Spelling suggestions: "subject:"skryfvaardighede"" "subject:"skryfvaardighehe""
1 |
Koherensie in die argumentatiewe skryfwerk van eerstejaarstudente : 'n teksgebaseerde ondersoek / Zanétte MeintjesMeintjes, Zanétte January 2015 (has links)
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel maak in die primêre en sekondêre taalkurrikulums voorsiening vir die ontwikkeling en vaslegging van verskillende skryfvaardighede. Ten spyte hiervan blyk dit dat talle eerstejaarstudente met toetrede tot universiteit, nie oor die nodige vaardigheid beskik om tekste te skryf wat aan die gebruiklike konvensies en standaarde van ʼn akademiese diskoergemeenskap voldoen nie. Daarom gaan die navorser van hierdie studie uit van die standpunt dat universiteite ʼn voortgesette bydrae behoort te lewer in die verdere ontwikkeling van eerstejaarstudente se skryfvaardigheid ná hulle skoolopleiding, om hulle sodoende in staat te stel om effektief binne ʼn universiteitskonteks te kan kommunikeer.
In hierdie studie is ondersoek ingestel na die wyse waarop Afrikaanssprekende eerstejaarstudente konjunksiemerkers in hulle argumentatiewe skryfwerk gebruik. Daar is spesifiek gefokus op die eksplisiete gebruik van dertien konjunksiemerkerkategorieё en hulle onderskeie merkers wat oor al drie die dele (die inleiding, inhoudelike gedeelte en slot) van ʼn argument gebruik kan word, ten einde koherensie tussen al die komponente daarvan (stelling/gevolgtrekking, data, waarborg, ondersteuning, weerlegging en kwalifisering) te bewerkstellig. Die tipe argumentatiewe konjunksiemerkers wat deur die studiepopulasie gebruik is, die funksionele gepastheid daarvan, en die frekwensie van gebruik het onder die soeklig gekom. Vir die doel hiervan, is ʼn lys van tweehonderd ses-en-negentig (296) Afrikaanse argumentatiewe konjunksiemerkers saamgestel. Dit is saamgestel op grond van inligting wat uit die literatuur bekom is, sowel as ʼn handanalise van ʼn honderd argumentatiewe skryfstukke (Fase 1 van die empiriese ondersoek). Hierna is die merkers onder dertien argumentatiewe konjunksiemerkerkategorieë ingedeel en in ʼn analiseraamwerk opgeneem.
Die empiriese ondersoek het plaasgevind binne die bestek van korpuslinguistiek. ʼn Korpusgebaseerde navorsingsontwerp is gebruik, en daarom is die data eenmalig ingesamel. Die kwantitatiewe ontledingstegniek daarvan (met behulp van WordSmith Tools, weergawe 5) het as hooffokus van die ondersoek gedien (Fase 2 van die empiriese ondersoek). ʼn Leerderkorpus bestaande uit sewehonderd een-en-dertig argumentatiewe skryfstukke met ʼn woordtelling van 437 580 woorde is ontleed. Tydens die analise is die frekwensie van gebruik,
asook die funksionele en niefunksionele gebruik van die konjunksiemerkers vasgestel. Bo en behalwe hierdie analise is die skryfstukke ook deur drie onafhanklike nasieners aan die hand van ʼn analitiese nasienskema geëvalueer (Fase 3 van die empiriese ondersoek). Die data wat hieruit bekom is, is gebruik om statistiese verbande (deur middel van ʼn korrelasie-analise) te trek tussen die punte wat die nasieners toegeken het, en die data wat uit die hoofanalise bekom is (Fase 4 van die ondersoek). Deur hierdie analises kon vasgestel word of eerstejaarstudente se vaardigheid in die skryf van koherente argumente verder ontwikkel behoort te word, en indien wel, watter merkers onderrig moet word.
Die resultate van die empiriese ondersoek het getoon dat die studiepopulasie nie oor die nodige vaardigheid beskik het om al die argumentatiewe konjunksiemerkerkategorieё en hulle onderskeie merkers korrek te gebruik nie. Slegs een van die kategorieë (begronding/redegewend) en sy merkers het getoon dat verdere onderrig nie nodig is nie. Al die ander kategorieë behoort wel onderrig te word. Die studiepopulasie se gebruik van hierdie kategorieë kon nie koherensie oor al drie die dele van die argument, en tussen al die komponente daarvan bewerkstellig nie. Dit het verder ook geblyk dat slegs ʼn beperkte aantal van die konjunksiemerkers deur die studiepopulasie gebruik is. Die resultate van die korrelasie-analise (Fases 2 en 3) het getoon dat daar slegs matige verskille was in die gebruik van vier konjunksiemerkerkategorieё tussen die skrywers wat 65% en hoër, die wat tussen 50% en 64%, en diegene wat 49% en laer vir hulle skryfstukke ontvang het. Daar is dus bevind dat eerstejaarstudente se vaardigheid in die skryf van koherente argumentatiewe tekste ná hulle skoolopleiding steeds verder ontwikkel behoort te word. Daarom stel die navorser enkele voorbeelde van onderrigaktiwiteite voor wat vir hierdie doel gebruik kan word. / PhD (English), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
2 |

3 |
Ondersoek na onderrigpraktyke in skryfvaardighede aan milieu-geremde leerders by plattelandse skole in die Wes-KaapPlaatjies, Bernadictus O’Brain 01 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Leerders wat uit swak sosio-ekonomiese omstandighede kom, die sogenaamde milieu-geremde leerders, se prestasie in geletterdheid is dikwels baie swakker as diegene wat uit meer bevoorregte huise uit kom. Skryf, as ‘n kernaspek van geletterdheidsvaardighede, kan tereg beskou word as een van die ingewikkeldste vaardighede. Die bemeestering daarvan stel ‘n bykans onbereikbare eis aan die milieu-geremde leerder en kan grootliks toegeskryf word aan die leeragterstande wat sulke leerders ondervind. Die probleem word dikwels vererger deur ‘n gebrek aan opvoederbekwaamheid en die algemene afwesigheid van goeie onderwys waar hierdie leerders skoolgaan.
Hoewel baie ingrypingsmaatreëls en strategieë deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) en ook die Departement van Basiese Onderwys (DBO) al van stapel gestuur is om die talle uitdagings rondom veral geletterdheidsprestasie hok te slaan, blyk dit dat ingrypings om leerders se skryfvaardighede te verbeter, dikwels afgeskeep word. Hierdie konstruktivistiese studie was daarop gemik om ‘n omvattende ondersoek te doen en die uitdagings wat milieu-geremde leerders ten opsigte van skryfvaardighede ondervind, op ‘n holistiese wyse binne die konteks van arm plattelandse skole aan te spreek.
Hierdie kwalitatiewe ondersoek is uitgevoer by nege plattelandse skole in die Weskusdistrik van die Wes-Kaap. Taalopvoeders in die Intermediêre Fase is in die studie betrek. Die skole is geleë in woongebiede waar opsigtelike tekens van swak sosio-ekonomiese omstandighede voorkom, en gekies vanweë hulle status as skole in die laer kwintiele. Die teoretiese perspektiewe van Piaget, Vygotski, Bronfenbrenner en Bandura met hul fokus op sosiokulturele teorieë van leer, is bestudeer. Bepaalde strategieë en beginsels is vanuit hierdie perspektiewe met hierdie studie in verband gebring. Die bevordering van skryfvaardighede in die konstruktivistiese klaskamer is bestudeer met klem op Brian Cambourne (1934-) se invloedryke werk wat fokus op die voorwaardes vir leer en ook op die wyse waarop opvoeders ‘n klaskameretos kan skep om goeie skryfvaardighede te ontwikkel. Die konstruktivistiese beskouing het ook die dataversamelingsproses gerig en uit die data is temas en subtemas geïdentifiseer wat bespreek en ontleed is. Bevindinge in hierdie navorsing het getoon dat skryf ‘n ingewikkelde aktiwiteit vir beide opvoeders en leerders is en dat die onderrig en bevordering daarvan in vele opsigte te kort skiet. Opvoeders beskik oor beperkte kennis en begrip ten opsigte van die onderrig en assessering van skryfvaardighede. Die bevindinge toon ook dat min maatreëls in plek is om die eiesoortige eise wat milieu-geremde leerders stel, aan te spreek. Die studie het ook getoon dat die ouers van milieu-geremde leerders ‘n belangelose, apatiese houding teenoor hul skoolwerk openbaar.
In ‘n neutedop kan gesê word dat hierdie studie getoon het daar beslis baie meer gedoen moet word om nie net die skryfvaardighede van milieu-geremde leerders by armer plattelandse skole te verbeter nie, maar dat daar ook indringend na oplossings gesoek moet word vir die talryke ander uitdagings wat milieu-geremde leerders by plattelandse skole ervaar. / The performance in literacy of learners hailing from poor socio-economic circumstances, the so-called environmentally deprived learners, is often much poorer than those from more advantaged homes. Writing, as a core aspect of literacy skills, can rightly be viewed as one of the most complicated skills. The mastering thereof puts an almost unattainable demand on the environmentally deprived learner. This situation is largely attributed to the learning deficit experienced by such learners. The problem is often exacerbated by a lack in educator proficiency and the general absence of good education where these learners go to school.
Although many intervention measurements and strategies have been initiated by the Western Cape Education Department (WCED) and the Department of Basic Education (DBE) to inhibit the many challenges surrounding especially literacy performance, it would seem that interventions to improve learners’ writing ability is often neglected. This constructivist study was aimed at undertaking an encompassing investigation and to address the challenges that environmentally deprived learners experience in terms of writing skills in a holistic manner within the context of poor rural schools.
This qualitative investigation was executed at nine rural schools in the West Coast district of the Western Cape. Language educators in the Intermediary Phase were involved in the study. The schools are situated in areas where there are visible signs of poor socio-economic circumstances, and chosen for their status as schools in the lower quintiles. The theoretic perspectives of Piaget, Vygotski, Bronfenbrenner and Bandura, with their focus on socio-cultural theories, were studied. Specific strategies and principles from these perspectives were aligned with this study. The promotion of writing skills in the constructivist classroom was studied, with a focus on the influential work of Brian Cambourne (1934-), which focuses on the conditions for learning and also the way in which educators can create a classroom ethos to develop good writing skills. The constructivist view also guided the data collection process and from the data themes and subthemes were identified that were discussed and analysed. Findings of this research has shown that writing is a complicated activity for both educators and learners and that the teaching and promotion thereof are lacking in many aspects. Educators have limited knowledge in respect of the teaching and assessment of writing skills. The findings also show that few measures are in place to address the unique demands made by environmentally deprived learners. The study has also shown that the parents of environmentally deprived learners display an uninterested, apathetic attitude towards their schoolwork.
In a nutshell it can be said that this study has shown that there is indeed much to be done not only to improve the writing ability of environmentally deprived learners in poorer rural schools, but that solutions should also urgently be sought to the countless other challenges experienced by environmentally deprived learners in rural schools. / Curriculum and Instructional Studies / D. Ed. (Kurrikulumstudies)
|
Page generated in 0.0448 seconds