• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Van armoedeverligtingsprojek tot volhoubare landbougemeenskap : die vestiging en ontwikkeling van die Skanskopeiland-besproeiingsnedersetting / Catharina Gertruida Visser

Visser, Catharina Gertruida January 2015 (has links)
Skanskopeiland is een van die besproeiingsnedersettings wat in die vroeë twintigste eeu langs die Benede-­‐Oranjerivier (vandag bekend as die Gariep) gevestig is met die doel om blanke armoede te help verlig. Na afloop van die Carnegiekommissie se ondersoek na blanke armoede en die daaropvolgende Volkskongres in Kimberley (1934) was dit in die 1930’s beide die staat en die kerk se benadering om arm gemeenskappe te ondersteun om deur selfwerksaamheid vir hulle en hulle nageslag ʼn selfstandige bestaan te verseker. Terselfdertyd kon hulle deur landbouproduksie ʼn bydrae tot die landsekonomie en die ontwikkeling van die streek maak. Hoewel hulle na die toekenning van grond feitlik geen verdere staatshulp ontvang het nie en oor beperkte hulpbronne beskik het, is die meeste van die eerste nedersetters op Skanskopeiland suksesvol gevestig. Aangedryf deur die wil om vir hulleself te sorg en vir hulle gesinne ʼn beter bestaan moontlik te maak, was hulle bereid om fisies hard te werk. Met behulp van mentorskap, wat deur die staat voorsien is, het hulle met selfwerksame optrede binne tien jaar ʼn woesteny omskep in ʼn suksesvolle landbounedersetting. Hulle het die eenvoudige tegnieke en tegnologie wat beskikbaar was, aangewend om die natuur te “tem” en die vrugbare grond voor te berei vir landbouproduksie. Hierdie studie skets die historiese agtergrond waarbinne die nedersetting op Skanskopeiland gevestig is, beskryf die moeisame prosesse waardeur die nedersetters die eiland vir landbouproduksie gereed gemaak het en beoordeel hulle pogings om hulleself en hulle nageslag uit armoede op te hef. ʼn Empiriese studie, wat as deel van die navorsing onderneem is, het die impak van die opheffing op die nasate van die pioniernedersetters bepaal en die bevinding daarvan word in die studie gerapporteer. / MA (History), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

Page generated in 0.1029 seconds