, naamlik dat God die hulp van die hulpelose is"(Smit 1984:65). Die konsepbelydenis is aan
die Kerk deurgegee met die oog op kritiese besinning gedurende die sinodereses en vir die voorlegging van kommentaar by die daaropvolgende sinode.' Vanselfsprekend sou só 'n totaal nuwe belydenisskrif sy eie invloed op die kerklike lewe uitoefen. Daar kan verwag word dat verskillende aksente op sekere artikels mettertyd gelê sal word. Oor sommige van die stellings sal gaandeweg nuwe interpretasies na vore kom en 'n verskeidenheid van betekenisnuanses sal met verloop van tyd verwag kan word Belangrikste van alles is dat bepaalde formuleringe deur die loop van die kerk se geskiedenis opnuut aan die hand van die Skrif getoets sal word. Die studie is indertyd geïnisieer in die hoop om in so 'n Wirkungsgeschichte 'n bydrae te lewer.
|
3 |
The Bantu attribute noun class prefixes and their suffixal counterparts, with special reference to ZuluMohlala, Linkie 15 March 2004 (has links)
The aim of this dissertation is to investigate the attributive noun classes, as well as their suffixal counterparts, firstly in Bantu, and secondly in Zulu. The investigation will be done with reference to aspects such as the following: the general distribution, meaning and function of the attributive noun class prefixes in Bantu. This study will also investigate the distinction between those prefixes which are exclusively used to categorise size and shape deviations, namely those belonging to classes 12/13, 19, 20, 21 and 22; and those class prefixes which have a secondary function of indicating such deviations, namely the prefixes of classes 5/6, 7/8 and 11. The main concern is the way in which these prefixes are often associated with positive or negative emotive perceptions regarding size and shape, and are therefore often used to express amelioration and derogation. In languages such as Zulu and Northern Sotho the existence of possible frozen remnants of such attributive noun class prefixes will be investigated. Some Bantu languages such as Venda that express variations in size and shape as well as the emotive perception by means of suffixes, or by a combination of prefixes and suffixes will be investigated. The possible semantic overlap between the meanings expressed by attributive class prefixes, and/or between the meanings expressed by attributive class prefixes and so-called ‘attributive suffixes’ will also be scrutinized. Apart from the aspects mentioned above, the relationship between augmentative and diminutive suffixes and the notion [+ feminine] in languages such as Zulu and Northern Sotho will be scrutinized. The occurrence of the Zulu suffix -azana/-azane, which is apparently a combination of the diminutive and augmentative suffixes, will also be investigated. This study will firstly provide a typological overview of the various strategies employed in Bantu in order to express variations in shape and size, as well as of the emotive perceptions that accompany such variations. Secondly, this study will provide an insight into the way in which shape and size variations, amelioration and derogation are expressed in Zulu through the utilisation of diminutive and augmentative suffixes. An indication will also be given of the possible diachronic development of attributive categories in this language. This study will make a significant contribution not only to the field of diachronic and comparative Bantu linguistics, but also to Zulu linguistics. This research will furthermore lead to a deeper understanding of the strategies employed in Zulu to express the semantic nuances of amelioration and derogation. / Dissertation (MA (African Languages))--University of Pretoria, 2005. / African Languages / unrestricted
|
Page generated in 0.0528 seconds