• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Graad 1-onderwysers se persepsies oor die rol van metakognisie en wiskundetaal tydens die onderrig en leer van wiskunde / Gerda Regenass

Regenass, Gerda January 2014 (has links)
Metakognitiewe strategieë en wiskundetaal speel ’n kritiese rol in onderwysers se onderrigstrategieë en die verbetering van hulle wiskunde-onderrigstyl. Die waarskynlikheid bestaan dat wanneer ʼn onderwyser se metakognisie ontwikkel word, sy of haar onderrig ook sal verbeter (Jing & Yang, 2008, p. 1). Metakognisie fasiliteer die onderrig en leer van wiskundekennis (Gourgey, 2001, p. 18), en taal is die instrument wat in ʼn onderwyskonteks die kommunikasie vir die aanleer, verstaan en ontwikkeling van wiskundekonsepte en -prosesse fasiliteer (Jamison, 2000). ʼn Empiriese kwalitatiewe ondersoek – om te bepaal wat Graad 1-onderwysers se persepsies van metakognisie en wiskundetaal tydens die onderrig en leer van wiskunde is – is in hierdie studie uitgevoer. Die ondersoek het op vyf Graad 1-onderwysers gefokus. ʼn Gerieflikheidsteekproef is gebruik om die groepie onderwysers (wat vir die navorser toeganklik was) uit te nooi om aan die studie deel te neem. Video-opnames is gemaak van ʼn fokusgroeponderhoud, sowel as van ʼn wiskundeles en twee individuele onderhoude. Al die onderwysers het aan die fokusgroeponderhoud deelgeneem. Een van die onderwysers (Deelnemer B) het ingestem dat ʼn video-opname van haar wiskundeles gemaak kon word. ʼn Individuele onderhoud is voor en na die video-opname met deelnemer B gevoer om ʼn beter en meer diepgaande begrip van haar persepsies oor wiskundeonderrig te verkry. Die video-opnames van die fokusgroeponderhoud, wiskundeles en individuele onderhoude is verbatim getranskribeer, waarna a priori kodes uit die literatuurstudie gekies is. Die kodes is in temas en kategorieë gegroepeer. Data is ontleed, en gevolgtrekkings geformuleer. Resultate is daarna geïnterpreteer en aanbevelings gemaak. Ten spyte van die beperkte veralgemenings wat op grond van die resultate moontlik is, kom die navorser nogtans tot die slotsom dat graad 1-onderwysers se persepsies oor metakognisie en wiskundetaal in die onderrig en leer in wiskunde in graad 1-klasse belangrik is en groot gewig dra. / MEd (Mathematics Education), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Faktore wat die motiveringsvlakke van die grondslagfase-onderwysers in die Waterbergdistrik van die Limpopo Provinsie beinvloed

Viljoen, Christelle 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Gemotiveerde onderwysers speel 'n belangrike rol in suksesvolle onderrig en leer. Die doelwit van hierdie studie was om faktore te identifiseer wat 'n invloed uitoefen op onderwysermotivering. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp van individiduele onderhoud-voering met agt doelgerig geselekteerde deelnemers is gebruik ten einde antwoorde te kry op faktore wat „n invloed uitoefen op die motivering van grondslagfase-onderwysers. Die doelwitte van hierdie studie was ook om riglyne aan onderwysers te verskaf oor hoe om hulself te motiveer en aan skoolhoofde oor hoe om hul onderwysers te motiveer. Daar is bevind dat faktore wat 'n invloed uitoefen op die motivering van onderwysers verband hou met die spesifieke skoolomgewing, die finansiële vergoeding van onderwysers, die werksverhoudings met ander onderwysers, die invloed van ouers, die verhoudings met die skoolhoof en die gedrag van leerders. As belangrikste motiveringsfaktor geld die onderwyser se eie lewensingesteldheid wat of op 'n positiewe of negatiewe lewensuitkyk gesentreer kan wees. / Motivated teachers play an important role in successful teaching and learning. The aim of this study was to identify factors that have an influence on teacher motivation. A qualitative research design was used. Individual interviews with eight purposefully selected participants were held to get answers to the factors that have an influence on the motivation of foundation phase teachers. The aim of this study was also to give guidelines to teachers on how to motivate themselves and to school principles on how to motivate teachers. The results indicate that factors influencing the motivation of teachers have to do with the specific school environment, the financial reward of teachers, the work relationship with other teachers, the influence of parents, therelationship with the school principal and the behaviour of learners. The most important motivation factor is the teacher‟s own attitude towards lifewhichcanrepresenta positive or negative life view. / Educational Leadership and Management / M. Ed. (Onderwysbestuur)
4

Page generated in 0.0751 seconds