Spelling suggestions: "subject:"feminism anda literature -- south africa"" "subject:"feminism anda literature -- south affrica""
1 |
Stem van die gemarginaliseerde : 'n ondersoek na die konstruksie van die identiteite van die vroulike figure in die werk van E.K.M. DidoColyn, Tania 03 1900 (has links)
Thesis (MA (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010. / AFRIKAANSE OPSOMMING: E.K.M. Dido publiseer in 1996 haar eerste roman, Die storie van Monica Peters, en word so een van die eerste bruin vrouens wat ‟n bydra tot die Afrikaanse letterkunde lewer. In Dido se romans word daar altyd ‟n vrou as hooffiguur gestel, en dit is van belang om na die konstruksie van die identiteite van die vroulike hooffigure ondersoek in te stel. Die romans lig invloede op, en aspekte van, identiteit uit en demonstreer hoe kwessies soos identiteitsmerkers ‟n rol in die konstruksie van identiteit speel. Die konstruksie van die vroulike figure se identiteite wys op die veranderende aard van identiteit, en die stemme van die gemarginaliseerdes van die verlede word in twee van hierdie romans deur hierdie figure gehoor.
Dido self skryf vanuit die posisie van die voorheen gemarginaliseerde. Deur die konstruksie van die hooffigure vind die gemarginaliseerdes van die verlede ‟n geleentheid om hul eie verhale te vertel, en so verbreek Dido die stiltes wat in die verlede geskep is. Die postkoloniale aard van Dido se romans speel ‟n ondermynende rol binne ‟n letterkunde wat steeds verteenwoordigend is van die magstrukture van die verlede. Die konsep van hibriditeit word uitgelig as een wat positief eerder as negatief is. So word daar byvoorbeeld ‟n nuwe perspektief op wit mense gegee, soos gesien deur die oë van die historiese ‟Ander‟.
Die posisie van swart skrywers in die huidige Afrikaanse letterkunde is een wat ondersoek moet word en uiteindelik moet hierdie posisionering van swart skrywers herevalueer word. Daar is ‟n vraag na ‟n literêre geskiedenis wat verteenwoordigend is van al die stemme wat in die Afrikaanse geskiedenis teenwoordig is. Uiteindelik is dit nodig om te bepaal waar presies Dido in hierdie literêre sisteem geposisioneer is, en of haar stem as swart vroueskrywer werklik gehoor word. / ENGLISH SUMMARY: E.K.M. Dido published her first novel, Die storie van Monica Peters (The story of Monica Peters) in 1996 and so doing became one of the first brown women to make a contribution to Afrikaans literature. The central character in Dido‟s novel is always a woman and this study will focus on the methods of construction of the identities of the female characters. The novels highlight the influences of external factors such as markers of identity on the construction of identity. The changeable nature of identity is demonstrated through the construction of the identities of these female characters. The voices of the marginalised figures from the past are heard through these characters in two of Dido‟s novels.
Dido writes from the position of a previously marginalised woman. She breaks the silences of the past by the construction of the female characters‟ identities in such a way that they are able to tell their stories. The postcolonial nature of her work acts to undermine a literature which still reflects the power relations of the past. Dido‟s novels look at the concept of hybridity and see it as a positive, rather than negative, state of being. The white characters in the novels undergo a process of “Othering” which gives a new perspective on race relations from colonial times.
There is a need to investigate and rethink the position of black writers within the Afrikaans literary system. Critics have expressed a desire for a literary history which is representative of all voices in Afrikaans. Dido‟s position in the literary system has to be investigated and it needs to be determined whether her voice as a black Afrikaans woman writer is being heard.
|
2 |
Feminisme en lees : Antjie Krog se Lady Anne en Joan Hambidge se Die anatomie van melancholieCrous, Matthys Lourens 12 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1990. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this investigation was to provide a theoretical
overview of the predominant feminist literary movements and
their theoretical theses. I concentrated specifically on
providing an historical overview of the major theories and by
doing so accumulating them into one theoretical model.
Concommitantly theories coined by post-structuralist thinkers
such as Derrida and deconstruction are also employed in
furnishing the reading model with a deconstructivi i-.>"": base. It
proved appropriate to analyse postmodernist poetry ~<ch as that
of Joan Hambidge by means of this strategy.
In the second chapter I focused specifically on the poetry of
Antj ie Krog until her latest volume of poetry, Lady Anne. From
the latter texts dealing especially with the husband and wife
relationship within the traditional marriage were selected and
analysed. I focused on the three main female figures in the
text, viz. Lady Anne Barnard, Mrs. Van Reenen, and Antjie Krog
herself. I indicated what the implications of the marital
relationship were on the lives of the characters. Often there is
also a prevalent sexual rivalry within the realms of the
patriarchal marriage.
In the case of Lady Anne Barnard the relationship reveals the
tension inherent to their situation at large. Andrew Barnard is
regarded as a weak man who is subj ected to his powerful wife.
This is evident from their marital relationship too. The man as
instigator and head of the household within the patriarchy
wishes to establish himself as bearer of that power and by doing
so comes in conflict with his wife.
In the third chapter I analysed the Lesbianfeminist poems of
Joan Hambidge and especially those in her third volume of poetry. The codes of a Lesbian relationship are subversive in
that it questions the morality of society at large. Lesbian love
affairs are regarded as "strange" and immoral by the rUling
patriarchal hegemony. This is the result of its undermining
attitude towards sexism in society at large.
In my conclusion I indicated that a feminist reading model is
feasible for the reading of literary texts in that it aims to
deconstruct the predominant sexist binary oppositions in our
society. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie ondersoek was om in die inleidende
teoretiese gedeelte In oorsig te gee van die belangrikste
feministiese teoretici se bevindings. Daar is veral
gekonsentreer op In historiese oorsig van die feministiese
teoriee en hieruit is probeer om een teoretiese model daar te
stel, waarvolgens literere tekste in die besonder gelees kon
word. In aansluiting by die post-strukturalistiese teoriee van
Jacques Derrida is aan die feministiese leesmodel In
dekonstruktivistiese basis gegee. Dit het veral geblyk van pas
te wees, by die lees van die postmodernistiese poesie soos in
die geval van Joan Hambidge.
In die tweede hoofstuk is veral gefokus op die poes1e van Antjie
Krog en is die eiesoortige kenmerke van haar poesie eers
uitgelig. Daarna is veral gekonsentreer op haar mees onlangse
digbundel Lady Anne. Uit die bundel is veral tekste geselekteer
wat pertinent fokus op uitbeelding van die man-vrou-verhouding
binne die huwelik. Daar word veral gekonsentreer op die drie
bel~ngrikste vrouefigure in die bundel, naamlik Lady Anne
Barnard, Mev. Van Reenen en die digteres Antjie Krog self. Daar
is veral aangetoon wat hulle verhoudings met hulle mans was en
die huweliksrelasie is met behulp van In feministiese leesmodel
beskou en gedekonstrueer. Dikwels is daar sprake van In seksuele
magstryd in die huwelik aan die gang.
In die geval van Lady Anne Barnard weerspieel die
huweliksverhouding tussen man en vrou die spanning wat inherent
aanwesig is, veral omdat Barnard so In swakkeling is en hy
onderdanig aan sy vrou staan. Hierdie magsbalans wat versteur
word, kern ook voor in die verse oor Antjie Krog en haar man. Die
man as verteenwoordiger van die patriargale waardesisteem, sien dit as sy plig om oor die vrou te heers.
In die derde hoofstuk word veral gekonsentreer op Joan Hambidge
se Lesbiesfeministiese verse en wel uit haar derde digbundel,
Die anatomie van melancholie. Die kodes van die Lesbiese
verhouding tussen twee vroue is ondermynend van aard en dit gee
aanleiding tot kontroversiele bevraagtekening van die heersende
ideologie binne die same1ewing. Die heersende seksistiese ins1ag
van die patriargie het tot gevolg dat Lesbiese liefde as
IIvreemd" bestempel word en gevolglik strydig is met die wese van
die ideologiese apparatuur in so 'n staat.
Ten slotte word aangetoon, dat In feministiese leesmodel weI
sinvol is vir die lees van tekste en dat dit veral daarop gemik
is am die seksistiese binere opposisies binne ' n seksistiese
denksistee~ te ondermyn.
|
Page generated in 0.0998 seconds