• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die ‘laaste oordeel’ volgens die eskatologie van Jürgen Moltmann. 'n Kritiese evaluering

Van Wyk, Marius January 2014 (has links)
Jürgen Moltmann se panenteïstiese ontologie en sy oortuiging dat die Drieënige God met die skepping in ‘n dinamiese perichoretiese verhouding is, lei sy logika tot die gevolgtrekking dat tydens die laaste oordeel God alles en almal universeel gaan red. Gegewe egter die huidige ekologiese krisis, is daar nog genoeg tyd oor vir hierdie evolusionêre proses om in die konsummasie van die wêreld te kulmineer? Maar al sou die uiteindelike redding van alle wesens tog wel so realiseer, maak dit enigsins sin dat organismes wat lewe bedreig, ook gered word? Moltmann se dialektiese ontologie blyk in die afwesigheid van ‘n God-wêreld dualisme nie lewensvatbaar te wees nie. As gevolg van God se alomteenwoordigheid is ‘n terrein buite Hom nie moontlik nie. Belangrike hermeneutiese kwessies inaggenome, is die Bybelse getuienis van God se oordeel met ‘n dubbele uitkoms tog sterk. Die enkele tekste wat voorgehou word om universele redding te attesteer, is nie noodwendig in konflik met die ander, oorweldigende oorvloed van teksgedeeltes wat wel op ‘n Laaste Oordeel-leer dui nie. Hoewel Moltmann die vryheid van die mens erken, glo hy dat die mens nie ‘n keuse vir of teen God kan maak nie. Die moontlikheid van die mens se keuse teen God, verhoed dat God tydens die konsummasie van die skepping sy eie "nie-syn" transendeer. Tog word die liefde van God vir die mens verklaar en bevestig juis deur sy/haar Godgegewe vryheid om self te kies. Deur God se liefde vir die mens word Hy kwesbaar, en deur die mens se “nee” vir God, word die dialektiek in God nooit opgehef nie. God is immers aan Homself getrou en respekteer daarom die mens se vryheid. Hoewel Hy uiteindelik tydens die kosmiese Sabbat vervul word deur die wat aan Hom behoort, treur Hy ook oor diegene wat hulle aan die buitekant van sy eskatologiese koninkryk bevind. Daarom word gekonkludeer dat Moltmann se postulaat ‘n non sequitur is. God gaan die mensdom weliswaar oordeel en die gevolge daarvan is ‘n onafwendbare dualisme – hemel en hel. / Dissertation (MA Theol)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Dogmatics and Christian Ethics / unrestricted
2

Mens en natuur - 'n bronnestudie oor die Bybelse en na-Bybelse perspektiewe (Afrikaans)

Smit, Gerrit Daniel Stephanus 10 March 2004 (has links)
White (1967:1203-1207) places the blame for the current raping of our environment on the Christians’ interpretation of Genesis 1:28 (“God blessed them and said to them: ‘Be fruitful and increase in number; fill the earth and subdue it. Rule over the fish of the sea and the birds of the air and over every living creature that moves on the ground”). White believes that the Christian interpretation of this verse teaches man to be arrogant toward nature and that God gives man the green light to exploit nature as man pleases. White has leveled serious accusations against the early Christians. This study interprets the Old Testament, New Testament and ancient theologians’ attitude towards creation and God. It deals with the accusations in accordance with the relevant Biblical and post-Biblical writers, to find the basis for the environmental crisis not in Christianity, but in animism. It is true that the ancient Christian writers were indeed more concerned about the hereafter than about the world as it is now. Yet, when one scrutinizes ancient writings, one soon realizes that in ancient biblical- and post-biblical time, earth stewardship has a profundity undreamed of by even the most speculative ecological philosophers. / Dissertation (MA (Greek))--University of Pretoria, 2005. / Ancient Languages / unrestricted

Page generated in 0.057 seconds