Spelling suggestions: "subject:"6electronic networking technology"" "subject:"belectronic networking technology""
1 |
Project management delays : project management delays with specific reference to the building and construction industry of the Western CapeKruger, I. J. 12 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to investigate reasons for delays and
disruptions in project management, with specific reference to the
building and construction industries of the Western Cape. The reason
for the study can be posed in the form of a question, "Why, even
though the construction and building industry possess the skills of
highly competent people do a substantial percentage of projects still
experience significant delays and disruptions often leading to
financial and program difficulties?"
The study can point to certain problem areas in the building and civil
industries that might need to be addressed in order to make the
industry more manageable and even to get the industry better aligned
with the rapid changing business environment. It is not unrealistic to
make the statement that a fast developing industry like the
Information Technology industry will have a huge influence on the
manner in which building and civil projects will be managed in the
future.
Electronic Networking Technology (ENT) is a new and very powerful
tool in the discipline of project management. It is clear from the study
that ENT is not widely used in the building and construction
industries. The cellphone is probably the piece of electronical
equipment that has had the biggest impact on the way projects are
managed in the past couple of years. By far the biggest form of communication in a project is orally informal. Already cellphones are
being integrated with ENT and this will make managing from site or
while on the move even easier.
The use of ENT appears to be limited to e-mail messages. ENT is not
an accepted project management tool in the industries yet. It will take
a good couple of years before this is entrenched, accepted and
widely used in construction project management. It is the author's
opinion that ENT will be brought into the industries, as the newly
qualified construction project managers move upward through the
ranks.
It is also clear from the study that the role-players in the industry are
very aware of a commercial division in the industries. On the one side
of the division is the clients and the consultants and on the other
side, the main contractors, sub-contractors and suppliers. This divide
is perceived as an unhealthy divide and all parties would like to see it
narrowed or completely removed.
Clients, consultants, contractors and suppliers need to work more
closely together to remove this commercial division present in the
industry. This would require a whole paradigm shift. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie mini-werkstuk is om die redes vir vertragings en
versteurings in projekbestuur te ondersoek, met spesifieke verwysing
na die konstruksie- en boubedryf in die Wes Kaap. Die rede vir die
studie kan in die vorm van 'n vraag gestel word, "Waarom, alhoewel
die konstruksie- en boubedryf beskik oor die vaardighede van hoogs
bevoegde persone, is daar nog steeds 'n substantiële hoeveelheid
vertragings en versteurings in projekte wat dikwels finansiële and
tydsverloop probleme tot gevolg het?"
Die studie sal poog om sekere probleem areas in die konstruksie- en
boubedryf uit te wys, wat indien aangespreek sou word, die
konstruksie en boubedryf beter sal sinkroniseer met die snel
veranderende besigheids omgewing waarbinne die bedrywe
funksioneer. Dit is nie vergesog om die stelling te maak dat 'n vinnig
ontwikkelende industrie soos die Informasie Tegnolgie industrie 'n
enorme invloed sal hê op die manier waarop konstruksie- en
bouprojekte in die toekoms bestuur sal word nie.
Elektroniese Netwerk Tegnologie (ENT) is 'n relatief nuwe en kragtige
hulpbron in die disipline van projekbestuur. Dit was duidelik vanuit
die studie dat ENT nog nie intensief in die konstruksie- en boubedryf
gebruik word nie. Die selfoon is waarskynlik die elektroniese
apparaat wat die grootste impak op projekbestuur gehad het die
afgelope paar jaar. Die oorgrootte meerderheid van kommunikasie in projekbestuur word mondelings informeel gedoen. Selfone word
alreeds geintegreer met ENT deur WAP (Wireless Application
Protocol) tegnologie. Dit sal projekbestuur vanaf die terrein of op die
pad aansienlik vergemaklik.
Die gebruik van ENT bleik beperk te wees tot e-pos boodskappe. ENT
is hoegenaamd nog nie 'n ten volle benutte hulpbron in die
konstruksie- en bou bedryf nie. Dit sal nog 'n hele paar jaar neem
voordat ENT 'n behoorlik ingeburgerde hulpbron in die konstruksie en
boubedryf is. Dit is die skrywer se opinie dat ENT in die
konstruksie en boubedryf ingefaseer sal word soos die nuwe jong
konstruksie- en boubedryf projekbestuurders opwaarts deur die
bedryf beweeg.
Dit is ook duidelik vanuit die studie dat daar 'n duidelike kommersiële
skeiding in die konstruksie- en boubedryf teenwoordig is. Aan die een
kant van die skeiding het ons die kliënt en die konsultant en aan die
ander kant van die skeiding het ons die kontrakteur, sub-kontrakteur,
vervaardiger en verskaffer. Die skeiding dra by tot vertragings en
versteurings van projekte. Die skeiding word beskou as 'n ongesonde
skeiding en daar moet gepoog word om die skeiding te vernou of te
verwyder. Kliënte, konsultante, kontrakteurs, vervaardigers en verskaffers moet
nouer saamwerk om die skeiding te vernou of te verwyder. 'n
Paradigma-skuif in die hele bedryf sal hiervoor nodig wees.
|
Page generated in 0.1238 seconds