• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Kernkapasiteite van die predikant as missionale leier in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur

Cordier, Gert Stefanus January 2014 (has links)
Die doelwit met hierdie navorsing is die identifisering van die kernkapasiteite waaroor ʼn predikant as missionale leier binne ʼn hoofstroomgemeente moet beskik ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die vorming van ʼn missionale gemeentekultuur en bedieningspraktyk. Die navorsing word gedoen binne die konteks van die groot paradigmatiese skuiwe in die missiologie sedert die middel van die vorige eeu, soos dit deur Leslie Newbigin geïnisieer, deur David Bosch aangevul en versterk, en deur die Gospel and Our Culture Network verder gevoer en uitgewerk word. Die missio Dei vorm die vertrekpunt vir ʼn missionale ekklesiologie. Sending is nie ʼn aktiwiteit van die kerk nie, maar die handeling van God Drie-enig. Die funksie van die kerk is deelname aan die missio Dei in die wêreld en ganse skepping. Missionale leierskap setel nie in ʼn individu of amp nie, maar ontvang sy gesag van God en is gegee aan die geloofsgemeenskap. Sodanige leierskap vervul ʼn funksie radikaal verskillend van die tradisionele of kontemporêre definisie van leierskap. Missionale leierskap is in wese geloofsonderskeidend en geloofsvormend van aard en vorm binne die geloofsgemeenskap die kennis, vaardighede, houdinge en gewoontes ten einde die geloofsgemeenskap individueel en korporatief te bemagtig vir die onderskeiding van en deelname aan die missio Dei binne die daaglikse konteks waarbinne God die gemeente roep, vorm en stuur. Vanuit die rol wat histories en ampshalwe aan die predikant in ʼn hoofstroomgemeente toegeken word, vervul die predikant ʼn sleutelfunksie ten einde die gemeente suksesvol te kan begelei in die proses van aanpassende verandering en missionale gemeentevorming. ʼn Kwalitatief empiriese ondersoek by gemeentes binne die Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG) ondersoek die kernkapasiteite wat vir die predikant as missionale leier nodig is. Die ondersoek onderskei vier verskillende rolle vir die predikant as missionale leier: die predikant as apostel of gestuurde; die predikant as teoloog en taalskepper; die predikant as fasiliteerder en begeleier van die proses van aanpassende kultuurverandering; en die predikant as geestelike begeleier en mentor. Die navorsing onderskei voorts die verskillende kapasiteite (kennis, vaardighede houdinge, en gewoontes) wat kernbelangrik is vir die predikant vir die vervulling van hierdie viervoudige rol op weg na missionale gemeentevorming. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2014. / gm2014 / Science of Religion and Missiology / unrestricted

Page generated in 0.1218 seconds