• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Musiekintegrasie in graad R : 'n teoretiese raamwerk gebaseer op 'n gevallestudie / Mignon van Vreden

Van Vreden, Mignon January 2014 (has links)
Graad R verwys volgens die nuutste Afrikaanse beleidsdokumente na die voorskoolse opleiding wat tans in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel ingefaseer word, alhoewel die Departement van Basiese Onderwys beoog dat alle leerders eers in 2019 toegang sal hê tot formele graad R-programme. Uitdagings vir onderrig in vroeë kinderontwikkeling in Suid-Afrika is onder meer ʼn tekort aan gekwalifiseerde onderwysers, asook leer- en ondersteuningsmateriaal van ʼn hoë gehalte. Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir graad R bestaan uit drie vakke: Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede. Lewensvaardighede bestaan uit vier studie-areas, naamlik Aanvangskennis, Skeppende kunste, Liggaamsopvoeding, asook Persoonlike en Sosiale Welsyn. Slegs dertig minute per week word as deel van Skeppende kunste toegestaan aan formele musiekonderrig. Wanneer musiek in die dagprogram met ander aspekte van graad R-onderrig en -leer integreer word, word die holistiese ontwikkeling van die leerder bevorder. Graad R-onderwysers het egter selde in musiek gespesialiseer en is onseker oor die implementering daarvan in hul onderrigprogramme. Uitvoerbare moontlikhede word in hierdie proefskrif ondersoek om musiek in die graad R-dagprogram te integreer ten einde ʼn bydrae te lewer tot die sosiale, fisiese, emosionele, intellektuele en geestelike ontwikkeling van graad R-leerders. Die hoofnavorsingsvraag wat hieruit ontstaan, is watter teoretiese raamwerk verduidelik hoe musiek in graad R geïntegreer kan word. Die navorsingsbenadering wat gevolg is om hierdie vraag te ondersoek, is ʼn kwalitatiewe, veelvoudige gevallestudie vanuit ʼn interpretatiewe perspektief. Aanvanklik is ʼn literatuurstudie gedoen om huidige tendense ten opsigte van die integrasie van musiek in graad R te beskryf. Daarna is die onderrig en leer in vyf multikulturele graad R-klasse in die Potchefstroom-omgewing waargeneem met die doel om die maniere waarop musiek in die praktyk geïntegreer word, in te samel. Die data is toe met behulp van Atlas.ti 7.1.6 georganiseer en gekategoriseer, waarna ʼn oorkruis gevalle-analise gedoen is. Die bevindinge is geverifieer deur langtermyn-waarneming en deelnemer-kontrole. ʼn Teoretiese raamwerk is ontwikkel deur die ses temas wat uit die data-analise gegenereer is in verband te bring met ʼn geïntegreerde literatuuroorsig. Hierdie aspekte vir die integrasie van musiek in graad R waardeur onderrig en leer kan plaasvind, is geïdentifiseer as oor musiek, uit musiek, op musiek, met musiek, in musiek en deur musiek. In die raamwerk word elke aspek van integrasie verbind met aktiwiteite wat gebaseer is op die leerbeginsels vir graad R, naamlik spel, ontdekking en praktiese ervarings, ten einde die ontwikkeling van die graad R-leerder te bevorder. Alhoewel die bevindinge spesifiek is tot die Potchefstroom-omgewing, hou die teoretiese raamwerk verskeie moontlikhede in vir nasionale en internasionale toepassing in voorskoolse onderrig. Dit impliseer dat musiek suksesvol in die graad R-dagprogram geïntegreer kan word deur musiekspesialiste sowel as onderwysers wat nie in musiek gespesialiseer het nie. / PhD (Music), North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
2

3

Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-Kaap

Plaatjies, Bernadictus O’Brain 01 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Leerders wat uit swak sosio-ekonomiese omstandighede kom, die sogenaamde milieu-geremde leerders, se prestasie in geletterdheid is dikwels baie swakker as diegene wat uit meer bevoorregte huise uit kom. Skryf, as ‘n kernaspek van geletterdheidsvaardighede, kan tereg beskou word as een van die ingewikkeldste vaardighede. Die bemeestering daarvan stel ‘n bykans onbereikbare eis aan die milieu-geremde leerder en kan grootliks toegeskryf word aan die leeragterstande wat sulke leerders ondervind. Die probleem word dikwels vererger deur ‘n gebrek aan opvoederbekwaamheid en die algemene afwesigheid van goeie onderwys waar hierdie leerders skoolgaan. Hoewel baie ingrypingsmaatreëls en strategieë deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) en ook die Departement van Basiese Onderwys (DBO) al van stapel gestuur is om die talle uitdagings rondom veral geletterdheidsprestasie hok te slaan, blyk dit dat ingrypings om leerders se skryfvaardighede te verbeter, dikwels afgeskeep word. Hierdie konstruktivistiese studie was daarop gemik om ‘n omvattende ondersoek te doen en die uitdagings wat milieu-geremde leerders ten opsigte van skryfvaardighede ondervind, op ‘n holistiese wyse binne die konteks van arm plattelandse skole aan te spreek. Hierdie kwalitatiewe ondersoek is uitgevoer by nege plattelandse skole in die Weskusdistrik van die Wes-Kaap. Taalopvoeders in die Intermediêre Fase is in die studie betrek. Die skole is geleë in woongebiede waar opsigtelike tekens van swak sosio-ekonomiese omstandighede voorkom, en gekies vanweë hulle status as skole in die laer kwintiele. Die teoretiese perspektiewe van Piaget, Vygotski, Bronfenbrenner en Bandura met hul fokus op sosiokulturele teorieë van leer, is bestudeer. Bepaalde strategieë en beginsels is vanuit hierdie perspektiewe met hierdie studie in verband gebring. Die bevordering van skryfvaardighede in die konstruktivistiese klaskamer is bestudeer met klem op Brian Cambourne (1934-) se invloedryke werk wat fokus op die voorwaardes vir leer en ook op die wyse waarop opvoeders ‘n klaskameretos kan skep om goeie skryfvaardighede te ontwikkel. Die konstruktivistiese beskouing het ook die dataversamelingsproses gerig en uit die data is temas en subtemas geïdentifiseer wat bespreek en ontleed is. Bevindinge in hierdie navorsing het getoon dat skryf ‘n ingewikkelde aktiwiteit vir beide opvoeders en leerders is en dat die onderrig en bevordering daarvan in vele opsigte te kort skiet. Opvoeders beskik oor beperkte kennis en begrip ten opsigte van die onderrig en assessering van skryfvaardighede. Die bevindinge toon ook dat min maatreëls in plek is om die eiesoortige eise wat milieu-geremde leerders stel, aan te spreek. Die studie het ook getoon dat die ouers van milieu-geremde leerders ‘n belangelose, apatiese houding teenoor hul skoolwerk openbaar. In ‘n neutedop kan gesê word dat hierdie studie getoon het daar beslis baie meer gedoen moet word om nie net die skryfvaardighede van milieu-geremde leerders by armer plattelandse skole te verbeter nie, maar dat daar ook indringend na oplossings gesoek moet word vir die talryke ander uitdagings wat milieu-geremde leerders by plattelandse skole ervaar. / The performance in literacy of learners hailing from poor socio-economic circumstances, the so-called environmentally deprived learners, is often much poorer than those from more advantaged homes. Writing, as a core aspect of literacy skills, can rightly be viewed as one of the most complicated skills. The mastering thereof puts an almost unattainable demand on the environmentally deprived learner. This situation is largely attributed to the learning deficit experienced by such learners. The problem is often exacerbated by a lack in educator proficiency and the general absence of good education where these learners go to school. Although many intervention measurements and strategies have been initiated by the Western Cape Education Department (WCED) and the Department of Basic Education (DBE) to inhibit the many challenges surrounding especially literacy performance, it would seem that interventions to improve learners’ writing ability is often neglected. This constructivist study was aimed at undertaking an encompassing investigation and to address the challenges that environmentally deprived learners experience in terms of writing skills in a holistic manner within the context of poor rural schools. This qualitative investigation was executed at nine rural schools in the West Coast district of the Western Cape. Language educators in the Intermediary Phase were involved in the study. The schools are situated in areas where there are visible signs of poor socio-economic circumstances, and chosen for their status as schools in the lower quintiles. The theoretic perspectives of Piaget, Vygotski, Bronfenbrenner and Bandura, with their focus on socio-cultural theories, were studied. Specific strategies and principles from these perspectives were aligned with this study. The promotion of writing skills in the constructivist classroom was studied, with a focus on the influential work of Brian Cambourne (1934-), which focuses on the conditions for learning and also the way in which educators can create a classroom ethos to develop good writing skills. The constructivist view also guided the data collection process and from the data themes and subthemes were identified that were discussed and analysed. Findings of this research has shown that writing is a complicated activity for both educators and learners and that the teaching and promotion thereof are lacking in many aspects. Educators have limited knowledge in respect of the teaching and assessment of writing skills. The findings also show that few measures are in place to address the unique demands made by environmentally deprived learners. The study has also shown that the parents of environmentally deprived learners display an uninterested, apathetic attitude towards their schoolwork. In a nutshell it can be said that this study has shown that there is indeed much to be done not only to improve the writing ability of environmentally deprived learners in poorer rural schools, but that solutions should also urgently be sought to the countless other challenges experienced by environmentally deprived learners in rural schools. / Curriculum and Instructional Studies / D. Ed. (Kurrikulumstudies)
4

Exploring challenges of everyday English language words in learning physical sciences in Gauteng-East townships secondary schools

Sithole, Zamani Lawrance 02 1900 (has links)
This study, which explores the challenges of everyday English language words in learning physical sciences in Gauteng-East townships secondary schools highlights the difficulties that learners encounter in learning and developing scientific concepts and vocabulary. The study was conducted in four township secondary schools. A questionnaire consisting of 25 multiple choice items, as well as a semi-structured interview were used to collect data for this study. Descriptive statistics was used to analyse quantitative data while qualitative protocol was used to analyse qualitative data. The overall percentage mean scores of correct responses in the questionnaire for schools W, X, Y and Z were 47.2%, 56.9%, 55.2% and 57.2% respectively, which indicated that participants in the study have limited knowledge of everyday English words, when used in a science context. There was no significant gender discrepancy in terms of performance. In-depth analysis of the results revealed that the underlying difficulties were as a result of participants’ relative levels of proficiency in the English language, lack of precision in the use of this language, misreading, and confusion in terms of the use of words. Furthermore, the results were consistent with earlier findings from other countries as reported by various authors. The findings will contribute to knowledge about effective classroom instruction and teacher education from the perspective of language in science. / Kulolu cwaningo, kuhlolwa izinselelo zokusebenzisa amagama asetshenziswa nsuku zonke welimi lwesiNgisi ekufundeni iSayensi ezikoleni zezinga lesibili, emalokishini wabantu abaNsundu empumalanga neGauteng. Kuvezwa ubunzima obuhlangabezana nezingane zesikole ekufundeni nokuthuthukisa umqondo weSayensi nesilulumagama. Uphenyo lwenziwe ezikoleni ezine zasemalokishini. Imibuzo yayiquketwe izinhla ezingamashumi amabili nanhlanu lapho obuzwayo ezikhethela impendulo ekuyiyo, kanye nesinga nhlolokhono yasetshenziwa ukuthola ulwazi oluningi mayelana nalolu phenyo. Izibalo ezichazayo zisetshenziswe ukuhlola ubuningi, kanye nobuqotho kulandelwa umgudu wocwaningo wolwazi olutholakele. Kuvelile emva kophenyo ukuthi izimpendulo ezishaye emhlolweni ngokwamaphesenti kuzikole W,X.Y kanye no Z ngu 47%, 56,9%, 55.2%, kanye 57.2% ngokulandelana kwazo. Lokhu kubonisa ukuthi, abantwana banolwazi oluncane kakhulu ekusebenziseni amagama wesiNgisi asentsheziswa nsukuzonke ukufunda iSayensi. Kubuye kwatholakala futhi nokuthi awukho umehluko ohlukanisa ngobulili babafundi ophawulekayo ngokusebenza kwamagama esiNgisi. Kuphinde kuvele futhi ngokuhlaziya okunzulu, ukuthi kukhona ukwentuleka kwekhono elimini lesiNgisi, nokuthi abafundi abakwazi ukusebenzisa amagama ngendlela eqondile, babuye bafunde ekungeyikho, kanye nokudideka uma besebenzisa amagama. Okunye futhi okuvelayo, yikuthi lemiphumela ihambisana ncamashi neminye imiphumela evela kwamanye amazwe njengoba kubikwe abalobi abahlukene. Lokhu okuvelayo kuzosiza ukulungisa ukufunda kanye nokuqeqesha othisha, mayelana nukufundisa iSayensi ngolwimi lwesiNgisi. / Hierdie studie, wat die uitdagings van alledaagse Engelstalige woorde in die leer van Fisiese Wetenskappe in sekondêre skole in informele woonbuurte in Gauteng-Oos verken, beklemtoon die uitdagings wat leerders teëkom in die leer en ontwikkeling van wetenskaplike begrippe en taalgebruik. Die studie is uitgevoer in vier sekondêre skole in informele woonbuurte. ‘n Vraelys bestaande uit 25 veelvuldige-keuse items, tesame met ‘n gedeeltelike-gestruktueerde onderhoudskedule, is gebruik om data in te versamel vir hierdie studie. Beskrywende statistiek is gebruik om kwantitatiewe data te ontleed, terwyl kwalitatiewe protokol aangewend is om kwalitatiewe data te ontleed. Die algehele persentasie gemiddeldes van korrekte response op die vraelys vir skole W, X, Y en Z was 47.2%, 56.9%, 55.2% en 57.2% onderskeidelik, wat aangedui het dat die deelnemers aan die studie beperkte kennis gehad het van alledaagse Engelstalige woorde om in ‘n wetenskaplike konteks te gebruik. Geen noemenswaardige geslagsongelykheid in terme van prestasie is bevind nie. Indiepte ontleding van die bevindinge toon dat die onderliggende uitdagings die resultaat van deelnemers se relatiewe vlakke van taalvaardigheid in Engels, ‘n gebrek aan presiesie in die gebruik van die taal, gebrekkige leesvaardigheid en verwarring rondom die gebruik van woorde weerspiëel. Die resultate was verder in lyn met vroeëre bevindinge van ander lande, soos deur verskeie outeurs gerapporteer. Die bevindinge sal bydra tot kennis rondom effektiewe klasonderrig en onderwysersopleiding uit die oogpunt van wetenskaplike taalgebruik. / Science and Technology Education / M. Ed. (Natural Science Education)

Page generated in 0.0265 seconds