• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

‘n Eko-teologiese perspektief op die christelik-etiese implikasies van stamselnavorsing en –terapie (Afrikaans)

Hoffman, Stefanus 30 July 2010 (has links)
AFRIKAANS: Die nuwe biotegnologiese konteks waarin in vitro bevrugting, die kartering van die menslike genoom, stamselnavorsing en –terapie, realiteite geword het, rig unieke uitdagings aan die samelewing en ook die teologie. Hierdie realiteite vereis dat ons weer sal besin oor die etiese vrae rondom menslike lewe. Die ontdekking van stamselle het nuwe insigte op die fisiologie van die mens gebring en daarmee saam beloftes van hoop vir die potensiële genesing van verskeie siektes. Die praktyk van stamselnavorsing veral ten opsigte van navorsing op embrionale stamselle, konfronteer ook die samelewing met ernstige en komplekse etiese dilemmas. Iewers tussen die uiterstes van oordrewe optimisme oor stamselnavorsing en radikale verwerping daarvan, moet daar gesoek word na gebalanseerde perspektief op hierdie praktyk. Die debat binne die politieke sfeer maak dit ook duidelik dat daar nog geen algemene konsensus in verband met wetgewing bestaan nie. Christelik-etiese perspektiewe kan vanuit ‘n Eko-teologiese benadering ook sinvol bydrae tot die politieke debat en etiese vrae na riglyne vir besluitneming. Die huidige teologiese debat getuig van uiteenlopende standpunte. Vanaf strenge konserwatisme wat stamselnavorsing en terapie ongekwalifiseerd veroordeel as sonde, tot by totale liberale en pragmatiese argumente wat stamselnavorsing en terapie ongekwalifiseerd aanvaar en voorhou as wonderkuur. Tussen hierdie uiterstes is daar ook stemme wat versigtiger dink en praat oor die kompleksiteit van hierdie fenomeen. Die eis na antropologiese herbesinning sal vanuit ‘n eko-teologiese benadering ook die kosmologiese dimensies van relasionele eksistensie moet verdiskonteer. Binne eko-etiese refleksie behoort die natuurlike en kosmiese aard van menslike eksistensie in terme van ruimte en tyd ‘n inklusiewe waardering van die kompleksiteit rondom menslike denke, emosies en gedrag teweeg te bring. Die bedoeling van hierdie studie is om vanuit ‘n Post-fondamentalistiese vertrekpunt ‘n bydrae te lewer binne die transversale ruimte van Christelike etiek, natuurwetenskap en biotegnologiese ontwikkeling. Die navorsings-resultate van hierdie studie poog nie om bloot etiese reëls as absolute waarhede daar te stel nie, maar eerder om te reflekteer oor verskillende benaderingsmoontlikhede, waardes, karaktereienskappe, deugde, morele narratiewe en perspektiewe op hierdie komplekse etiese vraagstukke. Die hermeneutiese proses van krities-realistiese nadenking en refleksie word op sistematiese wyse weergegee. Daar word beweeg vanaf die feitlike aspekte in verband met bio-tegnologiese ontwikkeling na die ontwikkeling van begrip oor die kompleksiteit van die etiese problematiek wat hierdie ontwikkeling meebring binne die sosiale, godsdienstige en politieke sfeer van die huidige etiese debat. Daarna word perspektief op refleksie-moontlikhede vanuit die Christelike-etiek gebied met besinning oor die verskillende benaderingsmoontlikhede tot die komplekse etiese vraagstelling en gefokus op ‘n eko-teologiese benadering asook die waardes wat daaruit ontwikkel. Laastens word krities gereflekteer oor die toepassing van etiese waardes vanuit ‘n eko-teologiese perspektief ten einde teologies-antropologiese perspektiewe wat uit die stamseldebat voortvloei te herwaardeer en basiese riglyne vir etiese besluitneming vanuit ‘n eko-teologiese perspektief te bied. Die verbreding van morele narratiewe en waardering van relasionele Christelik-antropologiese perspektiewe word aangebied as alternatief teenoor streng monolitiese begrippe van waarheid, objektiwiteit en rede. ENGLISH: The new biotechnological context wherein in vitro fertilization, the human genome project and stem cell research have become realities, confronts society and also theology with unique challenges. These realities compel us to revisit ethical questions considering human life. The main aim of this study is to make a contribution in the transversal debate among Christian ethics, natural sciences and biotechnological development, from a post-foundationalistic perspective. The research results do not aim to set ethical rules as absolute truths, but rather to reflect on different viewpoints, values, characteristics, virtues, moral narratives and perspectives on these complex ethical dilemmas. The hermeneutical process of critical-realistic reflection is being presented systematically. Starting from the factual aspects in relation to bio-technological development we move towards constructing an idea of the complexity of the ethical dilemma this development brings to social, religious and political spheres as well as the ethical debate. Perspectives on different reflection possibilities are then given form a Christian-ethical viewpoint with evaluation of different viewpoints on this complex ethical question. I then focus on an eco-theological perspective and the values it presents. Lastly, a critical reflection on the implementing of these values is presented, from an eco-theological viewpoint, revaluing theological-anthropological perspectives and providing basic guidelines for ethical decision-making from an eco-theological perspective. The broadening of moral narratives and revaluing of relational Christian-anthropological perspectives are being presented as an alternative against the strict monolithically orientated ideas of truth, objectivity and reason. / Thesis (DD)--University of Pretoria, 2010. / Dogmatics and Christian Ethics / unrestricted
2

"Wanneer hoop groei in 'n waaghalsige verbeelding": 'n pastorale blik op kuns in 'n konteks van gestremdheid

Joubert, Maryna 30 November 2007 (has links)
Afrikaans text, with Afrikaans and English summaries / Despite legislation to the effect intended to ensure the position of the disabled in society, disabled persons still find themselves largely marginalized in the South African context. During this research a group of about twenty participants, of whom about one-half are disabled, were involved in an inclusive process of art-making. The aim of the research was to challenge the dominant discourse which holds that making art is only for the select, talented few. This research was undertaken according to the scientific guidelines of practical theology. Contextual theology was used as a starting point, with emphasis on the participatory- and narrative approaches. The characteristics of pastoral care created an atmosphere which was conducive to the disabled participants discovering and developing hope for a more rewarding future. The research culminated in an exhibition in a national museum, which could contribute to an additional dimension in the narrative of the disabled participants. / Ten spyte van wetgewing om die inklusiewe posisie van die gestremde in die samelewing te verseker, is gestremdes in die Suid Afrikaanse konteks nog grootliks gemarginaliseerd. Vanuit hierdie gemarginaliseerde posisie vind gestremdes dit moeilik en dikwels onmoontlik om hul unieke potensiaal te ontwikkel om sodoende 'n beter lewenskwaliteit lewe te vestig. 'n Groep van ongeveer twintig deelnemers, waarvan die helfte gestremd is, is tydens hierdie navorsing in 'n inklusiewe konteks van kunsmaak betrek. Die doel van die navorsing is om diskoerse uit te daag wat bepaal dat kunsmaak net vir unieke, talentvolle mense beskore was. Teen die agtergrond van 'n postmoderne epistemologie kon gestremdes sonder vooraf opgestelde reels en regulasies uiting gee aan hul verbeelding en sodoende waaghalsig wees in die proses van kunsmaak. Hierdie navorsing het plaasgevind volgens die wetenskaplike riglyne van praktiese teologie. Kontekstuele teologie is as 'n teologiese vertrekpunt gebruik, met die klem op die deelnemende en narratiewe benaderings. Sodoende is ruimte geskep vir die ontdekking sowel as die ontwikkeling van die potensiaal van die gestremde. Die eienskappe van pastorale sorg het 'n atmosfeer tydens die kunsmaaksessies geskep waarbinne die deelnemers in 'n veilige konteks hoop op 'n bykomstige realiteit en 'n beter toekoms kon ontdek en ontwikkel. Die navorsing het gekulmineer in 'n kunsuitstalling in 'n nasionale museum wat kan bydra tot 'n bykomstige dimensie in die verhaal en identiteit van die gestremdes. / Practical Theology / M. Th. (Practical Theology eith specialisation in Pastoral Therapy)
3

"Wanneer hoop groei in 'n waaghalsige verbeelding": 'n pastorale blik op kuns in 'n konteks van gestremdheid

Joubert, Maryna 30 November 2007 (has links)
Afrikaans text, with Afrikaans and English summaries / Despite legislation to the effect intended to ensure the position of the disabled in society, disabled persons still find themselves largely marginalized in the South African context. During this research a group of about twenty participants, of whom about one-half are disabled, were involved in an inclusive process of art-making. The aim of the research was to challenge the dominant discourse which holds that making art is only for the select, talented few. This research was undertaken according to the scientific guidelines of practical theology. Contextual theology was used as a starting point, with emphasis on the participatory- and narrative approaches. The characteristics of pastoral care created an atmosphere which was conducive to the disabled participants discovering and developing hope for a more rewarding future. The research culminated in an exhibition in a national museum, which could contribute to an additional dimension in the narrative of the disabled participants. / Ten spyte van wetgewing om die inklusiewe posisie van die gestremde in die samelewing te verseker, is gestremdes in die Suid Afrikaanse konteks nog grootliks gemarginaliseerd. Vanuit hierdie gemarginaliseerde posisie vind gestremdes dit moeilik en dikwels onmoontlik om hul unieke potensiaal te ontwikkel om sodoende 'n beter lewenskwaliteit lewe te vestig. 'n Groep van ongeveer twintig deelnemers, waarvan die helfte gestremd is, is tydens hierdie navorsing in 'n inklusiewe konteks van kunsmaak betrek. Die doel van die navorsing is om diskoerse uit te daag wat bepaal dat kunsmaak net vir unieke, talentvolle mense beskore was. Teen die agtergrond van 'n postmoderne epistemologie kon gestremdes sonder vooraf opgestelde reels en regulasies uiting gee aan hul verbeelding en sodoende waaghalsig wees in die proses van kunsmaak. Hierdie navorsing het plaasgevind volgens die wetenskaplike riglyne van praktiese teologie. Kontekstuele teologie is as 'n teologiese vertrekpunt gebruik, met die klem op die deelnemende en narratiewe benaderings. Sodoende is ruimte geskep vir die ontdekking sowel as die ontwikkeling van die potensiaal van die gestremde. Die eienskappe van pastorale sorg het 'n atmosfeer tydens die kunsmaaksessies geskep waarbinne die deelnemers in 'n veilige konteks hoop op 'n bykomstige realiteit en 'n beter toekoms kon ontdek en ontwikkel. Die navorsing het gekulmineer in 'n kunsuitstalling in 'n nasionale museum wat kan bydra tot 'n bykomstige dimensie in die verhaal en identiteit van die gestremdes. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M. Th. (Practical Theology eith specialisation in Pastoral Therapy)

Page generated in 0.0472 seconds