• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die identifisering van hanteringsbehoeftes by pleegouers van voorskoolse pleegkinders met fetale alkoholsindroom / Botha, I.E.

Botha, Isobel Elizabeth January 2011 (has links)
Fetale alkoholsindroom (FAS) is ‘n voortgaande probleem in Suid–Afrika, veral in die Wes–Kaap. Baie kinders met FAS word in pleegsorg geplaas vanweë hul ouers se drankmisbruik en onvermoë om die kinders te versorg. Daar is reeds baie navorsing gedoen in akademiese en sosiale omgewings oor die voorkoms en simptome van FAS. Minder is bekend oor die hanteringsbehoeftes by pleegouers van pleegkinders met FAS en derhalwe is dit die navorser se doelwit om navorsing te doen in hierdie veld. Die doel van hierdie studie was om die behoeftes wat pleegouers ondervind in die hantering van hul voorskoolse pleegkinders met FAS te verken en te beskryf. Die navorsingsvraag vir die studie lui soos volg: “Wat is pleegouers se hanteringsbehoeftes ten opsigte van hul voorskoolse pleegkinders met FAS?” Hierdie navorsingsvraag is aangespreek deur kwalitatiewe navorsing, en die studie kan geklassifiseer word as verkennende en beskrywende navorsing. Die navorser het vir die doel van hierdie studie gebruik maak van ‘n niewaarskynlikheidsteekproef deur middel van doelbewuste steekproefneming. Die navorser het 17 pleegouers, van twee gesinsorgorganisasies gewerf. Fokusgroeponderhoude binne twee fokusgroepe is benut om die hanteringsbehoeftes by pleegouers van voorskoolse pleegkinders met FAS te identifiseer. Die onderhoude is getranskribeer vir die doeleindes van dataanalisering en aan die hand van Creswell (2007) se stappe ontleed. Sewe temas is geïdentifiseer, naamlik (1) Dissiplinering van voorskoolse pleegkinders met FAS; (2) Hantering van gedrag van die voorskoolse pleegkind met FAS; (3) Ondersteuningsdienste aan pleegouers of pleegkinders; (4) Inligting of ondersteuning rondom FAS; (5) Verwerping van die voorskoolse pleegkind met FAS; (6) Emosionele impak van die voorskoolse pleegkind met FAS op die pleegouer; en laastens (7) Rol van die biologiese ouers van die voorskoolse pleegkind met FAS. Hierdie temas is in subtemas verdeel en aan die hand van toepaslike narratiewe uit die fokusgroepe bespreek en met literatuur gekontroleer. Gevolgtrekkings en aanbevelings is na aanleiding daarvan gemaak. / Thesis (M.A. (MW))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
2

Page generated in 0.0893 seconds