• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • Tagged with
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Sosiale kohesie en multikulturele eredienste : 'n ritueel-liturgiese evaluasie (Afrikaans)

Kleynhans, Suzanne Cicilia 25 April 2013 (has links)
Alhoewel dit hierdie jaar agtien jaar gelede is, nadat die Apartheidsisteem tot ‘n einde gekom het, kan die voetspore van verdeeldheid op grond van ras en etnisiteit tog nog gesien word in die Suid-Afrikaanse samelewing. Verskeie akademici erken wel dat die land ver gekom het in terme van versoening en sosiale kohesie, maar dat daar nog ‘n lang pad voorlê. Statistiek Suid-Afrika toon aan dat die Suid-Afrikaanse samelewing oorwegend religieus is, daarom is die navorser se vermoede dat die kerk ‘n groter rol kan en moet speel in terme van die bevordering van versoening en sosiale kohesie in Suid-Afrika. Die navorser stel dus ondersoek in na multikulturele liturgieë en of multikulturele eredienste as rolspelers in die bevordering van versoening en sosiale kohesie. Die vraagstelling van die navorsing is dus: Watter ritueel-liturgiese kwaliteite tydens multikulturele aanbidding kan ‘n positiewe en opbouende effek op sosiale kohesie en versoening in die huidige Suid-Afrikaanse konteks hê? Die navorser het die navorsingsvraag ondersoek deur middel van ‘n literatuurstudie in die veld van liturgie, antropologie en ook sosiologie. Die vraag is ook verder ondersoek deur middel van empiriese navorsing by drie verskillende multikulturele eredienste in Pretoria. Die volgende aspekte is deur die loop van die jaar nagevors: <ul> <li> Teologiese en sosiologiese interpretasie van die huidige sosiale konteks van Suid-Afrika – in hierdie gedeelte van die navorsing het die navorser gepoog om die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing vir die leser weer te gee. Daar is grotendeels gebruik gemaak van die Sensus 2001 om die demografiese gegewens van Suid-Afrika weer te gee. Verder is die samelewing ook ondersoek deur gebruik te maak van sentrale teoretiese begrippe naamlik vergifnis, versoening, sosiale transformasie, sosiale kohesie en sosiale identiteit.</li> <li> Die aard van multikultulturele eredienste en die waarde van simbole, rituele en seremonies – in hierdie hoofstuk word daar ondersoek ingestel na die teologie van multikulturele liturgieë. Eerstens word daar gekyk na die waarde van simbole, rituele en seremonies binne multikulturele eredienste. Daarna word die ontwikkeling van die liturgie soos beïnvloed deur kultuur in breë trekke beskryf. Die essensie van aanbidding word ook op die tafel geplaas. Laastens word ‘n voorlopige teologie van multikulturele eredienste saamgestel uit die literatuurstudie.</li> <li> Gedetailleerde beskrywing van drie onderskeie eredienste – die drie multikulturele eredienste word in die fynste detail beskryf na aanleiding van wat voor, tydens en na die erediens gebeur. Die struktuur van die kerkgebou asook die liturgiese ruimte word in detail weer gegee.</li> <li> Empiriese navorsingsdata (fokusgroepe) analise – die navorser het onderhoude gevoer met gekose kandidate wat gereeld die onderskeie multikulturele eredienste bywoon om verdere kennis aangaande mense se belewenis van die eredienste in te samel.</li></ul> Die gevolgtrekking van die navorsing vind dan neerslag in die voorlopige teorie van multikulturele eredienste wat versoening en sosiale kohesie bevorder. ENGLISH : Although 2012 marks eighteen years since the demise of Apartheid, traces of division based on race and ethnicity can still be witnessed in the South African society. Several academics acknowledge that the country has made good progress with regards to reconciliation and social cohesion but that there is still a lot of work to be done. Statistics South Africa show that the majority of the South African society are religious. The researcher therefore supposes that the church can play a greater role in the promotion and strengthening of reconciliation and social cohesion. The research question are therefore as follows: Which ritual-liturgical qualities during multicultural worship can have a positive and edifying effect on social cohesion and reconciliation in the current South African context? The researcher has investigated this research question through a literature study in the fields of liturgy, anthropology and sociology. The research question was furthermore investigated through means of empirical research at three different multicultural worship services in Pretoria. The following aspects were studied throughout this year: <ul> <li> Theological and sociological interpretations of the current social context in South Africa – in this part of the research the researcher focused on providing the reader with a reflection on the current context in South Africa. The researcher primarily made use of the South African Census of 2001 to present the demographic information of the country. The society was also investigated by making use of a number of central concepts including forgiveness, reconciliation, social transformation, social cohesion and social identity.</li> <li> The nature of multicultural worship and the value of symbols, rituals and ceremonies – in this chapter multicultural liturgies are investigated. Firstly the researcher looks at the value of symbols, rituals and ceremonies in multicultural worship services. The development of liturgy as it was influenced by culture are discussed in broad terms. The essence of worship is also touched upon. Lastly a preliminary theology of multicultural worship services are developed based on the literature study.</li> <li> A detailed description of the three different worship services – the three multicultural worship services are descibed in as much detail as possible based on what happens before, during and after the worship service. The physical structure of the church building as well as a desciption of the liturgical space is also presented.</li> <li> Analysis of the empirical data (focus groups) – the researcher conducted interviews with selected candidates who attend the different multicultural worship services regularly in order to gain more knowledge about their experiences of the worship services.</li></ul> The conclusion of the research can then be found in the preliminary theory of multicultural worship services that promotes reconcilation and social cohesion. / Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2012. / Practical Theology / unrestricted
2

Koherensie in die argumentatiewe skryfwerk van eerstejaarstudente : 'n teksgebaseerde ondersoek / Zanétte Meintjes

Meintjes, Zanétte January 2015 (has links)
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel maak in die primêre en sekondêre taalkurrikulums voorsiening vir die ontwikkeling en vaslegging van verskillende skryfvaardighede. Ten spyte hiervan blyk dit dat talle eerstejaarstudente met toetrede tot universiteit, nie oor die nodige vaardigheid beskik om tekste te skryf wat aan die gebruiklike konvensies en standaarde van ʼn akademiese diskoergemeenskap voldoen nie. Daarom gaan die navorser van hierdie studie uit van die standpunt dat universiteite ʼn voortgesette bydrae behoort te lewer in die verdere ontwikkeling van eerstejaarstudente se skryfvaardigheid ná hulle skoolopleiding, om hulle sodoende in staat te stel om effektief binne ʼn universiteitskonteks te kan kommunikeer. In hierdie studie is ondersoek ingestel na die wyse waarop Afrikaanssprekende eerstejaarstudente konjunksiemerkers in hulle argumentatiewe skryfwerk gebruik. Daar is spesifiek gefokus op die eksplisiete gebruik van dertien konjunksiemerkerkategorieё en hulle onderskeie merkers wat oor al drie die dele (die inleiding, inhoudelike gedeelte en slot) van ʼn argument gebruik kan word, ten einde koherensie tussen al die komponente daarvan (stelling/gevolgtrekking, data, waarborg, ondersteuning, weerlegging en kwalifisering) te bewerkstellig. Die tipe argumentatiewe konjunksiemerkers wat deur die studiepopulasie gebruik is, die funksionele gepastheid daarvan, en die frekwensie van gebruik het onder die soeklig gekom. Vir die doel hiervan, is ʼn lys van tweehonderd ses-en-negentig (296) Afrikaanse argumentatiewe konjunksiemerkers saamgestel. Dit is saamgestel op grond van inligting wat uit die literatuur bekom is, sowel as ʼn handanalise van ʼn honderd argumentatiewe skryfstukke (Fase 1 van die empiriese ondersoek). Hierna is die merkers onder dertien argumentatiewe konjunksiemerkerkategorieë ingedeel en in ʼn analiseraamwerk opgeneem. Die empiriese ondersoek het plaasgevind binne die bestek van korpuslinguistiek. ʼn Korpusgebaseerde navorsingsontwerp is gebruik, en daarom is die data eenmalig ingesamel. Die kwantitatiewe ontledingstegniek daarvan (met behulp van WordSmith Tools, weergawe 5) het as hooffokus van die ondersoek gedien (Fase 2 van die empiriese ondersoek). ʼn Leerderkorpus bestaande uit sewehonderd een-en-dertig argumentatiewe skryfstukke met ʼn woordtelling van 437 580 woorde is ontleed. Tydens die analise is die frekwensie van gebruik, asook die funksionele en niefunksionele gebruik van die konjunksiemerkers vasgestel. Bo en behalwe hierdie analise is die skryfstukke ook deur drie onafhanklike nasieners aan die hand van ʼn analitiese nasienskema geëvalueer (Fase 3 van die empiriese ondersoek). Die data wat hieruit bekom is, is gebruik om statistiese verbande (deur middel van ʼn korrelasie-analise) te trek tussen die punte wat die nasieners toegeken het, en die data wat uit die hoofanalise bekom is (Fase 4 van die ondersoek). Deur hierdie analises kon vasgestel word of eerstejaarstudente se vaardigheid in die skryf van koherente argumente verder ontwikkel behoort te word, en indien wel, watter merkers onderrig moet word. Die resultate van die empiriese ondersoek het getoon dat die studiepopulasie nie oor die nodige vaardigheid beskik het om al die argumentatiewe konjunksiemerkerkategorieё en hulle onderskeie merkers korrek te gebruik nie. Slegs een van die kategorieë (begronding/redegewend) en sy merkers het getoon dat verdere onderrig nie nodig is nie. Al die ander kategorieë behoort wel onderrig te word. Die studiepopulasie se gebruik van hierdie kategorieë kon nie koherensie oor al drie die dele van die argument, en tussen al die komponente daarvan bewerkstellig nie. Dit het verder ook geblyk dat slegs ʼn beperkte aantal van die konjunksiemerkers deur die studiepopulasie gebruik is. Die resultate van die korrelasie-analise (Fases 2 en 3) het getoon dat daar slegs matige verskille was in die gebruik van vier konjunksiemerkerkategorieё tussen die skrywers wat 65% en hoër, die wat tussen 50% en 64%, en diegene wat 49% en laer vir hulle skryfstukke ontvang het. Daar is dus bevind dat eerstejaarstudente se vaardigheid in die skryf van koherente argumentatiewe tekste ná hulle skoolopleiding steeds verder ontwikkel behoort te word. Daarom stel die navorser enkele voorbeelde van onderrigaktiwiteite voor wat vir hierdie doel gebruik kan word. / PhD (English), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
3

Page generated in 0.0465 seconds