• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Bemagtigingsopleiding vir kuns en kultuur-opvoeders : implementering van tradisionele Kaapse liedere

Roux, Mignon 12 1900 (has links)
Thesis (M. Mus.)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: The research for this thesis was conducted because many educators in the South African education system are not equipped to teach Arts and Culture to primary and secondary learners because of a lack of resources and skills. The researcher tries to determine whether traditional songs of the Cape could lay the foundation to understand the origin, functions and dynamics of a culture, as well as the capacity to use creative arts- and cultural processes to develop one's self-image and promote spiritual well-being. The main aim of this study was to determine whether educators can be empowered by providing them with the necessary skills to teach Arts and Culture by means of the integration and implementation of traditional songs of the Cape in the classroom as resource materials when planning a curriculum. Arts and Culture educators were empowered to equip themselves to be able to teach learners to understand, acknowledge and promote the arts and unknowncultural practices such as traditional songs of the Cape. The researcher based the component of the Empowerment Training she was responsible for on the requirements for Participatory Action Research: Awareness, Emancipation, A learning strategy for participants and the development of independence. The results of this thesis are based on two projects the researcher participated in. The main aim of the first project, "Mother's Milk, Mother's Muse" that was initiated by Professor Meki Nzewi of the University of Pretoria, was to collect traditional songs, games, legends and stories of the Cape. These materials are available on CD and DVD and included in this thesis. These were then used in the second project as resources to equip Arts and Culture educators with a variety of skills, which include the teaching of songs, during the Advanced Certificate in Education (Arts and Culture) at the University of Stellenbosch, offered since 2005. This thesis is a compiliation of how Arts and Culture educators were empowered to use and implement these materials in the learning area by the component in the ACE course for which the researcher was responsible. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die feit dat baie opvoeders weens ongebrek aan hulpbronne en vaardighede nie volledig toegerus is om die leerarea Kuns en Kultuur aan leerders op primere- en sekondere vlak aan te bied nie, het aanleiding gegee tot die navorsing vir hierdie tesis. Die navorser stel ondersoek in om te bepaal of tradisionele Kaapseliedere as basis sou kon dien vir on begrip van die oorsprong, funksies en dinamiese aard van kultuur, asook van die vermoe om kreatiewe kuns en kulturele prosesse te benut om 'n selfbeeld te ontwikkel en geestelike gesondheid te bevorder. Die doel van hierdie ondersoek was om vas te stel of opvoeders bemagtig kon word deur hulle toe te rus met basiese onderrigtegnieke om die leerarea Kuns en Kultuur te kan aanbied, deur die integrasie en implementering van tradisionele KaapseIiedere in die klaskamer en die insameling van liedere as hulpbronne wat tot opvoeders se beskikking is tydens kurrikulumbeplanning. Bemagtigingsopleiding is aan Kuns en Kultuur-opvoeders gebied ten einde hulself toe te rus om leerders te kan touwys maak hoe om die kunste asook kulturele vorms en gebruike wat histories nie erkenning kry nie, in hierdie geval tradisionele Kaapseliedere, te erken, verstaan en bevorder. Riglyne vir Deelnemende Aksie Navorsing, naamlik bewusmaking, emansipasie, 'n leerstrategie vir deelnemers en die ontwikkeling van selfstandigheid is as basis gebruik vir die bemagtigingsopleiding. Die navorser was betrokke by twee projekte waarop die resultate van hierdie tesis gebaseer is. Die hoof doeI van die eerste projek, "Mother's Milk Mother's Muse", was om tradisionele Kaapse liedere, speletjies, legendes en stories in te samel. Tydens die tweede projek, die Gevorderde Onderwyssertifikaat (Kuns en Kultuur) wat vanaf 2005 by die Universiteit Stellenboseh aangebied word, is die ingesamelde materiaal onder andere gebruik om verskillende tegnieke, waaronder die aanleer van liedere, aan opvoeders te demonstreer. Die materiaal wat ingesamel is, is op CD en DVD by hierdie tesis ingesluit. Hierdie tesis is onsamevatting van die maniere waarop Kuns en Kultuur-opvoeders deur middel van die komponent waarvoor die navorser in die GOS-program verantwoordelik was bemagtig is om hierdie materiaal te ontgin en in die leerarea te implementeer.
2

Die Afrikaanse volkslied onder die bruinmense

Burden, Matilda January 1991 (has links)
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 1991. / ENGLISH ABSTRACT: A song has to be accepted by the community, must form part of the oral tradition and be handed over from one generation to the next, before it can be called a folk song. In the process of oral tradition, variants usually develop. A folk song is therefore never complete the moment it is created, but is formed gradually through a process of changes. The Afrikaans folk song sung by the coloured people has the same characteristics as the folk song in general. The fact that oral tradition is the major way of spreading songs, is evident from the many variants that occur and from the examples of transformation of words and melody ("Umsingen"and "Zersingen"). Simplicity, the use of the major key and the avoidance of modulation are prominent characteristics. Suggestiveness and coarse language are fairly common. Melismata are very rare and usually occur in songs which probably have their origin in old Afrikaans records. Most of the songs collected amongst coloured children are used to accompany games. The children seldom sing without playing or play without singing. Most variants are found amongst children's songs. Dancing songs are without a doubt the most popular amongst the songs of adults. The form of the stanzas is very simple and usually the songs consist of many stanzas. A small percentage of the songs collected, more or less 5%, presumably originate from old Afrikaans grammophone records. Most of these songs have been transformed by popular usage and even amongst them variants have been found. The main themes of this group of songs are love, parting, grief and death. Picnic songs, work songs, war songs and drinking songs have been found. Humoristic and mocking songs contribute to the entertainment value of the folk song and are also found amongst the coloured people. Because there is so much interaction between sacred songs and secular songs, especially where the melodies are concerned, the two groups cannot always be separated from each other. The sacred songs of the coloured people are mostly of the "refrain"-type. When a group of coloured people perform the sacred songs, they usually harmonise spontaneously and most beautifully. The fact that so much has been said and written on the subject of the folk song, and that even in recent years substantial research projects have been carried out, is proof enough that the folk song has not yet died out. The Afrikaans folk song features strongly amongst coloured people, though noticeably influenced by the English language, modern technology and urbanisation. / AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Volkslied is 'n lied wat deur die gemeenskap aanvaar is, mondelings versprei word en op dieselfde wyse van geslag tot geslag oorgelewer word en waarvan daar in die prosesse variante ontstaan. 'n Volkslied is dus nie voltooi die oomblik dat die eerste vorm geskep is nie, maar word deur 'n langsame proses geleidelik gevorm en omvorm. Die Afrikaanse volkslied wat deur die bruinmense gesing word, toon dieselfde kenmerke as die volkslied in die algemeen. Daar is tekens van mondelinge oorlewering wat veral weerspieel word deur die baie variante wat aangetref word, sowel as talle voorbeelde van verbrokkeling en ver~ vorming ("Umsingen" en "Zerzingen"). Eenvoud in woord en melodie is opvallend. Die majeurtoonaard, met vermyding van modulasie, kom feitlik deurgaans voor. Suggestiwiteit en growwe taal is redelik algemeen. Melismes kom selde voor en dan meestal by liedere wat waarskynlik van ou Afrikaanse plate kom. By die opnames onder bruin kinders is gevind dat die oorgrote meerderheid liedere wat hulle sing, een of ander vorm van spel begelei. Hulle sing selde sonder om te speel, en hulle speel selde sonder om te sing. Die meeste variante van liedere word ook by die kinders aangetref. By die liedere van volwassenes is die danslied ongetwyfeld die gewildste. Die meeste daarvan bestaan uit kort, eenvoudige strofes met baie strofes in een lied. 'n Klein persentasie van die liedere wat versamel is, ongeveer 5%, is vermoedelik van ou Afrikaanse grammofoonplate afkomstig. Die meeste daarvan het baie vervorm in die volksmond en selfs daarvan is variante aangetref. Die temas van hierdie groep liedere handel hoofsaaklik oor die liefde, afskeid, hartseer en die dood. Voorbeelde van piekniek-, arbeids- en oorlogsliedere, sowel as enkele drinkliedere en doprympies is aangetref. Die humoristiese lied en spotlied dra by tot die vermaaklikhiedsfunksie van die volkslied en kom ook by die bruinmense voor. Die gewyde of geestelike lied kan nie altyd streng van die wereldlike lied geskei word nie. Daar is te veel wisselwerking tussen die twee groepe, veral wat wysies betref. Die gewyde liedere wat by die bruinmense,aangetref is, is meestal van die sogenaamde "koortjie"-tipe. 'n Kenmerk van hulle gewyde sang is dat wanneer dit deur 'n groep gesing word, dit altyd meerstemmig is met pragtige harmoniee wat op natuurlike wyse gedoen word. Die feit dat daar al so baie oor die volkslied geskryf is en selfs onlangs nog omvatteride studies daaroor die lig gesien het, is bewys dat die volklied nog nie uitgesterf het nie. Daar is bewys dat die Afrikaanse volkslied onder die bruinmense baie sterk staan, hoewel Engelse invloed duidelik merkbaar is en tekens van moderne ontwikkeling en verstedeliking onmiskenbaar waargeneem kanword.

Page generated in 0.0663 seconds