Spelling suggestions: "subject:"akademiese diskoergemeenskap"" "subject:"akademiese diskursgemenskap""
1 |
Koherensie in die argumentatiewe skryfwerk van eerstejaarstudente : 'n teksgebaseerde ondersoek / Zanétte MeintjesMeintjes, Zanétte January 2015 (has links)
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel maak in die primêre en sekondêre taalkurrikulums voorsiening vir die ontwikkeling en vaslegging van verskillende skryfvaardighede. Ten spyte hiervan blyk dit dat talle eerstejaarstudente met toetrede tot universiteit, nie oor die nodige vaardigheid beskik om tekste te skryf wat aan die gebruiklike konvensies en standaarde van ʼn akademiese diskoergemeenskap voldoen nie. Daarom gaan die navorser van hierdie studie uit van die standpunt dat universiteite ʼn voortgesette bydrae behoort te lewer in die verdere ontwikkeling van eerstejaarstudente se skryfvaardigheid ná hulle skoolopleiding, om hulle sodoende in staat te stel om effektief binne ʼn universiteitskonteks te kan kommunikeer.
In hierdie studie is ondersoek ingestel na die wyse waarop Afrikaanssprekende eerstejaarstudente konjunksiemerkers in hulle argumentatiewe skryfwerk gebruik. Daar is spesifiek gefokus op die eksplisiete gebruik van dertien konjunksiemerkerkategorieё en hulle onderskeie merkers wat oor al drie die dele (die inleiding, inhoudelike gedeelte en slot) van ʼn argument gebruik kan word, ten einde koherensie tussen al die komponente daarvan (stelling/gevolgtrekking, data, waarborg, ondersteuning, weerlegging en kwalifisering) te bewerkstellig. Die tipe argumentatiewe konjunksiemerkers wat deur die studiepopulasie gebruik is, die funksionele gepastheid daarvan, en die frekwensie van gebruik het onder die soeklig gekom. Vir die doel hiervan, is ʼn lys van tweehonderd ses-en-negentig (296) Afrikaanse argumentatiewe konjunksiemerkers saamgestel. Dit is saamgestel op grond van inligting wat uit die literatuur bekom is, sowel as ʼn handanalise van ʼn honderd argumentatiewe skryfstukke (Fase 1 van die empiriese ondersoek). Hierna is die merkers onder dertien argumentatiewe konjunksiemerkerkategorieë ingedeel en in ʼn analiseraamwerk opgeneem.
Die empiriese ondersoek het plaasgevind binne die bestek van korpuslinguistiek. ʼn Korpusgebaseerde navorsingsontwerp is gebruik, en daarom is die data eenmalig ingesamel. Die kwantitatiewe ontledingstegniek daarvan (met behulp van WordSmith Tools, weergawe 5) het as hooffokus van die ondersoek gedien (Fase 2 van die empiriese ondersoek). ʼn Leerderkorpus bestaande uit sewehonderd een-en-dertig argumentatiewe skryfstukke met ʼn woordtelling van 437 580 woorde is ontleed. Tydens die analise is die frekwensie van gebruik,
asook die funksionele en niefunksionele gebruik van die konjunksiemerkers vasgestel. Bo en behalwe hierdie analise is die skryfstukke ook deur drie onafhanklike nasieners aan die hand van ʼn analitiese nasienskema geëvalueer (Fase 3 van die empiriese ondersoek). Die data wat hieruit bekom is, is gebruik om statistiese verbande (deur middel van ʼn korrelasie-analise) te trek tussen die punte wat die nasieners toegeken het, en die data wat uit die hoofanalise bekom is (Fase 4 van die ondersoek). Deur hierdie analises kon vasgestel word of eerstejaarstudente se vaardigheid in die skryf van koherente argumente verder ontwikkel behoort te word, en indien wel, watter merkers onderrig moet word.
Die resultate van die empiriese ondersoek het getoon dat die studiepopulasie nie oor die nodige vaardigheid beskik het om al die argumentatiewe konjunksiemerkerkategorieё en hulle onderskeie merkers korrek te gebruik nie. Slegs een van die kategorieë (begronding/redegewend) en sy merkers het getoon dat verdere onderrig nie nodig is nie. Al die ander kategorieë behoort wel onderrig te word. Die studiepopulasie se gebruik van hierdie kategorieë kon nie koherensie oor al drie die dele van die argument, en tussen al die komponente daarvan bewerkstellig nie. Dit het verder ook geblyk dat slegs ʼn beperkte aantal van die konjunksiemerkers deur die studiepopulasie gebruik is. Die resultate van die korrelasie-analise (Fases 2 en 3) het getoon dat daar slegs matige verskille was in die gebruik van vier konjunksiemerkerkategorieё tussen die skrywers wat 65% en hoër, die wat tussen 50% en 64%, en diegene wat 49% en laer vir hulle skryfstukke ontvang het. Daar is dus bevind dat eerstejaarstudente se vaardigheid in die skryf van koherente argumentatiewe tekste ná hulle skoolopleiding steeds verder ontwikkel behoort te word. Daarom stel die navorser enkele voorbeelde van onderrigaktiwiteite voor wat vir hierdie doel gebruik kan word. / PhD (English), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
|
2 |

Page generated in 0.0797 seconds