Spelling suggestions: "subject:"gemeentes"" "subject:"gemeente""
1 |
Die implikasies van 'n missionale transformasieproses vir die NG Gemeente Marken se voortbestaanPeens, Hannes 03 1900 (has links)
Thesis (MTh)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Small rural congregations like Marken with a member count of 60 often battle with the question if the congregation will be able to survive. This question is influenced through individuals and larger congregations' perception that bigger is better. The vitality of small congregations is being judged by a modernistic approach. According to this viewpoint a large member count is an important factor for survival. The uniqueness of small rural congregations is not taken into account when the vitality of such congregations comes under the spotlight. The style of ministry and the program approach of larger congregations is the model normally associated with success and vitality and leads to small congregations' attempt to follow that model and in the process lose its God given uniqueness.
The congregations' question of survival is addressed through a guided journey in an attempt to help the congregation realize its missional calling. A congregation like Marken must realize that a small congregation also can and should be a mirror of God's kingdom. Missional theology and Trinitarian theology cannot be discussed without taking into account the missio Dei of God. The Dutch Reformed Congregation of Marken' expression as church in and for the world must be modelled in God's missio Dei. The Trinity is the foundation for missional theology. The purpose of the study is the transformation of the Dutch Reformed Congregation of Marken who battles with a question of survival to become a missional congregation who takes part in God's mission.
The history of the congregation, her identity and culture plays an important role. In the history of the congregation it became evident that a number of factors, the long absence of a minister, shortage in funds and a schism in the congregation lead to the question of survival. A pattern became evident in which the congregation described herself as small. This became part of the identity and culture of the congregation and is confirmed in the ethnographic research. All of these factors contributed to the single deepest question in the hearts of the congregation: How can the Dutch Reformed Church in Marken survive?
To be able to understand these questions, one must underline the importance of the context in which the congregation finds herself. The congregation is situated in Limpopo province and form part of the Mogalakwena municipality which consists of roughly 300,000 Pedi speaking people. Realities like demography and migration patterns in the contextual analysis are indications that the congregation can't rely on growth through birth rate. The contextual analysis was also a step to open the blinded eyes of the congregation to the realities around the congregation. This was done to motivate the congregation to take part in the missio Dei.
The congregation's involvement in the missio Dei can be described as a journey. In the study the first steps of Marken on this missional road is also researched. It shows that the Spirit of God is already transforming Marken and it can be seen in normal, natural experiences which helped people to recognize the work and the intention of the Spirit (Marais, 2007:120)
This should give hope to a congregation who battled with a question of survival in the past. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Klein plattelandse gemeentes soos Marken met ʼn lidmaattal van 60 worstel baie keer met die vraag of die gemeente sal kan voortbestaan. Hierdie vraag word beïnvloed deur individue en ander groter gemeentes se persepsie oor klein gemeentes en dat klein gelykstaande aan minderwaardigheid is. Die lewensvatbaarheid van klein gemeentes word na aanleiding van ʼn modernistiese vertrekpunt beoordeel. Hiervolgens is ʼn groot lidmaat getal ʼn belangrike norm vir bestaansreg. Die eiesoortigheid van klein plattelandse gemeentes word meesal nie in berekening gebring wanneer oor die lewensvatbaarheid van sulke gemeentes gedink word nie. Die bedieningstyle en programbenaderings in groot gemeentes word dikwels ook voorgehou as die ideaal en dit lei daartoe dat klein gemeentes hulle daaraan meet en hulle eie Godgegewe uniekheid uit die oog begin verloor.
Die voortbestaansvraag van die gemeente word aangespreek deur die gemeente te begelei om haar missionale roeping te ontdek. ʼn Gemeente soos Marken moet besef dat ʼn klein gemeente ook ʼn spieëlbeeld van God se koninkryk kan en moet wees. Missionale teologie, trinitariese teologie en die missio Dei is in mekaar gevleg. NG Gemeente Marken se uitdrukking as kerk in en vir die wêreld moet gemodelleer word in God se drie-enige uitdrukking van sy sending in die wêreld deur die geskiedenis soos dit gereflekteer word in die Bybelse getuienis. As sending dan essensieel God se sending is, dan is die Triniteit die fondasie vir missionale teologie. Die transformasie van NG Gemeente Marken wat worstel met ʼn voortbestaansvraag na ʼn missionale gemeente is dus die doelwit van die studie.
Die gemeente se geskiedenis, haar identiteit / kultuur speel ewe-eens ʼn belangrike rol. In die geskiedenis van die gemeente kan duidelik gesien word dat verskeie gebeure soos die lang afwesigheid van ʼn eie leraar, ʼn tekort aan finansies en ʼn kerkskeuring aanleiding gegee het tot die voortbestaansvraag van die gemeente. Die gebeure het ʼn tendens na vore laat tree waarin die gemeente haarself as klein beskryf. Hierdie identiteit is ook bevestig met die etnografiese navorsing en dit het deel geword van die kultuur van die gemeente. Al hierdie faktore het ʼn invloed op die mees prominente of diepste vraag wat in die harte van die 60 lidmate leef. “Hoe kan die NG Gemeente Marken voortbestaan?”
Om hierdie vrae te verstaan en te begin antwoord is dit belangrik om die gemeente in haar konteks te verstaan. Die gemeente is geleë in Limpopo provinsie en vorm deel van Mogalakwena munisipaliteit waar ongeveer 300,000 hoofsaaklik Pedi sprekende mense woon. Demografiese realiteite en die migrasie patroon in die kontekstuele analise toon aan dat die gemeente nie kan staat maak op die normale manier van groei deur geboorte en bevolkingsaanwas nie. Die kontekstuele analise is gedoen as ʼn stap in die proses om die fokus van Marken op oorlewing aan te spreek en die gemeente se oë oop te maak vir die werklikheid rondom die gemeente en sodoende dan te kan deelneem aan God se missio Dei.
Die gemeente se deelname aan God se missio Dei kan beskryf word as ʼn reis. In die studie word die eerste treë van Marken in hierdie missionale reis ook nagevors. Dit toon aan dat die Gees van God besig is om Marken te transformeer en dit kan soos wat Frederick Marais (2007:120) dit stel waargeneem word in die “gewone, natuurlike ervarings wat mense tot die oortuiging laat kom van die werk en die bedoeling van die Gees.”
Dit moet hoop gee aan Marken wat in die verlede met die vraag geworstel het of die gemeente kan voortbestaan.
|
2 |
Spiritualiteitsdiversiteit as uitdaging aan die erediens : 'n verkenning van die funksie van lofprysing in die Nederduitse Gereformeerde KerkJanse, Rhe, Hendriks, H. J., Cilliers, J. H. 12 1900 (has links)
Thesis (DTh)--University of Stellenbosch, 2002. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is die afgelope paar jare in debatte
gewikkel oor die een aktiwiteit wat uniek aan die kerk is, naamlik haar
aanbidding. Aanbidding het vandag een van die belangrike redes geword
waarom kerke groei, maar is terselfdertyd ook een van die oorsake waarom
gemeentes lidmate verloor en kwyn.
Aan die voorpunt van die debat oor aanbidding, is die kwessie van lofprysing.
Lofprysing het vandag vir baie gelowiges 'n middel geword om hulle geloof en
aanbidding tot uitdrukking te bring. In plaas daarvan dat die nuwe beklemtoning
en behoefte aan lofprysing die kerk in haar aanbidding van God verenig het, het
dit egter 'n bron van frustrasie en konflik geword. Hierdie konflik sentreer
hoofsaaklik om die styl waarin lofprysing plaasvind en word aangehelp deur die
gebrek aan kennis oor die onderwerp en die diversiteit wat in gemeentes heers.
Gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk bestaan vandag uit lidmate
wat uiteenlopende lewensuitkyke handhaaf en verskillende spiritualiteite besit.
Om die hele kwessie van lofprysing binne die konteks van diverse gemeentes
aan te spreek, moes die studie eerstens die aard en funksie van lofprysing binne
die liturgie bepaal. Daarna moes 'n wyse gevind word waarop die diversiteit in
gemeentes hanteer kon word. Deur middel van 'n spiritualiteitstipologie wat
Holmes in 1980 opgestel het, en wat later as basis van verskillende
spiritualiteitsanalises gedien het, is 'n instrument daargestel waarmee gemeentes
en individue se spiritualiteit getoets kon word. In hierdie studie is die analises nie
net gebruik om mense se spiritualiteit vas te stel nie, maar ook om te bepaal of
daar 'n korrelasie tussen spiritualiteitsgroepe en hulle aanbiddingsbehoeftes
bestaan.
Die navorsing het daarin geslaag om nie net 'n verband tussen spiritualiteit en
aanbiddingspatrone aan te toon nie, maar ook die waarde van 'n
spiritualiteitsanalise te beklemtoon om die diversiteit ten opsigte van aanbidding
en lofprysing in gemeentes aan te spreek. / ENGLISH ABSTRACT: Over the past few years the Dutch Reformed Church has been embroiled in a
debate regarding worship within the church. Whilst the worship within a
congregation has become one of the most important factors in church growth, it
is also one of the reasons why some congregations loose membership and
shrink in size.
A major point of contention within this debate relates to the use of praise. To
many believers, praise has become a process through which they worship and
reinforce their faith. Instead of unifying the church in her worship of God, the
current emphasis on praise within the church has become a source of frustration
and a point of contention. This controversy mainly centres around the style with
which praise is practiced within the congregation and is exacerbated by a lack of
knowledge surrounding the topic and the diversity that exists within
congregations. Members of the Dutch Reformed Church has widely divergent
life views and also possess different spiritualities.
To determine the use of praise within divergent congregations, this study
evaluated the nature and function of praise within the context of the liturgy.
Subsequently, a method to manage the diversity within congregations was
developed. In 1980, Holmes developed a spirituality typology within which he
identified four spirituality groups. Based on the spirituality typology, some
spirituality analyses were formed to help congregations and individuals to test
their spirituality. These analyses were used to identify the correlation between a
spirituality group and their worship requirements.
The results from this research clearly showed a positive correlation between
these two parameters and also highlighted the value of using the spirituality
analysis as a method to manage the different praise and worship requirements
that exists within congregations.
|
Page generated in 0.0431 seconds