• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Histories-pedagogiese evaluering van die onderwys van die Transvaalse plaasskool, 1938-1967 / Stephanus Salomon Barnard

Barnard, Stephanus Salomon January 1971 (has links)
Proefskrif--PU vir CHO
2

'n Histories-pedagogiese evaluering van die onderwys van die Transvaalse plaasskool, 1938-1967 / Stephanus Salomon Barnard

Barnard, Stephanus Salomon January 1971 (has links)
Proefskrif--PU vir CHO
3

Geletterdheidsintervensie en onderwysers se taal van onderrigpraktyke : aksienavorsing in plattelandse skole (Afrikaans)

Prinsloo, Yolanda 08 May 2013 (has links)
In Suid-Afrika verskil onderwysers en leerders se moedertaal dikwels van die taal van leer en onderrig (Engels in dié studie). Aangesien hoërskoolonderwysers as vakspesialiste opgelei is, het hulle onvoldoende kundigheid om leerders by te staan om kerngeletterdheidsvaardighede in Engels te verwerf. Hierdie verkennende studie by ʼn plattelandse hoërskool het ten doel gehad om te bepaal wat die invloed van ʼn geletterdheidsintervensie op onderwysers in ʼn plattelandse skool se taal van onderrigpraktyke is. Die deelnemende aksienavorsingstudie het ʼn konstruktivistiese paradigma gevolg en is teoreties gerig deur die sosiale leerteorie. ʼn Geletterdheidsintervensie is ontwikkel vanuit die fonetiese beginsel en is geïmplementeer met ses doelgerig geselekteerde hoërskoolonderwysers (n=6, mans=1, vroue=5) in ʼn gerieflikheidsgeselekteerde plattelandse hoërskool wat al geruime tyd deel vorm van ʼn langtermyn studie oor veerkragtigheid in plattelandse skole. Data van onderwysers se taal van onderrigpraktyke is voor en na afloop van die geletterdheidsintervensie ingesamel aan die hand van twee fokusgroeponderhoude met die deelnemende onderwysers, asook observasies in twee klaskamers. Observasiedata is gedokumenteer as veldnotas, visuele data en oudio-opnames. Fokusgroeponderhoude is verbatim getranskribeer. Al hierdie databronne is tematies geanaliseer en die volgende temas is geїdentifiseer: onderwysers se persepsie van Engelse geletterdheid as kernvaardigheid vir leerders, die plek van hulpbronne in niemoedertaalonderrigpraktyke (in Engels) in plattelandse skole, die effek van ʼn geletterdheidsintervensie op onderwysers se tweede taal onderrigpraktyke (in Engels) en die profiel van deelnemende plattelandse onderwysers. Leer en onderrig in ʼn plattelandse hoërskool word bemoeilik deur hoërskoolleerders se onvermoë om te lees, die leerplanvereiste vir die gebruik van ʼn addisionele taal (soos Engels) as taal van leer en onderrig, gebrekkige opleiding van hoërskoolonderwysers rakende die aanleer van kerngeletterdheidvaardighede, beperkte hulpbronne en geografiese isolasie wat dit moeilik maak om indiensopleidingsgeleenthede te benut, Alhoewel die deelnemende plattelandse hoërskool se onderwysers nie opgelei was om leerders geletterdheidsvaardighede te leer nie, het dit geblyk dat hierdie onderwysers wel (i) weet welke kerngeletterdheidskernvaardighede deur leerders benodig word, (ii) gretig is om opgelei te word en positief is oor geletterdheidsintervensies, en (iii) naburige skole en onderwysers betrek in sulke kapasiteitsontwikkeling. Verder het dit geblyk dat die deelnemende plattelandse hoërskoolonderwysers hulle taal van onderrig en leerpraktyke kon aanpas nadat hulle aan ʼn geletterdheidsintervensie deelgeneem het. In dié verband het die onderwysers die volgende spesifieke strategieë gebruik, naamlik fisiese hulpbronne as ondersteuning vir die aanleer van nuwe klanke; taalvermenging; betrek leerders by die aanbieding van lesse, byvoorbeeld deur dramatisering; die implementering van ʼn leesperiode; en ook die benutting van die skool se mediasentrum. Hierdie gewysigde taal van onderrig en leerpraktyke het moontlik ʼn positiewe effek gehad op leerders se selfvertroue om in Engels betrokke te wees tydens leersituasies; hulle akademiese persentasies (in Engels) het ook verbeter. Onderwysers se ingesteldheid jeens leerders se motivering om te leer het ook verander. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2012. / Educational Psychology / unrestricted
4

Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-Kaap

Plaatjies, Bernadictus O’Brain 01 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Leerders wat uit swak sosio-ekonomiese omstandighede kom, die sogenaamde milieu-geremde leerders, se prestasie in geletterdheid is dikwels baie swakker as diegene wat uit meer bevoorregte huise uit kom. Skryf, as ‘n kernaspek van geletterdheidsvaardighede, kan tereg beskou word as een van die ingewikkeldste vaardighede. Die bemeestering daarvan stel ‘n bykans onbereikbare eis aan die milieu-geremde leerder en kan grootliks toegeskryf word aan die leeragterstande wat sulke leerders ondervind. Die probleem word dikwels vererger deur ‘n gebrek aan opvoederbekwaamheid en die algemene afwesigheid van goeie onderwys waar hierdie leerders skoolgaan. Hoewel baie ingrypingsmaatreëls en strategieë deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) en ook die Departement van Basiese Onderwys (DBO) al van stapel gestuur is om die talle uitdagings rondom veral geletterdheidsprestasie hok te slaan, blyk dit dat ingrypings om leerders se skryfvaardighede te verbeter, dikwels afgeskeep word. Hierdie konstruktivistiese studie was daarop gemik om ‘n omvattende ondersoek te doen en die uitdagings wat milieu-geremde leerders ten opsigte van skryfvaardighede ondervind, op ‘n holistiese wyse binne die konteks van arm plattelandse skole aan te spreek. Hierdie kwalitatiewe ondersoek is uitgevoer by nege plattelandse skole in die Weskusdistrik van die Wes-Kaap. Taalopvoeders in die Intermediêre Fase is in die studie betrek. Die skole is geleë in woongebiede waar opsigtelike tekens van swak sosio-ekonomiese omstandighede voorkom, en gekies vanweë hulle status as skole in die laer kwintiele. Die teoretiese perspektiewe van Piaget, Vygotski, Bronfenbrenner en Bandura met hul fokus op sosiokulturele teorieë van leer, is bestudeer. Bepaalde strategieë en beginsels is vanuit hierdie perspektiewe met hierdie studie in verband gebring. Die bevordering van skryfvaardighede in die konstruktivistiese klaskamer is bestudeer met klem op Brian Cambourne (1934-) se invloedryke werk wat fokus op die voorwaardes vir leer en ook op die wyse waarop opvoeders ‘n klaskameretos kan skep om goeie skryfvaardighede te ontwikkel. Die konstruktivistiese beskouing het ook die dataversamelingsproses gerig en uit die data is temas en subtemas geïdentifiseer wat bespreek en ontleed is. Bevindinge in hierdie navorsing het getoon dat skryf ‘n ingewikkelde aktiwiteit vir beide opvoeders en leerders is en dat die onderrig en bevordering daarvan in vele opsigte te kort skiet. Opvoeders beskik oor beperkte kennis en begrip ten opsigte van die onderrig en assessering van skryfvaardighede. Die bevindinge toon ook dat min maatreëls in plek is om die eiesoortige eise wat milieu-geremde leerders stel, aan te spreek. Die studie het ook getoon dat die ouers van milieu-geremde leerders ‘n belangelose, apatiese houding teenoor hul skoolwerk openbaar. In ‘n neutedop kan gesê word dat hierdie studie getoon het daar beslis baie meer gedoen moet word om nie net die skryfvaardighede van milieu-geremde leerders by armer plattelandse skole te verbeter nie, maar dat daar ook indringend na oplossings gesoek moet word vir die talryke ander uitdagings wat milieu-geremde leerders by plattelandse skole ervaar. / The performance in literacy of learners hailing from poor socio-economic circumstances, the so-called environmentally deprived learners, is often much poorer than those from more advantaged homes. Writing, as a core aspect of literacy skills, can rightly be viewed as one of the most complicated skills. The mastering thereof puts an almost unattainable demand on the environmentally deprived learner. This situation is largely attributed to the learning deficit experienced by such learners. The problem is often exacerbated by a lack in educator proficiency and the general absence of good education where these learners go to school. Although many intervention measurements and strategies have been initiated by the Western Cape Education Department (WCED) and the Department of Basic Education (DBE) to inhibit the many challenges surrounding especially literacy performance, it would seem that interventions to improve learners’ writing ability is often neglected. This constructivist study was aimed at undertaking an encompassing investigation and to address the challenges that environmentally deprived learners experience in terms of writing skills in a holistic manner within the context of poor rural schools. This qualitative investigation was executed at nine rural schools in the West Coast district of the Western Cape. Language educators in the Intermediary Phase were involved in the study. The schools are situated in areas where there are visible signs of poor socio-economic circumstances, and chosen for their status as schools in the lower quintiles. The theoretic perspectives of Piaget, Vygotski, Bronfenbrenner and Bandura, with their focus on socio-cultural theories, were studied. Specific strategies and principles from these perspectives were aligned with this study. The promotion of writing skills in the constructivist classroom was studied, with a focus on the influential work of Brian Cambourne (1934-), which focuses on the conditions for learning and also the way in which educators can create a classroom ethos to develop good writing skills. The constructivist view also guided the data collection process and from the data themes and subthemes were identified that were discussed and analysed. Findings of this research has shown that writing is a complicated activity for both educators and learners and that the teaching and promotion thereof are lacking in many aspects. Educators have limited knowledge in respect of the teaching and assessment of writing skills. The findings also show that few measures are in place to address the unique demands made by environmentally deprived learners. The study has also shown that the parents of environmentally deprived learners display an uninterested, apathetic attitude towards their schoolwork. In a nutshell it can be said that this study has shown that there is indeed much to be done not only to improve the writing ability of environmentally deprived learners in poorer rural schools, but that solutions should also urgently be sought to the countless other challenges experienced by environmentally deprived learners in rural schools. / Curriculum and Instructional Studies / D. Ed. (Kurrikulumstudies)

Page generated in 0.0725 seconds