Spelling suggestions: "subject:"rar training -- study anda teaching"" "subject:"rar training -- study ando teaching""
1 |
Riglyne vir geintegreerde gehooropleiding by klavieronderrigDouglas, Bernita 12 1900 (has links)
Thesis (MMus.) -- Stellenbosch University, 1990. / ENGLISH ABSTRACT: This study was undertaken after it was found that aural training is being neglected in general. The researcher wanted to explore a possible solution. Aural training integrated with piano training is regarded as a way of teaching that will grant aural training its rightful place in music education. A literature study was
undertaken and personal interviews were held with eleven
specialists in the field of music.
It was found that a small amount of integration is taking
place, but that a purposeful effort must be made to
integrate aural training with piano training during the
whole duration of a piano lesson.
A theory, on·which integrated teaching is being based, was
set up and guidelines for aural training integrated with
piano training were given. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is onderneem omdat gehooropleiding in die
algemeen afgeskeep word en die navorser ' n moontlike
oplossing wou ondersoek.
Geïntegreerde gehooropleiding by klavieronderrig word beskou
as ' n onderwysmetode wat aan gehooropleiding sy regmatige
plek in musiekonderrig sal verleen. 'n Literatuuroorsig is gedoen en persoonlike onderhoude is gevoer met elf gesaghebbendes op musiekgebied. Daar is vasgestel dat integrasie wel in ' n klein mate
onbewustelik plaasvind, maar dat daar 'n doelbewuste poging
aangewend moet word om gehooronderrig te alle tye tydens
' n klavierles te integreer. 'n Teorie waarop geïntegreerde onderwys gebaseer word, is
opgestel en riglyne vir geïntegreerde gehooronderrig by
klavieronderrig is ook gegee.
|
2 |
'n Ondersoek na die geskiktheid van sillabi vir gehoortoetse in gegradeerde musiekeksamensNaude, Anna Catharina 12 1900 (has links)
Thesis (MMus) -- Stellenbosch University, 1987. / VOORWOORD: Gedurende my tydperk as musiekonderwyseres het ek toenemend bewus geword van die
belangrikheid van gehooropleiding in die musiekopleidingsprogram enersyds, en die gebrek aan
motivering en 'n voldoende metodiek andersyds. Hierdie lewendige belangstelling in
gehooropleiding en die probleme wat die vakgebied omring, het aanleiding gegee tot 'n ondersoek
na die geskiktheid van die gehoortoetse soos dit voorkom in gegradeerde musiekeksamens.
Die hoë standaard van gehooropleiding wat Dr. P.E.O.F. Loeb van Zuilenburg aan die Universiteit
van Stellenbosch daargestel het, en die groot hoeveelheid bronne oor die onderwerp wat in die
Musiekbiblioteek beskikbaar was, was die hoofredes vir my keuse van hierdie Universiteit vir
nagraadse studiedoeleindes.
|
Page generated in 0.1564 seconds