• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 6
  • 2
  • Tagged with
  • 11
  • 9
  • 8
  • 6
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Koherensie in die argumentatiewe skryfwerk van eerstejaarstudente : 'n teksgebaseerde ondersoek / Zanétte Meintjes

Meintjes, Zanétte January 2015 (has links)
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel maak in die primêre en sekondêre taalkurrikulums voorsiening vir die ontwikkeling en vaslegging van verskillende skryfvaardighede. Ten spyte hiervan blyk dit dat talle eerstejaarstudente met toetrede tot universiteit, nie oor die nodige vaardigheid beskik om tekste te skryf wat aan die gebruiklike konvensies en standaarde van ʼn akademiese diskoergemeenskap voldoen nie. Daarom gaan die navorser van hierdie studie uit van die standpunt dat universiteite ʼn voortgesette bydrae behoort te lewer in die verdere ontwikkeling van eerstejaarstudente se skryfvaardigheid ná hulle skoolopleiding, om hulle sodoende in staat te stel om effektief binne ʼn universiteitskonteks te kan kommunikeer. In hierdie studie is ondersoek ingestel na die wyse waarop Afrikaanssprekende eerstejaarstudente konjunksiemerkers in hulle argumentatiewe skryfwerk gebruik. Daar is spesifiek gefokus op die eksplisiete gebruik van dertien konjunksiemerkerkategorieё en hulle onderskeie merkers wat oor al drie die dele (die inleiding, inhoudelike gedeelte en slot) van ʼn argument gebruik kan word, ten einde koherensie tussen al die komponente daarvan (stelling/gevolgtrekking, data, waarborg, ondersteuning, weerlegging en kwalifisering) te bewerkstellig. Die tipe argumentatiewe konjunksiemerkers wat deur die studiepopulasie gebruik is, die funksionele gepastheid daarvan, en die frekwensie van gebruik het onder die soeklig gekom. Vir die doel hiervan, is ʼn lys van tweehonderd ses-en-negentig (296) Afrikaanse argumentatiewe konjunksiemerkers saamgestel. Dit is saamgestel op grond van inligting wat uit die literatuur bekom is, sowel as ʼn handanalise van ʼn honderd argumentatiewe skryfstukke (Fase 1 van die empiriese ondersoek). Hierna is die merkers onder dertien argumentatiewe konjunksiemerkerkategorieë ingedeel en in ʼn analiseraamwerk opgeneem. Die empiriese ondersoek het plaasgevind binne die bestek van korpuslinguistiek. ʼn Korpusgebaseerde navorsingsontwerp is gebruik, en daarom is die data eenmalig ingesamel. Die kwantitatiewe ontledingstegniek daarvan (met behulp van WordSmith Tools, weergawe 5) het as hooffokus van die ondersoek gedien (Fase 2 van die empiriese ondersoek). ʼn Leerderkorpus bestaande uit sewehonderd een-en-dertig argumentatiewe skryfstukke met ʼn woordtelling van 437 580 woorde is ontleed. Tydens die analise is die frekwensie van gebruik, asook die funksionele en niefunksionele gebruik van die konjunksiemerkers vasgestel. Bo en behalwe hierdie analise is die skryfstukke ook deur drie onafhanklike nasieners aan die hand van ʼn analitiese nasienskema geëvalueer (Fase 3 van die empiriese ondersoek). Die data wat hieruit bekom is, is gebruik om statistiese verbande (deur middel van ʼn korrelasie-analise) te trek tussen die punte wat die nasieners toegeken het, en die data wat uit die hoofanalise bekom is (Fase 4 van die ondersoek). Deur hierdie analises kon vasgestel word of eerstejaarstudente se vaardigheid in die skryf van koherente argumente verder ontwikkel behoort te word, en indien wel, watter merkers onderrig moet word. Die resultate van die empiriese ondersoek het getoon dat die studiepopulasie nie oor die nodige vaardigheid beskik het om al die argumentatiewe konjunksiemerkerkategorieё en hulle onderskeie merkers korrek te gebruik nie. Slegs een van die kategorieë (begronding/redegewend) en sy merkers het getoon dat verdere onderrig nie nodig is nie. Al die ander kategorieë behoort wel onderrig te word. Die studiepopulasie se gebruik van hierdie kategorieë kon nie koherensie oor al drie die dele van die argument, en tussen al die komponente daarvan bewerkstellig nie. Dit het verder ook geblyk dat slegs ʼn beperkte aantal van die konjunksiemerkers deur die studiepopulasie gebruik is. Die resultate van die korrelasie-analise (Fases 2 en 3) het getoon dat daar slegs matige verskille was in die gebruik van vier konjunksiemerkerkategorieё tussen die skrywers wat 65% en hoër, die wat tussen 50% en 64%, en diegene wat 49% en laer vir hulle skryfstukke ontvang het. Daar is dus bevind dat eerstejaarstudente se vaardigheid in die skryf van koherente argumentatiewe tekste ná hulle skoolopleiding steeds verder ontwikkel behoort te word. Daarom stel die navorser enkele voorbeelde van onderrigaktiwiteite voor wat vir hierdie doel gebruik kan word. / PhD (English), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Die verwantskap van sin vir koherensie met werkstres, algemene gesondheid en sielkundige uitbranding by bestuurders

Diedericks, J. C. 11 June 2014 (has links)
Geen opsomming beskikbaar nie / No summary available / Industrial & Organisational Psychology / M. Com. (Industrial and Organisational Psychology)
4

Die verwantskap van sin vir koherensie met werkstres, algemene gesondheid en sielkundige uitbranding by bestuurders

Diedericks, Johanna Catharina 11 1900 (has links)
Die studie foku.s op die verwantskap tussen sin vir koherensie as 'n intrinsieke hanteringsbron aan die een kant, en elk van streshantering, algemene gesondheid en sielkundige uitbranding aan die antler kant. Vraelyste wat hierdie veranderlikes meet is aan 200 bestuurders gegee om te voltooi. Die bevindinge van hierdie studie toon aan dat bestuurders met 'n hoi! sin vir koherensie goeie algemene gesondheid geniet. Die bestuurder met 'n hoi! sin vir koherensie behoon dus meer e.ffektief te junksioneer in die werksiruasie as die bestuurder met 'n lae sin vir koherensie. Voons is ook bevind dar 'n hoi! sin vir koherensie nie noodwendig aanleiding gee tot lae vlakke van stres of van sielkundige uitbranding nie. Aanbevelings word gedoen oor hoe om die negatiewe gevolge van stres en sielkundige uitbranding te venninder en algemene gesondheid te bevorder, ten einde die bestuurder se potensiaal optimaal benut. This study focuses on the relationship between sense of coherence as an intrinsic coping mechanism. and work stress, general health and psychological burnout. To measure these variables, questionnaires were completed by 200 managers. The findings of this study indicate that managers with a high sense of coherence experience good general health. The manager with a high sense of coherence should therefore junction more efficiently in a work situation·than the manager with a low sense of coherence. It was also found that a high sense of coherence does not necessarily lead to low levels of stress nor of psychological burnout. Recommendations are made on how to reduce the negative effects of stress and psychological burnout and how to improve general health in order to make optimal use of the manager's potential. / Industrial and Organisational Psychology / M. Com. (Industrial and Organisational Psychology)
5

Ouderdom en geslag as veranderlikes in die salutogenese paradigma / Age and gender as variables in the salutogenesis paradigm

Wilmans, Luna Jean 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie navorsing handel oor ouderdom en geslag as veranderlikes in die salutogenese paradigma. Die salutogenese paradigma het sy ontstaan en ontwikkeling aan verskeie navorsingsperspektiewe te danke. Daar is reeds op internasionale gebied breedvoerig navorsing oor hierdie paradigma gedoen. In die Suid-Afrika is die navorsing van Strumpfer en Wissing goed bekend. In hierdie navorsing is daar deur middel van faktorontleding gepoog om die onderliggende dimensies van die konstrukte gevoel van koherensie en geharde persoonlikheid bloot te le. Daar is onderskeidelik twee duidelike faktore vir beide konstrukte bepaal. Die faktore op die Lewensorientasievraelys (OLQ) het noue ooreenstemming getoon met die komponente betekenisvolheid en hanteerbaarheid (OLQ1 ), en verstaanbaarheid (OLQ2) soos deur Antonovsky (1987) bespreek. Die faktore op die "Personal Views Survey" (PVS) het ooreenstemming getoon met die komponente verbintenis en beheer (PVS1) en uitdaging (PVS2), soos deur Kobasa (1979) daargestel. Hierdie navorsingsresultate toon verder dat ouderdom wel die mate van gevoel van koherensie wat 'n individu mag ervaar, kan be"invloed. Alhoewel geslag in 'n mindere mate 'n invloed op die mate van gevoel van koherensie getoon het, behoort geslag (in perspektief van die totale steekproef beskou) nie 'n bepalende invloed uit te oefen nie. In terme van die mate van geharde persoonlikheid wat 'n individu mag ervaar, het ouderdom en geslag geen invloed getoon nie. Daar is ook geen interaksie-effek tussen ouderdom en geslag en die onderskeie konstrukte vasgestel nie. / This research project deals with age and gender as variables in the salutogenesis paradigm. The salutogenesis paradigm owes its origin and development to various research projects. Research in the international field has already been done on this paradigm on a wide sphere. The research of Strumpfer and Wissing is well known in South Africa. In this area of research an attempt is made through the analysis of factors to expose the underlying dimensions of the construct sense of coherence and the construct hardy personality. Two certain factors for both constructs have been indicated. The factors influencing the Orientation to Life Questionnaire indicated a close resemblance with the components of meaningfulness and manageability (OLQ1), and comprehensibility (OLQ2), discussed by Antonovsky (1987). The factors of the Personal Views Survey (PVS) demonstrated a similarity with the components commitment and control (PVS 1) and challenge (PVS2), as stated by Kobasa (1979). The results of this research demonstrates that age may well influence the measure of the sense of coherence which an individual may experience. Although gender indicated a minor measure of influence on the degree of sense of coherence, gender should not (in perspective of this research findings) have a deciding influence. Age and gender indicated no deciding influence in the measure of hardy personality experienced by an individual. Age and gender did not manifest any interaction in the various constructs. / Industrial and Organisational Psychology / M. Com. (Bedryfsielkunde)
6

Workplace bullying of South African employees : prevalence and the relationship with sense of coherence and diversity experiences / Leanri Cunniff

Cunniff, Leanri January 2011 (has links)
Workplace bullying is creating negative physical and psychological effects on employees and has a serious impact on the organisations’ bottom line. Workplace bullying has been related to excessive absenteeism, high employee turnover and hostile work environments. However, no recent studies on the prevalence of workplace bullying in the South African context are available. This is important because of the multicultural, multiracial composition of the South African workforce, and socio–demographic factors such as race, gender, age, education level and type of industry should be investigated to determine if differences exist with regard to the experience of workplace bullying. The personality resource, sense of coherence, should add an important element to this study, as the results could offer an important indicator for managers to change the employee’s environment in order to render the stimuli to which they are exposed more understandable, significant and manageable. In South Africa, diversity, multiculturalism, affirmative action and equal employment opportunity are words in common currency in a newly democratic country. Literature suggests that if diversity within African organisations is positively experienced, it could enhance harmony and effectiveness within that organisation. The objectives of this study were to 1) determine the relationship between workplace bullying, socio–demographic characteristics, sense of coherence and diversity experiences according to the literature; 2) to determine how frequently employees in South Africa experience acts of workplace bullying; 3) to determine if there are significant differences between socio–demographic groups (including race, gender, age, education and industry) with regards to workplace bullying; 4) to determine if there are significant differences between the different types of bullying (direct, indirect, supervisor and colleague bullying) with regards to sense of coherence; and 5) to determine if there are significant differences between the different types of bullying (direct, indirect, supervisor and colleague bullying) with regard to diversity experiences. An availability sample (N = 13 911) was utilised to determine the prevalence of workplace bullying in a sample of South African employees. Frequencies were used to determine the prevalence of workplace bullying for the total sample and MANOVA was used to determine differences between the groups. The results indicated that workplace bullying is a prevalent problem in South Africa, as people experience frequent overall bullying (4% reported being often bullied; 31,1% reported being always bullied). On the socio–demographic characteristics, Blacks experienced a higher level of workplace bullying in comparison with the other race groups, and men and women experience statistically significant differences with regards to workplace bullying. It was evident that older employees experience statistically significantly lower levels of bullying, and a statistically significant difference between those employees with a secondary and tertiary education was found. It seems that the highest levels of direct bullying by supervisors occurred in the government industry, followed by the mining industry. Individuals with a higher SOC experienced lower levels of bullying compared to individuals with a lower SOC. Statistically significant differences were found on all bullying dimensions with regards to diversity experiences. Recommendations were made for future research and organisations. / Thesis (M.Com. (Industrial Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
7

8

Ouderdom en geslag as veranderlikes in die salutogenese paradigma / Age and gender as variables in the salutogenesis paradigm

Wilmans, Luna Jean 11 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie navorsing handel oor ouderdom en geslag as veranderlikes in die salutogenese paradigma. Die salutogenese paradigma het sy ontstaan en ontwikkeling aan verskeie navorsingsperspektiewe te danke. Daar is reeds op internasionale gebied breedvoerig navorsing oor hierdie paradigma gedoen. In die Suid-Afrika is die navorsing van Strumpfer en Wissing goed bekend. In hierdie navorsing is daar deur middel van faktorontleding gepoog om die onderliggende dimensies van die konstrukte gevoel van koherensie en geharde persoonlikheid bloot te le. Daar is onderskeidelik twee duidelike faktore vir beide konstrukte bepaal. Die faktore op die Lewensorientasievraelys (OLQ) het noue ooreenstemming getoon met die komponente betekenisvolheid en hanteerbaarheid (OLQ1 ), en verstaanbaarheid (OLQ2) soos deur Antonovsky (1987) bespreek. Die faktore op die "Personal Views Survey" (PVS) het ooreenstemming getoon met die komponente verbintenis en beheer (PVS1) en uitdaging (PVS2), soos deur Kobasa (1979) daargestel. Hierdie navorsingsresultate toon verder dat ouderdom wel die mate van gevoel van koherensie wat 'n individu mag ervaar, kan be"invloed. Alhoewel geslag in 'n mindere mate 'n invloed op die mate van gevoel van koherensie getoon het, behoort geslag (in perspektief van die totale steekproef beskou) nie 'n bepalende invloed uit te oefen nie. In terme van die mate van geharde persoonlikheid wat 'n individu mag ervaar, het ouderdom en geslag geen invloed getoon nie. Daar is ook geen interaksie-effek tussen ouderdom en geslag en die onderskeie konstrukte vasgestel nie. / This research project deals with age and gender as variables in the salutogenesis paradigm. The salutogenesis paradigm owes its origin and development to various research projects. Research in the international field has already been done on this paradigm on a wide sphere. The research of Strumpfer and Wissing is well known in South Africa. In this area of research an attempt is made through the analysis of factors to expose the underlying dimensions of the construct sense of coherence and the construct hardy personality. Two certain factors for both constructs have been indicated. The factors influencing the Orientation to Life Questionnaire indicated a close resemblance with the components of meaningfulness and manageability (OLQ1), and comprehensibility (OLQ2), discussed by Antonovsky (1987). The factors of the Personal Views Survey (PVS) demonstrated a similarity with the components commitment and control (PVS 1) and challenge (PVS2), as stated by Kobasa (1979). The results of this research demonstrates that age may well influence the measure of the sense of coherence which an individual may experience. Although gender indicated a minor measure of influence on the degree of sense of coherence, gender should not (in perspective of this research findings) have a deciding influence. Age and gender indicated no deciding influence in the measure of hardy personality experienced by an individual. Age and gender did not manifest any interaction in the various constructs. / Industrial and Organisational Psychology / M. Com. (Bedryfsielkunde)
9

Psigometriese ondersoek na psigologiese optimaliteit

Visser, Chrisna 06 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Hierdie ondersoek handel oor die psigometriese verwantskappe tussen verskeie konseptualiserings van psigologiese optimaliteit. Die konsepte selfaktualisering (vanuit 'n humanistiese raamwerk), gevoel van koherensie en aangeleerde vernuftigheid (vanuit 'n behavioristiese en salutogenesis paradigma) is vir die doeleindes van hierdie ondersoek gekies. Die gekose meetinstrumente, naamlik die Persoonlike Orientasievraelys vir selfaktualisering, die Lewensorientasievraelys vir gevoel van koherensie en die Selfkontroleskedule vir aangeleerde vernuftigheid, is op 'n steekproef van 200 middelvlakbestuurders in 'n semi-staatsdiensorganisasie afgeneem. Pearsonkorrelasiekoeffisiente is bereken en 'n faktorontleding is gedoen. Daar is verskeie beduidende korrelasies verkry tussen die subskale van die Persoonlike Orientasievraelys en die Lewensorientasievraelys, maar slegs enkele beduidende korrelasies tussen die Persoonlike Orientasievraelys en die Selfkontroleskedule. Die Lewensorientasievraelys en die Selfkontroleskedule het egter beduidend gekorreleer. Die faktorontleding het getoon dat selfaktualisering aan die een kant, en gevoel van koherensie en aangeleerde vernuftigheid aan die ander kant as twee verskillende konstrukte van psigologiese optimaliteit beskou kan word. / The relationships between various conceptualisations of psychological optimisation are investigated. The concepts of self-actualisation (from a humanistic paradigm), sense of coherence and learned resourcefulness (from a salutogenesis paradigm) are relevant. The measuring instruments were the Personal Orientation Inventory (POl), the Orientation to Life Questionnaire (OLQ) and the Self Control Schedule (SCS). They were administered by means of random sampling of 200 middle level managers in a semi-government organisation. Pearson correlation coefficients were calculated and a factor analysis was done. Several significant correlations were obtained between the subscales of the POl and the OLQ, but limited correlations were found between the POl and the SCS. However, significant correlations between the OLQ and the SCS were apparent. The factor analysis demonstrated that self-actualisation on the one hand and sense of coherence as well as learned resourcefulness on the other hand may be regarded as two seperate constructs of psychological optimisation. / Industrial and Organisational Psychology / Thesis (M.Com.)--Universiteit van Suid Afrika, 1994.
10

Page generated in 0.0379 seconds