• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Kernkapasiteite van die predikant as missionale leier in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur

Cordier, Gert Stefanus January 2014 (has links)
Die doelwit met hierdie navorsing is die identifisering van die kernkapasiteite waaroor ʼn predikant as missionale leier binne ʼn hoofstroomgemeente moet beskik ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur en bedieningspraktyk. Die navorsing word gedoen binne die konteks van die groot paradigmatiese skuiwe in die missiologie sedert die middel van die vorige eeu, soos dit deur Leslie Newbigin geïnisieer, deur David Bosch aangevul en versterk, en deur die Gospel and Our Culture Network verder gevoer en uitgewerk word. Die missio Dei vorm die vertrekpunt vir ʼn missionale ekklesiologie. Sending is nie ʼn aktiwiteit van die kerk nie, maar die handeling van God Drie-enig. Die funksie van die kerk is deelname aan die missio Dei in die wêreld en ganse skepping. Missionale leierskap setel nie in ʼn individu of amp nie, maar ontvang sy gesag van God en is gegee aan die geloofsgemeenskap. Sodanige leierskap vervul ʼn funksie radikaal verskillend van die tradisionele of kontemporêre definisie van leierskap. Missionale leierskap is in wese geloofsonderskeidend en geloofsvormend van aard en vorm binne die geloofsgemeenskap die kennis, vaardighede, houdinge en gewoontes ten einde die geloofsgemeenskap individueel en korporatief te bemagtig vir die onderskeiding van en deelname aan die missio Dei binne die daaglikse konteks waarbinne God die gemeente roep, vorm en stuur. Vanuit die rol wat histories en ampshalwe aan die predikant in ʼn hoofstroomgemeente toegeken word, vervul die predikant ʼn sleutelfunksie ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die proses van aanpassende verandering en missionale gemeentevorming. ʼn Kwalitatief empiriese ondersoek by gemeentes binne die Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG) ondersoek die kernkapasiteite wat vir die predikant as missionale leier nodig is. Die ondersoek onderskei vier verskillende rolle vir die predikant as missionale leier: die predikant as apostel of gestuurde; die predikant as teoloog en taalskepper; die predikant as fasiliteerder en begeleier van die proses van aanpassende kultuurverandering; en die predikant as geestelike begeleier en mentor. Die navorsing onderskei voorts die verskillende kapasiteite (kennis, vaardighede houdinge, en gewoontes) wat kernbelangrik is vir die predikant vir die vervulling van hierdie viervoudige rol op weg na missionale gemeentevorming. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Science of Religion and Missiology / unrestricted
2

The influence of the theology of John Chrysostom on the writings of John Henry Newman

Wadsworth, Andrew Raymond 02 1900 (has links)
Summaries and keywords in English and Afrikaans / John Henry Newman maak in sy outobiografiese geskrifte 'n aantal belangrike verwysings na sy toewyding aan Johannes Chrysostomos. Is dit bloot 'n kwessie van vroomheid, of dui dit op 'n dieper verband met die punt dat Newman in sy eie teologiese begrip, geestelike insig en pastorale praktyk deur Chrysostomos beïnvloed word? Hierdie proefskrif poog om te toon dat die besonderse voorbereiding van Newman vir die lees van die Kerkvaders, en in besonder, sy omvattende begrip van Grieks, hom van jongs af tot 'n verdieping in die patristiese denke georiënteer het, 'n feit wat hoofsaaklik deur sy Briewe en Dagboeke getoon word. Die aanhaling van Chrysostomos as 'n teologiese gesag, in Newman se leerstellige geskrifte en in sy gepubliseerde prediking, word toenemend duidelik en demonstreer wat beskou kan word as teologiese eienskappe wat die twee teoloë gemeen het. In Newman se geestelike begeleiding, veral in sy geestelike bystand en begeleiding van vroue, blyk daar 'n korrelasie te wees met raad wat Chrysostomos in soortgelyke omstandighede gegee het. In hierdie studie word dit ondersoek in 'n vergelyking van die briewe van Chrysostomos aan Olympias, en die korrespondensie van Newman met Maria Giberne. Behalwe enkele teologiese ooreenkomste en invloede, eksplisiet sowel as implisiet, is daar bewyse dat Newman iemand baie soortgelyk aan homself in Chrysostomos gesien het: 'n diep teologiese denker wat as gevolg van sy prediking prominent geword het en aansienlike institusionele weerstand op 'n diep persoonlike manier weerstaan het, en ‘n aansienlike mate van verlies as gevolg van sy oortuiging gely het, en tog onbelemmerd in sy getrouheid aan wat hy as sy missie verstaan het, gebly het, as priester,teoloog, leraar en predikant. / John Henry Newman makes a number of significant references in his autobiographical writings to his devotion to John Chrysostom. Is this simply a matter of piety, or does it reveal a deeper connection to the point that Newman is influenced in his own theological understanding, spiritual insight, and pastoral practice by Chrysostom? This thesis attempts to demonstrate that Newman’s very particular preparation for reading the Fathers, and in particular, his comprehensive grasp of Greek, orientated him, from an early age, towards an immersion in Patristic thought, a fact largely demonstrated by his Letters and Diaries. Citation of Chrysostom as a theological authority, in Newman’s doctrinal writings, and in his published preaching, becomes increasingly evident, and demonstrates what might be considered theological characteristics the two theologians hold in common. In Newman’s spiritual direction, particularly in his spiritual accompaniment and guidance of women, there appears to be a correlation with advice given by Chrysostom in similar circumstances; in the present study this is treated in a comparison of the letters of Chrysostom to Olympias, and Newman’s correspondence with Maria Giberne. Beyond any theological similarities, and influences both explicit and implicit, there is evidence that Newman saw in Chrysostom someone very similar to himself: a profound theological thinker, who rose to prominence as a result of his preaching, and who met with serious institutional opposition expressed in a deeply personal way, suffered a considerable amount of loss as a result of holding to his convictions, and yet remained undeterred in his fidelity to what he understood to be his mission, as a priest, a theologian, a teacher and a pastor. / New Testament / D. Litt. et Phil. (Biblical Studies)

Page generated in 0.0918 seconds