Spelling suggestions: "subject:"codling mot -- cryptophlebia leucotrieno"" "subject:"codling mot -- cryptophlebia leucotrienos""
1 |
'n Bydrae tot die biologie en beheer van die valskodlingmot Cryptophlebia leucotreta (Meyr.) (Lepidoptera : Eucosmidae) op nawelsSchwartz, A. (Allen) 12 1900 (has links)
Thesis (PhD )--Stellenbosch University, 1981. / EKSERP: Vanwee die voortdurende probleme wat die valskodlingmot,
Cryptoph lebia leucotreta (Meyr.), by die verbouing van nawels
in die Oos-Transvaalse Laeveld daarstel, is 'n indringende studie van hierdie insekprobleem onderneem. Die biologie van die insek
is onder sowel laboratorium as natuurlike toestande nagevors.
Daar is bevind dat temperatuur 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die insek speel. By 20 tot 30°C het temperatuurstygings die ontwikkeling van die insek laat versnel. By 35°C het
die lewensduur van die volwasse motte afgeneem en is geen eiers gelê nie . Die valskodlingmot is deur middle van 'n kunsmatige metode geteel om genoegsame proefmateriaal te verkry. Verskeie verbeteringe
is in die bestaande tegniek aangebring.
|
Page generated in 0.0794 seconds