• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Mondbiologie

Jansen van Rensburg, B.G January 1980 (has links)
Magister Scientiae Dentium - MSc(Dent) / Mondbiologie as onafhanklike vak in die Republiek van Suid-Afrika het die eerste babatreë geneem op 'n senaatsvergadering van die Universiteit van Stellenbosch op 26 Maart 1971 toe die instelling van 'n Departement Mondbiologie goedgekeur is. Die skrywer is op 1 Januarie 1972 aangestel as hoof van die nuutgestigte departement in die Fakulteit Tandheelkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Die ontwikkeling van die vak, veral aan Afrikaanse universiteite, is in die verlede geknel deur die afwesigheid van Afrikaanse handboeke en, in steeds groeiende mate, deur die styging van die pryse van boeke. 'n Verdere remmende faktor is dat geen enkele bestaande handboek 'n oorsig gee van die meeste aspekte van mondbiologie nie. Die motivering vir die opstel van hierdie boeke (Deel I en Deel II) lê daarin dat dit wenslik is dat 'n Afrikaanstalige handleiding in die vak bestaan. Hierdie boeke het hulontstaan gehad in lesingsaantekeninge wat die skrywer oor baie jare saamgestel en probeer verbeter het. In die opstel hiervan is gepoog om materiaal uit verskillende bronne te versamel. Die leser sal gou agterkom dat geen spesifieke verwysings in die hoofinhoud aangegee word nie, maar wel algemene verwysings aan die einde van elke hoofstuk. Ook aan die einde van elke hoofstuk is 'n lys vrae •. Daar word van studente verwag om die vrae uit te werk, hoofsaaklik met behulp van hierdie handleiding en, indien nodig, met verwysing na bronne wat genoem word en in die tandheelkundebiblioteek beskikbaar is. Die inhoud van Boek I dien as inleiding tot mondbiologie en handel hoof= saaklik oor algemene aspekte van embriologie, fisiologie, makro- en mikroanatomie van die mond, sy inhoud en die sisteme wat daarmee verband hou. Die skrywer voel dat hierdie kennis 'n voorvereiste is vir 'n meer toe= gepaste studie van 'n tand en sy omgewing soos weergegee in Boek II. Soos in alle pionierspogings kom daar waarskynlik foute in hierdie werk voor. Die skrywer spreek by voorbaat sy spyt hieroor uit en wil dit graag onder die aandag van die leser bring dat die onderwerpe geselekteer is om so 'n wye veld soos moontlik te dek met inagneming van die beperkte kursusduur. Mnr. P.F. de Klerk, Senior Onderwyser in Afrikaans aan die Hoërskool D.F. Malan te Bellville, was verantwoordelik vir die taalversorging. Hier=voor is die skrywer opregte dank aan hom verskuldig. Vir haar toegewyde andag aan die tikwerk verbonde aan hierdie boeke wil ek baie graag my innige dank aan mev. C.F. du Toit bring. Mnr. A. Louw, Grafiese Kunste=naar, het die titelbladsye ontwerp. Hiervoor bedank ek hom.

Page generated in 0.0316 seconds