• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 6
  • 6
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die identifisering van hanteringsbehoeftes by pleegouers van voorskoolse pleegkinders met fetale alkoholsindroom / Botha, I.E.

Botha, Isobel Elizabeth January 2011 (has links)
Fetale alkoholsindroom (FAS) is ‘n voortgaande probleem in Suid–Afrika, veral in die Wes–Kaap. Baie kinders met FAS word in pleegsorg geplaas vanweë hul ouers se drankmisbruik en onvermoë om die kinders te versorg. Daar is reeds baie navorsing gedoen in akademiese en sosiale omgewings oor die voorkoms en simptome van FAS. Minder is bekend oor die hanteringsbehoeftes by pleegouers van pleegkinders met FAS en derhalwe is dit die navorser se doelwit om navorsing te doen in hierdie veld. Die doel van hierdie studie was om die behoeftes wat pleegouers ondervind in die hantering van hul voorskoolse pleegkinders met FAS te verken en te beskryf. Die navorsingsvraag vir die studie lui soos volg: “Wat is pleegouers se hanteringsbehoeftes ten opsigte van hul voorskoolse pleegkinders met FAS?” Hierdie navorsingsvraag is aangespreek deur kwalitatiewe navorsing, en die studie kan geklassifiseer word as verkennende en beskrywende navorsing. Die navorser het vir die doel van hierdie studie gebruik maak van ‘n niewaarskynlikheidsteekproef deur middel van doelbewuste steekproefneming. Die navorser het 17 pleegouers, van twee gesinsorgorganisasies gewerf. Fokusgroeponderhoude binne twee fokusgroepe is benut om die hanteringsbehoeftes by pleegouers van voorskoolse pleegkinders met FAS te identifiseer. Die onderhoude is getranskribeer vir die doeleindes van dataanalisering en aan die hand van Creswell (2007) se stappe ontleed. Sewe temas is geïdentifiseer, naamlik (1) Dissiplinering van voorskoolse pleegkinders met FAS; (2) Hantering van gedrag van die voorskoolse pleegkind met FAS; (3) Ondersteuningsdienste aan pleegouers of pleegkinders; (4) Inligting of ondersteuning rondom FAS; (5) Verwerping van die voorskoolse pleegkind met FAS; (6) Emosionele impak van die voorskoolse pleegkind met FAS op die pleegouer; en laastens (7) Rol van die biologiese ouers van die voorskoolse pleegkind met FAS. Hierdie temas is in subtemas verdeel en aan die hand van toepaslike narratiewe uit die fokusgroepe bespreek en met literatuur gekontroleer. Gevolgtrekkings en aanbevelings is na aanleiding daarvan gemaak. / Thesis (M.A. (MW))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
2

3

Musiekintegrasie in graad R : 'n teoretiese raamwerk gebaseer op 'n gevallestudie / Mignon van Vreden

Van Vreden, Mignon January 2014 (has links)
Graad R verwys volgens die nuutste Afrikaanse beleidsdokumente na die voorskoolse opleiding wat tans in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel ingefaseer word, alhoewel die Departement van Basiese Onderwys beoog dat alle leerders eers in 2019 toegang sal hê tot formele graad R-programme. Uitdagings vir onderrig in vroeë kinderontwikkeling in Suid-Afrika is onder meer ʼn tekort aan gekwalifiseerde onderwysers, asook leer- en ondersteuningsmateriaal van ʼn hoë gehalte. Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir graad R bestaan uit drie vakke: Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede. Lewensvaardighede bestaan uit vier studie-areas, naamlik Aanvangskennis, Skeppende kunste, Liggaamsopvoeding, asook Persoonlike en Sosiale Welsyn. Slegs dertig minute per week word as deel van Skeppende kunste toegestaan aan formele musiekonderrig. Wanneer musiek in die dagprogram met ander aspekte van graad R-onderrig en -leer integreer word, word die holistiese ontwikkeling van die leerder bevorder. Graad R-onderwysers het egter selde in musiek gespesialiseer en is onseker oor die implementering daarvan in hul onderrigprogramme. Uitvoerbare moontlikhede word in hierdie proefskrif ondersoek om musiek in die graad R-dagprogram te integreer ten einde ʼn bydrae te lewer tot die sosiale, fisiese, emosionele, intellektuele en geestelike ontwikkeling van graad R-leerders. Die hoofnavorsingsvraag wat hieruit ontstaan, is watter teoretiese raamwerk verduidelik hoe musiek in graad R geïntegreer kan word. Die navorsingsbenadering wat gevolg is om hierdie vraag te ondersoek, is ʼn kwalitatiewe, veelvoudige gevallestudie vanuit ʼn interpretatiewe perspektief. Aanvanklik is ʼn literatuurstudie gedoen om huidige tendense ten opsigte van die integrasie van musiek in graad R te beskryf. Daarna is die onderrig en leer in vyf multikulturele graad R-klasse in die Potchefstroom-omgewing waargeneem met die doel om die maniere waarop musiek in die praktyk geïntegreer word, in te samel. Die data is toe met behulp van Atlas.ti 7.1.6 georganiseer en gekategoriseer, waarna ʼn oorkruis gevalle-analise gedoen is. Die bevindinge is geverifieer deur langtermyn-waarneming en deelnemer-kontrole. ʼn Teoretiese raamwerk is ontwikkel deur die ses temas wat uit die data-analise gegenereer is in verband te bring met ʼn geïntegreerde literatuuroorsig. Hierdie aspekte vir die integrasie van musiek in graad R waardeur onderrig en leer kan plaasvind, is geïdentifiseer as oor musiek, uit musiek, op musiek, met musiek, in musiek en deur musiek. In die raamwerk word elke aspek van integrasie verbind met aktiwiteite wat gebaseer is op die leerbeginsels vir graad R, naamlik spel, ontdekking en praktiese ervarings, ten einde die ontwikkeling van die graad R-leerder te bevorder. Alhoewel die bevindinge spesifiek is tot die Potchefstroom-omgewing, hou die teoretiese raamwerk verskeie moontlikhede in vir nasionale en internasionale toepassing in voorskoolse onderrig. Dit impliseer dat musiek suksesvol in die graad R-dagprogram geïntegreer kan word deur musiekspesialiste sowel as onderwysers wat nie in musiek gespesialiseer het nie. / PhD (Music), North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
4

5

Emosionele gereedmaking van voorskoolse kinders vir skooltoetrede / The emotional preparation of pre-primary children for school entry

Scholtz, Janine 11 1900 (has links)
Summaries in Afrikaans and English / Hierdie studie spreek die emosionele skoolgereedheid van voorskoolse kinders aan. Die voorskoolse kind met sy basiese emosies vanuit sielkundig opvoedkundige perspektief word in die studie van naderby beskou. Tydens die studie is die basiese emosies volgens Plutchik (1980) wat bepalend vir die emosionele skoolgereedheid van die skooltoetreder is, geidentifiseer. Na aanleiding van nuwe insigte waartoe gekom is, het die navorser 'n eie emosionele skoolgereedheidsevalueringslys volgens Plutchik (1980) se basiese emosies antwerp, wat as 'n maatstaf vir die evaluering van emosionele skoolgereedheid kan dien. 'n Empiriese ondersoek is onderneem om te bepaal of 'n aantal proefpersone volgens n emosionele skoolgereedheidsevalueringslys emosioneel skoolgereed is al dan nie. Emosionele tekorte is vanuit die emosionele skoolgereedheidsevalueringslys geidentifiseer, waarna diagnostiese en terapeutiese tegnieke vir emosionele skoolgereedmaking kortliks bespreek is. Opvoedkundige sielkundiges kan die diagnostiese en terapeutiese tegnieke as hulpmiddel gebruik om emosionele tekorte, wat moontlik 'n blokkasie vir emosionele skoolgereedheid inhou, aan te spreek. / This stidu addresses the emotional school preparedness (readiness) of pre-primary children. The pre-primary child with his basic emotions from a psychological educational perspective is examined more closely in this study. During this study the basic emotions according to Plutchik {1980) that determine the emotional school readiness of the school entrant, were identified. On account of new insights gained, the researcher designed a school readiness evaluation list of her own according to Plutchik's (1980) basic emotions. This list can serve as a guideline for the evaluation of emotional school readiness. An empirical study was undertaken to determine whether a number of experimental subjects {children) were ready for school or not. Emotional deficiencies were identified by means of the emotional school readiness evaluation list, whereafter diagnostic and therapeutic techniques for the emotional preparation of children were briefly discussed. Educational psychologists can use these diagnostic and therapeutic techniques as an aid to address emotional deficiencies, which may impede the emotional school readiness of children. / Educational Studies / M. Ed. (met spesialisering in Voorligting)
6

Page generated in 0.0623 seconds