Spelling suggestions: "subject:"dissertations -- biblical studies"" "subject:"dissertations -- abiblical studies""
1 |
Aspects of the translation technique of the Septuagint : the finite verb in the Septuagint of DeuteronomyNieuwoudt, Bernard Andre 12 1900 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 1992. / One copy microfiche. / ENGLISH ABSTRACT: Two major religions, Judaism and Christianity, use the ancient Hebrew Bible as Holy Scripture. These
books were translated in the last three centuries before the common era. The oldest of these
translations is the Septuagint, a Greek translation. Not only are the Hebrew and Greek texts that were
involved in the original translation process missing, but precious little is known about the doctrine and
translation methods of the translators of the Septuagint. Much can be learned about these crucial
issues, however, if the translation technique followed by those ancient translators is studied by
comparing the present Hebrew and Greek texts.
A new method to determine and describe the translation technique of the Septuagint was proposed
and tested in this dissertation. This method is based on the use of the Computer Assisted Tools for
Septuagint Studies (CATSS) data base and statistical methods. The translation technique of the book
Deuteronomy was described using different criteria, all of which measure the frequency of non-literal
renderings. Three different groups of criteria were utilized, viz. the Tov criteria as proposed by E. Tov,
criteria defined using the markers in the CATSS data base called the CATSS criteria, and grammatical
criteria using the person of the verb. Each criterion was applied to the data base individually. The
translation units were determined first, after which the translation technique found within the
translation unit was described. The methodology implemented discriminates between significant and
insignificant trends in translation technique.
It became clear that the results of the different criteria indicate different translation units and different
translation techniques for each of the criteria. Except for some criteria using the person of the verb,
very little indication was found that the traditional translation units are supported by the data used in
this study. In fact, it seems as if translation units should be determined before the translation
technique is described. The translation technique should then be described according to the indicated
units.
Not all the Tov criteria could be utilized, but their results are in agreement to some extent. The CATSS
criteria proved to be more difficult to implement than expected, but some of the criteria rendered
excellent results. The person of the verb was discussed in detail using 12 different criteria. The results
of the criteria utilizing the person of the verb are disappointing, and provide some scope for future
research.
The results rendered by this new approach are firm and easy to interpret. In addition, it is possible to
utilize these results when dealing with specific text-critical problems. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die antieke Hebreeuse Bybel word deur twee godsdienstige groepe, Judaisme en die Christendom, as
Heilige Skrif gebruik. Hierdie boeke is in die laaste drie eeue voor die begin van die huidige era vertaal.
Die oudste vertaling is die Griekse vertaling, genoemd die Septuagint. Die Hebreeuse en die Griekse
tekste wat by hierdie vertaalproses betrokke was, is verlore. Daarbenewens is bale min van die lering
en vertalingstegniek van die vertalers van die Septuagint bekend. Indien die vertalingstegniek, wat
deur hierdie vertalers gevolg is, bestudeer word deur die huidige Hebreeuse en Griekse tekste met
mekaar te vergelyk, kan daar lig op hierdie probleme gewerp word.
'n Nuwe metode waarvolgens die vertalingstegniek van die Septuagint bepaal en omskryf kan word, is
in hierdie verhandeling voorgestel en getoets. Die metodologie is gebaseer op die gebruik van die
Computer Assisted Tools for Septuagint Studies (CATSS) databasis en statistiese metodes. Die
vertalingstegniek van die boek Deuteronomium is omskryf deur gebruik te maak van verskillende
kriteria, wat almal die frekwensie van nie-letterlike vertalingselemente meet. Drie verskillende groepe
kriteria is gebruik, nl. die Tov-kriteria, soos voorgestel deur E. Toy, die CATSS-kriteria, gebaseer op
merkers in die CATSS databasis en grammatikale kriteria, in die vorm van die persoon van die
werkwoord. Elke kriterium is individueel op die databasis toegepas. Die vertalingseenhede is eers
vasgestel, waarna die vertalingstegniek beskryf is. Die metodologie wat gebruik is, onderskei tussen
betekenisvolle en nie-betekenisvolle neigings in vertalingstegniek.
Dit is duidelik dat die resultate van die verskillende kriteria verskillende vertalingseenhede en
verskillende vertalingstegnieke vir elk van die kriteria aandui. Uitgesonder sommige kriteria, wat
gebruik maak van die persoon van die werkwoord, is daar baie min ondersteuning gevind vir die
handhawing van tradisionele vertalingseenhede. Dit wil eerder voorkom asof vertalingseenhede
bepaal moet word voordat daar met die beskrywing van vertalingstegniek voortgegaan kan word. Die
vertalingstegniek moet dan beskryf word met inagneming van die verskillende vertalingseenhede.
Nie al die Tov-kriteria kon gebruik word nie, maar die resultate van die wat gebruik kon word, stem tot
'n mate ooreen. Dit het geblyk dat die CATSS-kriteria baie moeiliker was om te implementeer as wat
verwag is. Sommige van hierdie kriteria het egter uitstekende resultate gelewer. Die persoon van die
werkwoord is in nouere besonderhede ondersoek, deur gebruik te maak van 12 verskillende kriteria.
Die resultate van die kriteria wat van die persoon van die werkwoord gebruik gemaak het, is
teleurstellend, en bied moontlikhede vir addisionele navorsing.
Die resultate wat deur die nuwe metode van ondersoek gelewer word, is vas en maklik om te
interpreteer. Dit is ook moontlik om hierdie resultate te gebruik wanneer spesifieke tekskritiese
probleme ondersoek moet word.
|
2 |
The maintenance of land as theological-ethical implication of the Sabbath year in Leviticus 25:1-7Mhlanga, Paul 12 1900 (has links)
Thesis (M.Th.)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: THE MAINTENANCE OF LAND AS THEOLOGICAL-ETHICAL IMPLICATION OF THE SABBATH YEAR IN LEVITICUS 25: 1-7
Chapter one of this thesis discusses the justification of the investigation of the Sabbath year institution along practical, theological, economic and ethical grounds. The hypothesis statement is that the most important theological effects of the Sabbath year, according to the Pentateuchal books of Exodus, Leviticus and Deuteronomy can be traced back to the maintenance of land within the family. The selected methodology for this thesis entails a literature study of existing research (Chapters one to four) and a ‘close reading’ approach in order to examine the central text in this thesis (Lev 25: 1-7) (Chapter 5). The key terms defined in Chapter five are ‘land’, ‘maintenance of land’ and ‘Sabbath year’.
Chapter two provides a theological background of the Sabbath year in the Pentateuch. Three agricultural annual festivals are discussed, namely the Feast of Unleavened Bread, the Feast of Harvest and the Feast of Tabernacles which form the theological context of Exodus 23:14-17 and Deuteronomy 15: 1-18.
Chapter three identifies the motivations of the Sabbath year in the Covenant and Deuteronomic Codes and investigates the theological trends in the Books of Exodus and Deuteronomy.
Chapter four is firstly an investigation of the theological trends in the Book of Leviticus and secondly of the theological trends in the Holiness Code. This chapter also covers the contents of the important institution to do with family land and other humanitarian matters, the Year of Jubilee (Lev 25: 8-54).
Chapter five discusses the theological implications of the Sabbath year in Lev 25: 1-7.
Chapter six is the concluding chapter which seeks to verify whether the hypothesis has been proven or not.
The results of the research on the theological ethical implications of the Sabbath year for the retention of land within the family were conditionally positive. It was found that the Sabbath year helped land to remain within the family because of the following reasons: 1. the Sabbath year reminded humans to act as good stewards of God’s land; 2. the Sabbath year ensured food supplies for all the people because of God’s blessing on the spontaneous produce of the land in this special year; 3. the Sabbath year allowed the land to lie fallow a whole year thus allowing the land to be more productive in the following season thus helping poorer families to have a new beginning on the road to better life in the land; 4. As a year in which the burden of debt was removed from debtors this year helped poor landowners to recover economically and the cancellation of debts actually helped poor people not to sink deeper and deeper into debt which might end up leading to loss of land and other property. The Sabbath year theological and ethical stipulations were meant to create an environment where land was supposed to remain within families that inherited it from the LORD at the beginning, had Israel been obedient to God. / AFRIKAANSE OPSOMMING: DIE BEHOUD VAN GROND AS TEOLOGIES-ETIESE IMPLIKASIE VAN DIE SABBATJAAR IN LEVITIKUS 25: 1-7
Hoofstuk een van hierdie tesis bespreek die motivering vir die ondersoek van die Sabbatjaar as instelling op grond van praktiese, teologiese, ekonomiese en etiese gronde. Die hipotese is dat die mees belangrike teologiese implikasies van die Sabbatjaar, volgens die Pentateugboeke Eksodus, Levitikus en Deuteronomium teruggevoer kan word na die behoud van grond binne die familie. Die gekose metodologie vir hierdie tesis behels `n literatuurstudie van bestaande navorsing (Hoofstukke een tot vier) en `n ‘naby-lees’ benadering in Hoofstuk 5, wat die sentrale teks van hierdie tesis behandel, naamlik Levitikus 25: 1-7. Die belangrikste begrippe wat in hierdie hoofstuk beskryf word, is ‘grond’, ‘Sabbatjaar’ en ‘familie’.
Hoofstuk twee bied `n teologiese agtergrond tot die Sabbatjaar in die Pentateug. Drie jaarlikse landboukundige feeste word bespreek., naamlik die Fees van die Ongesuurde Brode, die Oesfees en die Loofhuttefees, wat die teologiese konteks van Eksodus 23: 14-7 en Deuteronomium 15: 1-18 vorm.
Hoofstuk drie identifiseer die motiverings vir die Sabbatjaar in die Verbondsboek en die Deuteronomiumkodeks, asook die teologiese tendense in die boeke Eksodus en Deuteronomium.
Hoofstuk vier behels `n ondersoek na die teologiese tendense in die boek van Levitikus, asook in die Heiligheidskodeks. Hierdie hoofstuk behandel ook die inhoud van die belangrike instelling van familiegrond en ander humanitêre aangeleenthede in die Jubeljaar (Lev 25: 8-25).
Hoofstuk vyf bespreek die teologiese implikasies van die Sabbatjaar in Levitikus 25: 1-7.
Hoofstuk ses is die finale hoofstuk en poog om te verifieër of die hipotese van die tesis bewys kan word of nie. Die uitkoms van die navorsing oor die teologiese-etiese implikasies van die Sabbatjaar vir die behoud van grond binne die familie was positief, maar voorwaardelik. Daar is bevind dat die Sabbatjaar gehelp het om grond binne die familie te behou oor die volgende redes: 1. Die Sabbatjaar het mense herinner om as goed na God se grond te kyk; 2. Die Sabbatjaar het verseker dat daar genoeg kos is vir al die mense, juis as gevolg van God se seën op die spontane lewering van produkte deur middel van die grond in hierdie spesiale jaar; 3. Die Sabbatjaar het bepaal dat die grond vir `n jaar braak lê en dit het beteken dat die grond in die volgende seisoen meer produktief sou wees. Dit sou met ander woorde armer families help om `n nuwe begin te maak tot `n beter lewe in die land; 4. As `n jaar waarin die belemmering van skuld afgeskryf is, het hierdie jaar arm grondeienaars gehelp om ekonomies weer op die been te kom. Die kwytskelding het arm mense gehelp om nie verder skuld aan te gaan wat op die ou einde die verlies aan grond en ander eiendom sou beteken nie. Die Sabbatjaar se teologiese en etiese stipulasies was bedoel om `n situasie te skep waar grond binne die families wat dit aanvanblik van God ge-erf het, sou bly as hulle gehoorsaam aan God was.
|
3 |
The Jubilee in Leviticus 25 : a theological ethical interpretation from a South African perspectiveMeyer, Esias Engelbertus 04 1900 (has links)
Thesis (D. Th.)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The Jubilee year in Leviticus 25 has received a fair amount of attention towards the end of
the previous millennium with the movements such as the Jubilee 2000, which campaigned
for the remissions of debt in the so-called Third World. The text thus has a very liberating
image and this is where the problem lies, because a critical reading of the text creates a far
more oppressive picture. The question then becomes how the biblical critic is to respond,
especially when she/he is sympathetic towards the objectives of the Jubilee 2000
movement.
In this study it is argued that there is only one way to respond and that is to play the critical
role that biblical scholars have always attempted to play. This means that it would be
ethically irresponsible for biblical critics to shy away from exposing the oppressive sides of a
biblical text. An ideological-critical approach is then proposed which attempts to construct
the world-view or ideology that could be glimpsed from the text. This kind of reading is
suspicious of what the biblical text claims and it further attempts to identify political and
other interests in the text. An ideological critical reading also takes stock of the “ideological
holdings” of the interpreter. In this regard the author argues that the history of Apartheid and
specifically the way in which the Bible was used to legitimate Apartheid is one of his main
ideological holdings that predisposes him to read in a certain manner.
Leviticus 25 is then subjected to very close synchronic scrutiny. Firstly the most salient
grammatical features of the text are identified and secondly it is asked how these features
were used in order to persuade. This second reading is thus a kind of rhetorical reading that
specifically focuses on ways in which the relationship between the addressees, the land,
YHWH and other groups in the text is portrayed. This enables the author to describe the
world-view or ideology of the authors and addressees of Leviticus 25. These same interests
are also identified in some of the chapters surrounding chapter 25. Eventually this leads to
dating the composition of this text in the Second Temple Period and it specifically identifies
the interests of this text with those of the returning Elite.
This interpretation presents the text as rather oppressive and instead of preventing poverty
it actually reinstated poverty, which means that some dark sides of the text are exposed.
The study is then concluded with some theological-ethical observations where it is
reiterated that one of the tasks of the biblical critic is to give some voice to people that were
voiceless in the biblical text. The study also shows that despite these dark sides to the text,
there still is liberating potential in the Jubilee. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Jubeljaar in Levitikus 25 het veral aandag getrek aan die einde van die vorige
millennium toe bewegings soos die “Jubilee 2000” beweging hulle beywer het vir die
afskrywe van skuld in die sogenaamde Derde Wêreld. Die teks het dus ‘n “bevrydende
beeld” en dit is juis waar die probleem lê, want ‘n kritiese lees van die teks skep ‘n baie
meer verdrukkende prentjie. Die vraag is nou hoe die bybelwetenskaplike moet reageer,
veral indien sy/hy die doelwitte van die Jubilee 2000 beweging ondersteun.
Daar word dan in hierdie studie geargumenteer dat daar eintlik maar net een manier is
waarop ‘n mens sou kon reageer en dit is deur die kritiese rol te speel wat
bybelwetenskaplikes nog altyd nagestreef het. Dit beteken dat dit eties onverantwoordelik
sou wees om weg te skram van die verdrukkende kante van ‘n bybelse teks. ‘n Ideologiekritiese
benadering word dan voorgestel wat poog om die wêreldbeeld of ideologie te
konstrueer wat ‘n mens in die teks sou kon bespeur. Hierdie soort lesing staan redelik
agterdogtig teenoor wat die teks beweer en poog dan om politieke en ander belange in die
teks te identifiseer. So ‘n ideologie-kritiese lees poog ook om die “ideologiese erfenis” van
die interpreteerder te verwoord. In hierdie opsig argumenteer die outeur dat die geskiedenis
van Apartheid en veral die manier waarop die Bybel gebruik is om dit te legitimeer een van
sy ideologiese erfenisse is wat aanleiding daartoe gee dat hy op ‘n bepaalde manier lees.
Levitikus 25 word dan onder ‘n deeglike sinkroniese loep geneem. Eerstens word die mees
uitstaande grammatikale kenmerke van die teks geïdentifiseer en tweedens word gevra hoe
hierdie kenmerke gebruik sou kon word om te oortuig. Hierdie tweede lesing is ‘n soort
retoriese lesing wat spesifiek fokus op hoe die verhouding tussen die aangespreektes, die
land, YHWH en ander groepe in die teks uitgebeeld word. Dit stel die outeur in staat om die
wêreldbeeld of ideologie van die skrywers en aangespreektes te omskryf. Hierdie selfde
belange word dan ook in die omringende teks van hoofstuk 25 geïdentifiseer. Uiteindelik
word die komposisie van hierdie teks in die Tweede Tempeltydperk gedateer en word die
belange in die teks verbind met die belange van die terugkerende hoërklas.
Hierdie interpretasie stel dan die teks as redelik verdrukkend voor en in plaas daarvan dat
dit armoed teengewerk het, het dit armoede teweeggebring wat natuurlik beteken dat
donker kante van die teks blootgelê word. Die studie sluit dan af met ‘n paar teologieseetiese
waarnemings waar dit weereens beklemtoon word dat een van die take van die
bybelwetenskaplike juis is om ‘n stem te gee aan die mense wat in die antieke teks
stemloos was. Die studie wys ook uit dat daar ten spyte van hierdie moontlike donker kante
van die teks daar tog nog bevrydende potensiaal in die Jubeljaar is.
|
4 |
Paul's discourse for the Corinthians' edification :a socio-rhetorical interpretation of 2 Corinthians 10-13Moon, Jang-Hwan 12 1900 (has links)
Thesis (D. Th.)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: The difficulties attending the reading 2 Cor 10-13 are widely recognized. This dissertation
aims to interpret the text by means of socio-rhetorical analysis and to investigate what its real
purpose is. Our hypothesis is that this Pauline discourse aims at the Corinthians’ edification
by defending his apostolic lifestyle and so giving them a good example of imitatio Christi,
imitatio Pauli (Chapter 1).
Chapter 2 surveys the recent studies of 2 Cor 10-13 from various approaches, viz. literary
historical approach, historical approach, rhetorical approach, and ethical and social-scientific
approach. Because of the limited results of each approach used alone, we need a multidimensional
and multi-disciplinary method is required. Chapter 3 reconfigures the sociorhetorical
approach developed by Robbins into a fourfold dimensional analysis for a more
adequate reading of 2 Cor 10-13: a rhetorical analysis; an analysis of intertexture and
rhetorolect; an analysis of social, cultural and ideological texture; and an analysis of sacred
texture.
Chapter 4 analyzes the rhetoric of 2 Cor 10-13. The four realities of the rhetorical situation
are the invasion of the outsiders against Paul, the discontent of the insiders with Paul, the
conflict concerning Paul’s support, and the plan of Paul’s upcoming visit. The rhetorical
arrangement, as a deliberative argumentation but including judicial and epideictic elements, is
summarized as follows: exordium and propositio (10:1-11); narratio (10:12-18);
argumentatio (11:1-13:4); peroratio (13:5-10). The argumentatio marshals four arguments:
what is the true character of the intruders? (11:1-21a); what is the servant of Christ like?
(11:21b-12:10); who is whose benefactor? (12:11-19); what sort of man do they expect with
Paul’s upcoming visit? (12:20-13:4).
Chapter 5 discusses the intertexture and rhetorolect of 2 Cor 10-13. The discourse is thickly
intertextured providing the vivid picture and the persuasive rationale for his arguments, and is
woven of various rhetorolects. The main rhetorolect is prophetic, which focuses on Paul
whom God has chosen to take leadership in the production of righteousness. By blending this
rhetorolect with priestly, our text manifests that Paul, in weakness and sufferings, according
to God’s call, is following the example of Christ.Chapter 6 explores the social, cultural and ideological textures in 2 Cor 10-13. In social
texture, the discourse has a vision of acquiring cognitive abilities for the aim of transforming
people so they may build a Christian community in faith until God transforms all. In cultural
texture, the discourse utilizes the conventions of dominant culture, but rejects its central
values and creates an antithetical set of values based on the crucified Christ. In ideological
texture, the discourse presents the social ethos that opposes the dominant social order: it
represents rather the interests of the socially weak. The Pauline discourse, however,
legitimises his position of primary authority over the Corinthian Christians.
Chapter 7 investigates the sacred texture in 2 Cor 10-13. The discourse establishes a theology
which is balanced by the crucified and resurrected Christ. Christ’s crucifixion and
resurrection is recapitulated in Paul’s apostleship, discipleship and servant-ship in the form of
imitatio Christi, and must be reproduced in the Corinthian church in the form of imitatio Pauli.
In the final assessment, the main purpose of 2 Cor 10-13 is defined as the edification of the
Corinthian church through defending Paul’s apostolic lifestyle, which is characterized by the
imitatio Christi. Paul’s lifestyle is derived from Christ who was crucified and resurrected by
the power of God, demonstrating God’s power manifested in human weakness. Now it is the
Corinthians’ turn to demonstrate the divine power manifested in their imitatio Pauli. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar word algemeen aanvaar dat daar probleme is met die lees van 2 Kor. 10-13. Hierdie
verhandeling probeer om deur middel van sosiaal-retoriese analise die teks te ontleed en die
ware oogmerk daarvan te ondersoek. Die hipotese waarvan uitgegaan word, is dat die
Pauliniese diskoers ingestel is op die geestelike opheffing van die Korintiërs deur sy
verdediging van die apostoliese lewenstyl en deur vir hulle ’n goeie voorbeeld van imitatio
Christi, imitatio Pauli te stel (Hoofstuk 1).
Hoofstuk 2 bestudeer onlangse ondersoeke na 2 Kor. 10-13 vanuit verskillende
benaderingshoeke, naamlik die literêrhistoriese benadering, die historiese benadering, die
retoriese benadering, en etiese en sosiaalwetenskaplike benaderings. Die beperkte resultate
wat die afsonderlike gebruik van elke benadering sou oplewer, vereis dat ’n
multidimensionele en multidissiplinêre metode gebruik moet word. Hoofstuk 3 rekonfigureer
die sosiaal-retoriese benadering wat deur Robbins ontwikkel is, tot ’n viervoudige
dimensionele ontleding vir ’n vollediger lees van 2 Kor. 10-13: ’n retoriese analise; ’n analise
van intertekstualiteit en reterolek; ’n analise van sosiale, kulturele en ideologiese
intertekstualiteit; en ’n analise van gewyde tekstualiteit.
Hoofstuk 4 ontleed die retoriek in 2 Kor. 10-13. Die vier realiteite van die retoriese situasie is
die inval van die buitestanders teen Paulus, die ontevredenheid van lede van die binnekring
jeens Paulus, die konflik met betrekking tot Paulus se ondersteuning, en die plan met
betrekking tot Paulus se voorgenome besoek. Die retoriese skikking, as ’n beraadslagende
betoog, maar met inbegrip van forensiese en epideiktiese elemente, word soos volg opgesom:
exordium en propositio (10:1-11); narratio (10:12-18); argumentatio (11:1-13:4); peroratio
(13:5-10). Die argumentatio behels leiding vir vier argumente: wat is die ware karakter van
die indringers? (11:1-21a); waaraan ken ’n mens die dienaar van Christus uit? (11:21b-12:10;
wie is wie se weldoener? (12:11-19); watter soort man verwag hulle met Paulus se
voorgenome besoek? (12:20-13:4).
Hoofstuk 5 bied ’n bespreking van die intertekstualiteit en reterolek van 2 Kor. 10-13. Die
diskoers is ryklik voorsien van intertekste en verskaf so ’n duidelike prentjie en die grondrede
vir sy argumente, wat uit verskeie reterolekte ineengeweef is. Die belangrikste reterolek isprofeties, en fokus op Paulus wat deur God uitgekies is om leierskap te aanvaar vir die
voortbrenging van regverdigheid. Deur hierdie reterolek met die priesterlike te vermeng, gee
ons teks blyke daarvan dat Paulus, in swakheid en lyding, volgens God se roeping, die
voorbeeld van Christus volg.
Hoofstuk 6 ondersoek die sosiale, kulturele en ideologiese tekstualiteit in 2 Kor. 10-13. In
sosiale tekstualiteit het die diskoers ’n visie van die verkryging van die kognitiewe vermoëns
wat nodig is vir die oogmerk van hervorming van mense sodat hulle ’n Christen-gemeenskap
in die geloof kan bou totdat God almal nuut sal maak. In kulturele tekstualiteit gebruik die
diskoers die konvensies van die dominante kultuur, maar verwerp die sentrale waardes
daarvan en skep ’n stel antitetiese waardes gebaseer op die gekruisigde Christus. In
ideologiese tekstualiteit bied die diskoers die sosiale ethos wat teen die dominante
maatskaplike orde in verset is: dit verteenwoordig eerder die belange van dié wat maatskaplik
swak is. Die Pauliniese diskoers legitimeer egter sy posisie as primêre gesag oor die Christene
in Korinte.
In hoofstuk 7 word die gewyde tekstualiteit van 2 Kor. 10-13 ondersoek. Die diskoers
bring ’n teologie tot stand wat in ewewig is met die gekruisigde en opgestane Christus.
Christus se kruisiging en opstanding word weergegee in Paulus se apostelskap, dissipelskap
en dienaarskap in die vorm van imitatio Christi, en moet ook weergegee word in die kerk in
Korinte in die vorm van imitatio Pauli.
Ten slotte word die hoofdoel van 2 Kor 10-13 gedefinieer as die geestelike opheffing van die
kerk in Korinte deur die verdediging van Paulus se apostoliese lewenstyl wat deur die imitatio
Christi gekenmerk word. Paulus se lewenstyl is van Christus oorgeneem, wat gekruisig en
weer opgewek is deur die krag van God, wat God se mag wat in menslike swakheid na vore
kom, demonstreer. Nou is dit die Korintiërs se beurt om bewys te lewer van die goddelike
krag deur hulle imitatio Pauli.
|
5 |
Rereading Hebrews for liberating interdependence from within a Zimbabwean Mbire contextChimeri, Dudzirai 12 1900 (has links)
Thesis (D. Phil.)--University of Stellenbosch, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: As modern society becomes more complex and diverse, a colonial reading paradigm is increasingly
becoming less plausible and has reached a point at which it is no longer possible to play tricks with
colonized peoples. It belongs to a period and expresses an outlook with which we can no longer
identify. A new epoch in the field of reading has opened. What we see in a postcolonial paradigm is
a radical shuffling of the cards into a new pattern.
This study argues that a postcolonial assumption of a plurality of contexts of salvation is a
liberating paradigm that proceeds along a path that includes the acceptance of the independence and
separate character of the various religions and the avoidance of superordination-subordination
relationships. It acknowledges and seeks to detect religious intolerance and to encourage an
approach that celebrates human cultural diversity—a rainbow religion or religious landscape. In this
study a colonial reading paradigm of the bible in general and the letter to the Hebrews in particular,
is turned on its head and colonial conception of supersessionism – an absolute claim to superiority –
rendered largely obsolete. It is no longer a case of business as usual.
As the Christian assumption of absolute claims to superiority over non-Christian religions is
increasingly becoming less plausible – in fact, obsolete – and no longer make sense to many people,
collective and collaborative efforts are an ideal alternative. There is a need to create space for other
religions to work in partnership with the Christian religion in our unprecedented communicational,
democratic and pluralistic cultural contexts where we rub shoulders with devotees of non-Christian
religions.
A pluralistic form of religious environment, where there is no one religion with preferential
privileges, is an ideal thing in our contexts. We need a different conceptualization of the role of
religion, where non-Christian religions are viewed not as demonic, false or inferior, but as worthy
colleagues in the religious quest. They are alternative and valid version of religious faith as well.
The idea that the ultimate reality, the cosmic power, has dealt with only one segment of humankind,
the Christian people, and that ideally there should be one, and only one, universal religion should be
rejected.
Moreover, for Christian people to be receptive to non-Christian religions does not entail abandoning
or betraying the Christian religion. It simply entails appropriating insights previously unavailable to
them. The idea that the Euro-American Christian theoretical line carries automatic evaluative
judgements should now be regarded as decidedly outdated. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In ‘n toenemend diverse en komplekse moderne samelewing is daar nie meer ruimte vir ’n koloniale
lees-paradigma nie. Dit is trouens onwaarskynlik dat gekolonialiseerde mense (steeds) ’n rat voor
die oë gedraai kan word. Sulke tye behoort tot die verlede en beliggaam ’n wêreldbeskouing
waarmee nie langer geïdentifiseer kan word nie. ‘n Nuwe epog wat betref die lees van tekste is op
die horison. Binne die post-koloniale paradigma bemerk mens ‘n radikale herposisionering van weë,
en selfs nuwe weë.
Hierdie studie betoog dat ’n post-koloniale veronderstelling van ’n verskeidenheid-van-kontekstevan-
verlossing uiteindelik ’n bevrydende paradigma is, wat sigself beywer om die afsonderlike en
onafhanklike karakter van ander godsdienste te aanvaar en enige magsverhoudinge tussen hulle te
bestry. Dit wil enige vorm van religieuse onverdraagsaamheid hokslaan en die viering van kulturele
diversiteit aanmoedig. In die studie word ’n koloniale lees-paradigma van die Bybel in die
algemeen en die Hebreërbrief in besonder op sy kop gekeer, terwyl die idee van absolute koloniale
super-heerskappy as uitgediend beskou word. Dit is gewis nie meer ’n geval van klakkelose
berusting in die algemene gang van sake nie.
Soos ‘n Christelike veronderstelling van absolute aanspraak vanuit ‘n magsposisie en heerskappy
teenoor ander godsdienste al minder verantwoordbaar blyk te wees en vir baie eenvoudig nie meer
sin maak nie, bied gesamentlike pogings nuwe en verfrissende alternatiewe. Daar is ’n behoefte om
ruimte te skep vir ander godsdienste waarbinne hulle juis as vennote saam met Christene in vandag
se ongekend kommunikatiewe, demokratiese en pluralisties-kulturele kontekste kan meewerk.
’n Pluralisties-religieuse omgewing – waar geen godsdiens enige spesiale bevoorregting bo ’n ander
geniet nie – kan daarom as die ideaal in huidige kontekste beskou word. Hiervoor word egter ‘n
ander begrippe-apparaat ten opsigte van die rol van religie benodig, waarmee nie-Christengelowiges
nie as demonies, vervloek of minderwaardig beskou sal word nie, maar veel eerder as waardige
vennote in die religieuse gesprek. Hul standpunte behoort as alternatiewe en ewe geldige
perspektiewe erken en gerespekteer te word. Die idee dat die Almagtige, na wie almal vra, slegs by
één bepaalde segment van die mensdom betrokke sou wees, naamlik by Christene, word heeltemal
verwerp. Dieselfde geld die beywering en uiteindelike daarstel van één universele geloof.
Christene se openheid teenoor andersgelowiges beteken egter allermins ’n verloëning van die
Christelike evangelie. Die gedagtegang van hierdie studie impliseer bloot dat Christene voortdurend
oop sal wees vir ander se religieuse insigte. Die idee dat ‘n Westerse teoretiese raamwerk
outomaties waarde-oordele kan fel, word dus daarmee beslissend as gedateerd verklaar.
|
6 |
The role and education of children in Old Testament timesAllen, Shirley May 12 1900 (has links)
On title page: Master of Philosophy in Bible Skills / Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001 / ENGLISH ABSTRACT: Children in the Old Testament world, at first glance, seem to playa very
minor role in the make-up of that society but was this really so? In
researching the role and education there are many questions, which need
answering.
Questions that come to mind are: What role did children play in the tribe,
clan and family? How did children relate to their fathers, mothers and
siblings? What education and training did children receive? When did they
receive it? Was it formal or informal? Did the status and education of
children change from early Israel through to the beginning of New
Testament times? How could children identify with their religion? What did
children contribute to their religion? What legal rights did children have?
How did their situation compare to the children in other countries in the
. Ancient Near East?
In investigating these questions in chapter one it was necessary to
research the social system, which included the complex multigenerational
family. It was also important to look at children in the Old Testament world
from a sociological anthropological stance. As religion and religious
concepts were embedded in the fabric of the Old Testament society it was
important to see which ones influenced the status of children. There was
also a need to investigate how children were protected by the law and how
they were affected by the economy as Israelite society was largely an
agrarian society.
In chapter two when investigating the education of children in the Old
Testament world it was necessary to look at parental responsibility as well
as the role of priests, prophets, sages, scribes and teachers. Wisdom
literature in the Old Testament played an important role in the education of
every child, either formally or informally. Not all of the education was moral
education; much of the instruction that children received was vocational.
The challenge when looking at education is that the evidence is mostly
inferred.
In analysing the role of children in the Old Testament world it becomes
apparent that children play a far greater role and are of higher social
status than it appears at a cursory glance when looking at the patriarchal
society in which they lived. The education of children took place mostly in
the setting of the home on an informal basis. It was only much later that
formal education was introduced and even then the exact beginning of
schools is difficult to pinpoint.
It would be incorrect to attempt to transplant the role of the child in the Old
Testament world into contemporary culture without transplanting the whole
society. It would however be correct to look at the Old Testament child
within the context of the extended family as far as redemptive history and
creation is concerned. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kinders in die Ou Testamentwêreld blyk met die eerste oogopslag In
geringe rol te speel in die samestelling van daardie gemeenskap, maar is
dit werklik so? Met die navorsing van die rol en opvoeding was daar baie
vrae wat beantwoord behoort te word.
Vrae wat opduik is: Watter rol het die kinders gespeel in die stam,
familiegroep en gesin? Wat was die verhouding tussen die kinders en
hulle vaders, moeders, broers en susters? Watter opvoeding en onderrig
het kinders ontvang? Wanneer het hulle dit ontvang? Was dit formeelof
informeel? Het die status en opvoeding van kinders verander van vroeë
Israel deur tot aan di~ begin van Nuwe Testamenttye? Hoe kon die
kinders met hulle geloof identifiseer? Watter bydrae het kinders tot hulle
geloof gelewer? Wat~er wetlike regte het kinders gehad? Hoe het hulle
situasie vergelyk met die kinders in ander lande in die Antieke Nabye-
Ooste?
Deur hierdie vrae in hoofstuk een te ondersoek was dit nodig om die ,.
maatskaplike stelsel te ondersoek, wat die komplekse veelvuldige geslagfamilie
ingesluit het. Dit was ook belangrik om na kinders in die Ou
Testamentwêreld vanuit In sosiologiese antropologiese oogpunt te kyk.
Aangesien godsdiens en godsdienstige konsepte ingebed was in die wese
van die Ou Testamentiese samelewing, was dit belangrik om te sien
watter die status van kinders beïnvloed het. Dit was ook nodig om te
ondersoek hoe kinders deur die wet beskerm is en hulle beïnvloed is deur
die ekonomie aangesien die samelewing in Israel hoofsaaklik In landelike
gemeenskap was.
In hoofstuk twee met die ondersoek van die opvoeding van kinders in die
wêreld van die Ou Testament was dit nodig om te kyk na ouerlike
verantwoordelikheid sowel as die rol van priesters, profete, wysgere,
skrifgeleerdes en leermeesters/onderwysers. Wysheidsliteratuur in die Ou
Testament het In belangrike rol gespeel in die opvoeding van elke kind,
hetsy formeelof informeel. Die opvoeding was nie alles morele opvoeding nie; 'n groot gedeelte van die onderrig wat kinders ontvang het was
beroepsgerig. Die uitdaging wanneer na die opvoeding gekyk word, is dat
die meeste bewyse hoofsaaklik afgeleide bewyse is.
Wanneer die rol van kinders in die Ou Testamentwêreld geanaliseer word,
word dit duidelik dat kinders 'n baie groter rol gespeel het, en 'n hoër
maatskaplike aansien geniet het as wat 'n bloot tersaaklike blik op die
patriargale samelewing waarin hulle gewoon het, aantoon. Die opvoeding
wat kinders ontvang het, het hoofsaaklik in die konteks van die huis, en op
fn informele basis plaasgevind. Dit was eers baie later dat formele
opvoeding bekendgestel is en die presiese begin van skole is ook moeilik
om vas te stel.
Dit sou nie korrek wees om te probeer om die rol van die kind in die Ou
Testament oor te plaas in die wêreld van die kontemporêre kultuur sonder
om die hele samelewing ook oor te plaas nie. Die sou egter korrek wees
om na die Ou Testament kind te kyk binne die konteks van die uitgebreide
gesin wat verlossingsgeskiedenis en die skepping aan betref.
|
7 |
City centres of the apostle PaulHardenberg, Benedict Ralph January 2002 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2002 / On title page: Master of Philosophy (Bible Skills) / ENGLISH ABSTRACT: The apostle Paul was called and commissioned to the city centres of the eastern
Mediterranean world. These city centres were places of power, trade, wealth and travel.
They were the nerve centres of civilisation in the East. People from various parts of the
Roman Empire were found in these major cities. The city was therefore a highly significant
institution in the Roman Empire. The governing authorities wanted hellenization and
romanization to spread from these cities. The Christian leaders also decided that
Christianity had to spread in the Roman Empire from its city centres. The apostle Paul's
Christian mission was therefore to the various cities in the Roman Empire. The sociohistorical
realities in these cities therefore formed the context of Paul's life and apostolic
work and determined his relation to a city. The political, social, cultural and religious
factors in a city could therefore impinge on his life and work. The apostle Paul was usually
drawn to these large cities where he could find Jewish communities. As Christianity was
resting on a Jewish foundation, his initial strategy was his work in the synagogues amongst
the Jews. Paul also needed an alternative venue for his Christian work in the city. These
alternate venues were usually the private homes of individuals who had become Christians.
In these homes Paul established his church in a city. The hosts in these homes would
usually become the benefactors and leaders in the church. Paul's apostolic work in a city
was also done in the city streets. His church therefore became thoroughly mixed in terms of
social status, however, the church gave all equal rights and privileges. When Paul left a
city, he also placed on them the responsibility to reach their surrounding regions and
provinces with the Christian message. These cities therefore had to be strategically located.
The apostle Paul chose five specific cities that had an advantageous geographical position
in the Roman provinces to complete his apostolic work in the eastern Mediterranean world. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die apostel Paulus was geroep en opgedrag vir die stedelike sentrums van die ooste
Middellandse wereld. Hierdie stedelike sentrums was plekke van invloedryke mag,
ekonomiese handel, rykdom en reis aktiwitiete. Hulle was ook die kern van menslike
beskawing in die Ooste. Bevolkings groepe vanuit verskeie dele van die Romeinse ryk was
in hierdie groot stede te vinde. Stede was 'n hoogs betekensvolle instelling in die Romeinse
ryk. Die politieke owerhede wou he dat hellenization en romanization moes sprei van
hierdie stede. Die Christelike leiers het ook besluit dat Christendom moes in die stede van
die Romeinse ryk sprei. Die apostel Paulus se Christelike sending was dus tot die
verskillende stede in die Romeinse ryk. Die sosio-historiese realiteite in hierdie stede was
die samehang van Paulus se apostoliese werk en het ook sy verhouding met die betrokke
stede bepaal. Die politieke, maatskaplike, kulturele en godsdienstige faktore in 'n stad kon
dus 'n invloed uitoefen op sy lewe en werk. Paulus was gewoonlik aangetrokke tot hierdie
groot stede waar Joodse gemeenskappe te vinde was. Aangesien Christendom in die Joodse
geloof gegrondves was, was sy aanvanklike strategie om sy werk te loots in sinagoge waar
Joode te vinde was. Paulus het ook 'n alternatiewe ontmoetings plek vir sy Christelike werk
in die stede nodig gehad. Hierdie alternatiewe ontmoetingsplekke was gewoonlik in die
huise van indiwidue wat Christene geword het. Die eienaar van hierdie huishouding het
gedien as gasheer, weldoener en leier in die kerk. Paulus het ook sy apostoliese werk
voortgesit in die stedelike strate. Sy kerke het as gevolg hiervan 'n gemende samelewing
status gehad, nogtans het hy gepoog om alle Christene gelykwaardig te stel. Wanneer
Paulus 'n stad verlaat het, het hy het ook aan hulle die verantwoordelikheid gegee om uit te
reik na hulomliggende streke en provinsies met die Christen boodskap. Hierdie stede moes
dus strategies gelee wees. Paulus het vyf spesifieke stede wat 'n voordelig geologiese
posisie in die Romeinse provinsies uitgeken om sy apostoliese werk te voltooi in die ooste
Middellandse wereld.
|
Page generated in 0.1181 seconds