• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 6
  • 5
  • 4
  • 2
  • Tagged with
  • 28
  • 24
  • 9
  • 8
  • 7
  • 7
  • 7
  • 7
  • 6
  • 6
  • 6
  • 6
  • 5
  • 5
  • 5
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Holistiese perspektief op die missio Dei : 'n evaluering van die sendingwerk van die Christelijke Gereformeerde Kerken in KwaNdebele (RSA) / Andre Jansen

Jansen, Andre January 2015 (has links)
Gedurende die afgelope 50 jaar het rolspelers in Sendingwetenskap binne die Evangeliese en Reformatoriese tradisie steeds meer oortuig geraak dat Skrifgetroue sendingwerk ’n integrasie moet behels van teologiese visie en suiwer toegepaste Woordverkondiging waarin die kern van die evangelie steeds sentraal bly. Hierby geld dade van liefde, die najaag van geregtigheid en verligting van armoede asook vermindering van lyding om die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus prakties te maak. Deur God se genade was die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland se sendingwerk in die KwaNdebele-omgewing in Suid-Afrika ’n belangrike instrument in die uitbreiding van God se koninkryk. Die huidige studie evalueer die integrasie van Woord en daad in hierdie kerke se sendingwerk binne die genoemde gebied in die lig van die missio Dei-motief. Hieruit kan belangrike insigte verwerf en ’n bydrae gelewer word tot Missiologie en Skrifgetroue sendingwerk in die Reformatoriese tradisie uit te bou. Die doel is om 'n model vir integrale sending binne ʼn missio Dei-perspektief daar te stel deur Bybelse beginsels en praktiese lesse te integreer. Hierdie studie voeg ‘n teoretiese en praktiese benadering saam om ‘n verantwoordbare en toepasbare model daar te stel. ʼn Bybels-eksegetiese begronding van integrale sending gebaseer op die missio Dei en 15 Bybelse sleutelbegrippe hieroor toon die onlosmaaklike eenheid van die motiewe hart, mond en hande. Dit bied ‘n verantwoorde basis vir integrale sending. Hierdie beginsels word getoets aan twee internasionale toepassingsvoorbeelde: die Miga Netwerk en die Lausanne-verklaring 2010, wat waardevolle insigte bied oor ʼn model vir integrale sending. Daarna word die gevolge en uitwerking van geïntegreerde Woord- en daadbediening in die CGKN se sendingwerk binne KwaNdebele ontleed. In die lig van literatuurstudies, ‘n argivale ondersoek en persoonlike onderhoude met sendelinge en kerkleiers in KwaNdebele volg waardevolle gevolgtrekkings in die lig van die missio Dei. Deur na beide die CGKN en die kerkleiers in KwaNdebele te luister, is ‘n balans gevind om ʼn operasionele denkraamwerk vir integrale sending op te stel. Verwante literatuur uit die teologie en wêreldwye sendinggebiede gee aan hierdie eksegetiese en empiriese studie verdieping. Die kern van die studie se bevindings is tweërlei: * Die CGKN het geïntegreerde sendingwerk in KwaNdebele verrig. Tog het ʼn onvolledige fundering van en visie op integrale sending in missio Dei-perspektief gelei tot ’n bediening wat ’n versnipperde beeld van integrale sending weergee. Hierdie leemtes hou waardevolle aanwysers in vir sending met hart, mond en hande. * Daar is wel voldoende teologiese, teoretiese en praktiese beginsels en hulpmiddels wat die ontwerp van ‘n bruikbare model vir geïntegreerde sending aanhelp. Só ʼn model kan meehelp om die lewensgehalte van die mense in KwaNdebele en ander wêrelddele tot eer van God te verhoog, terwyl dit steeds deeglik met die konteks en kultuur rekening hou. Die navorsing mond uiteindelik uit in ‘n operasionele denkraamwerk wat prinsipiële en praktiese besinning begelei vir integrale sending in KwaNdebele en diverse kulturele kontekste wêreldwyd. / PhD (Missiology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Invloed van agtergrondmusiek rakende graad 6-leerders se gedragspatrone

Hendriks, Marna January 2014 (has links)
Die afskaffing van lyfstraf in Suid-Afrikaanse skole het tot groter dissipline probleme onder leerders gelei. Onderwysers raak toenemend gefrustreerd aangesien min praktiese oplossings vir hierdie probleem bestaan. Hierdie studie bestudeer die rol wat agtergrondmusiek in die klaskamer kan speel om die leerling se konsentrasievermoë te verhoog, sy gedrag positief te verander en so die algehele dissipline in die klassituasie te verbeter. Agtergrondmusiek vorm deel van elke kind se leefwêreld aangesien moderne tegnologie dit maklik maak om musiek oral en altyd te luister. Leerders luister ’n groot gedeelte van elke dag na musiek, ook terwyl hulle huiswerk doen. Daarom was dit nodig om die tipe agtergrondmusiek te vind wat voordelig kan wees vir die leerder in ’n klassituasie. In hierdie studie is van praktiese aksienavorsing binne ‘n kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik om die ervarings van leerders tydens die aanwending van verskillende tipes agtergrondmusiek in die klaskamer te bepaal. Uit die verband tussen die leerders se gedragspatrone en waarnemings nadat klassieke instrumentale musiek in die klaskamer gespeel is, kan bevind word dat hierdie tipe agtergrondmusiek as potensiële tegniek gebruik kan word om dissipline in die klassituasie te verbeter. The abolition of corporal punishment in South African schools led to greater discipline problems among students. Teachers are becoming increasingly frustrated as few practical solutions to this problem exist. This study examines the role that background music in the classroom can play in the child's ability to concentrate, increasing his positive behavior and so the improvement of discipline in the classroom. Background music is part of every child's world as modern technology makes listening to music part of everyday living. Learners listen to a large portion of music every day, even while they are doing homework. Therefore it was necessary to study the influence of background music as to what extend it can benefit the student in the classroom. This study used practical action research within a qualitative research design. From the relationship between the learner's behaviour and observations after classical instrumental music was played in the classroom, this type of background music can be used as a potential technique to improve discipline in the classroom. / Dissertation (MMus)--University of Pretoria, 2014. / am2014 / Music / unrestricted
4

The experiences of professionals utilizing sensory–motor play with young children in Gestalt play therapy / Elizabeth Sarah Janse van Rensburg

Janse van Rensburg, Liza January 2011 (has links)
The aim of this study was to explore and describe the experiences of professionals utilizing sensory-motor play (SMP) with young children (YC) in Gestalt play therapy in order to provide recommendations for professionals and to create an awareness of the value of SMP in Gestalt play therapy. Coming from an occupational therapy background, the researcher became aware of the potential value of utilizing sensorymotor play in Gestalt play therapy with YC. SMP, being a vital part of the sensory integration developmental process of YC, promotes body awareness through muscle movement and control. Awareness is one of the major aims of Gestalt play therapy. All the senses contribute to YC's awareness, including the frequently unacknowledged vestibu lar and proprioceptive senses. In order to treat YC holistically, the developmental importance of SMP should be acknowledged and integrated in the therapy process. Professionals young children working in this field, coming from diverse educational backgrounds, do not necessarily have the knowledge or experience of the utilization of SMPwith YC. A qualitative research approach with a case study research design was adopted in order to explore and describe the experiences of professionals regarding the utilization of SMP with YC in Gestalt play therapy, through applied research. The empirical data was collected by conducting two focus group discussions with professionals from diverse educational backgrounds. Two main themes with different sub-themes and categories were identified by analysing the data. The main themes are that participants are of the opinion that SMP enhances the therapeutic relationship and that SMP has a self-regulatory function. The researcher concludes that professionals gained a new awareness regarding the subject of discussion and experienced that uti lizing SMP in Gestalt play therapy with YC can promote and facilitate whole body/mind awareness and integrated healing. / Thesis (M.A. (Psychology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.
5

6

Musiekintegrasie in graad R : 'n teoretiese raamwerk gebaseer op 'n gevallestudie / Mignon van Vreden

Van Vreden, Mignon January 2014 (has links)
Graad R verwys volgens die nuutste Afrikaanse beleidsdokumente na die voorskoolse opleiding wat tans in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel ingefaseer word, alhoewel die Departement van Basiese Onderwys beoog dat alle leerders eers in 2019 toegang sal hê tot formele graad R-programme. Uitdagings vir onderrig in vroeë kinderontwikkeling in Suid-Afrika is onder meer ʼn tekort aan gekwalifiseerde onderwysers, asook leer- en ondersteuningsmateriaal van ʼn hoë gehalte. Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir graad R bestaan uit drie vakke: Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardighede. Lewensvaardighede bestaan uit vier studie-areas, naamlik Aanvangskennis, Skeppende kunste, Liggaamsopvoeding, asook Persoonlike en Sosiale Welsyn. Slegs dertig minute per week word as deel van Skeppende kunste toegestaan aan formele musiekonderrig. Wanneer musiek in die dagprogram met ander aspekte van graad R-onderrig en -leer integreer word, word die holistiese ontwikkeling van die leerder bevorder. Graad R-onderwysers het egter selde in musiek gespesialiseer en is onseker oor die implementering daarvan in hul onderrigprogramme. Uitvoerbare moontlikhede word in hierdie proefskrif ondersoek om musiek in die graad R-dagprogram te integreer ten einde ʼn bydrae te lewer tot die sosiale, fisiese, emosionele, intellektuele en geestelike ontwikkeling van graad R-leerders. Die hoofnavorsingsvraag wat hieruit ontstaan, is watter teoretiese raamwerk verduidelik hoe musiek in graad R geïntegreer kan word. Die navorsingsbenadering wat gevolg is om hierdie vraag te ondersoek, is ʼn kwalitatiewe, veelvoudige gevallestudie vanuit ʼn interpretatiewe perspektief. Aanvanklik is ʼn literatuurstudie gedoen om huidige tendense ten opsigte van die integrasie van musiek in graad R te beskryf. Daarna is die onderrig en leer in vyf multikulturele graad R-klasse in die Potchefstroom-omgewing waargeneem met die doel om die maniere waarop musiek in die praktyk geïntegreer word, in te samel. Die data is toe met behulp van Atlas.ti 7.1.6 georganiseer en gekategoriseer, waarna ʼn oorkruis gevalle-analise gedoen is. Die bevindinge is geverifieer deur langtermyn-waarneming en deelnemer-kontrole. ʼn Teoretiese raamwerk is ontwikkel deur die ses temas wat uit die data-analise gegenereer is in verband te bring met ʼn geïntegreerde literatuuroorsig. Hierdie aspekte vir die integrasie van musiek in graad R waardeur onderrig en leer kan plaasvind, is geïdentifiseer as oor musiek, uit musiek, op musiek, met musiek, in musiek en deur musiek. In die raamwerk word elke aspek van integrasie verbind met aktiwiteite wat gebaseer is op die leerbeginsels vir graad R, naamlik spel, ontdekking en praktiese ervarings, ten einde die ontwikkeling van die graad R-leerder te bevorder. Alhoewel die bevindinge spesifiek is tot die Potchefstroom-omgewing, hou die teoretiese raamwerk verskeie moontlikhede in vir nasionale en internasionale toepassing in voorskoolse onderrig. Dit impliseer dat musiek suksesvol in die graad R-dagprogram geïntegreer kan word deur musiekspesialiste sowel as onderwysers wat nie in musiek gespesialiseer het nie. / PhD (Music), North-West University, Potchefstroom Campus, 2014
7

8

Die stand van neuro-motoriese ontwikkeling en visueel-motoriese integrasie by 7- en 8-jarige leerders met leerverwante probleme / Chirine van Niekerk.

Van Niekerk, Chirine January 2012 (has links)
Various researchers highlight the role of neuro-motor and visual motor integration problems on learning-related barriers (Mutti et al., 1998; Goldstein & Britt, 1994; Kulp, 1999; Lotz et al., 2005; Van Roon et al., 2010). Visual motor integration and neuro-motor problems, that include perceptual, gross- and fine motor problems further relates to writing, reading, spelling and mathematical problems (Cheatum & Hammond, 2000). The visual system plays an important role in visual motor integration and researchers found ocular-motor control to correlate with learning-related problems and are therefore investigated (Vaughn et al., 2006). The aim of the study was twofold. The first aim was to determine the nature of neuro-motor problems that are present in 7- to 8-year old children with learning-related problems (writing, reading, spelling and mathematical problems). The second aim was to determine the nature of ocular-motor control and visual-motor integration that are present in 7- to 8-year old children with learning-related problems (writing, reading, spelling and mathematical problems). Sixty-eight learners (45 boys and 23 girls) with and without learning-related problems took part in the study. The group with learning-related problems (n=31) consisted of learners that received remedial intervention in Grade 1 and were in Grade 2 during the data collection. The control group (n=37) represented the study group for age and gender with a mean age of 7.5 years (SD=0.43) and had no learning-related problems. The Quick Neurological Screening Test II (QNST-II) and the Sensory Input Systems Screening Test (SISM) were used to determine the state of neuro-motor development and the visual and ocular-motor control status of learners. The Developmental Test of Visual-Motor Integration - 4th ed. (VMI-4) were used to evaluate the visual-motor integration of learners. The Statistica for Windows 2011 computer program was used to do the data processing (StatSoft, 2011). Differences between learners with and without learning-related problems were determined by an independent t-test. A multi-dimensional representation of learners with learning-related problems were established by means of a correspondence analysis of twoway variance tables with respect to reading, writing, spelling and mathematical problems. Results indicate that statistical as well as practical significant differences were found between learners with and without learning-related problems with respect to neuro-motor, visual-motor integration as well as ocular-motor problems. Neuro-motor problems were found between the two groups in visual, auditory, and tactile perception as well as different gross motor skills and were associated with reading, writing, spelling and mathematical problems. Regarding ocularmotor control and visual-motor integration, statistical- (p≤0,01) as well as practical (d≥0,8) significant differences were found between learners with and without learning related problems in visual-motor integration as well as 10 of the 11 sub-items of the SISM which include the following: fixation with both eyes, fixation with right eye, fixation with left eye, ocular alignment with right eye, ocular alignment with left eye, tracking with both eyes, tracking with right eye, tracking with left eye, vertical tracking and horizontal tracking. It can be concluded from the results that a significant correlation could be found between neuro-motor problems, that includes ocular-motor control as well as visual-motor integration and learning-related problems (reading, writing, spelling and mathematical problems). Neuromotor skills as well as visual-motor integration should therefore be incorporated in intervention of children with learning-related problems. / Thesis (MA (Kinderkinetics))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2013.
9

10

Die rol van tegnologiekoördineerders in inligting– en kommunikasie tegnologie [kommunikasietegnologie] in Suid–Afrikaanse skole / Tarantal J.C.

Tarantal, Jacobus Cornelius January 2011 (has links)
Inligting en kommunikasietegnologie (IKT) vorm ‘n belangrike komponent van effektiewe onderrig en leer. Ten spyte van die gedokumenteerde voordele wat IKT vir onderrig en leer inhou, bly IKT–integrering in skole steeds gebrekkig. Die implementering van IKT om onderrig en leer oor ‘n wye reeks van leerareas te bevorder en uit te brei, blyk ‘n groot uitdaging by meeste skole te wees. Faktore soos fiskale verpligtinge, ruimtelike hindernisse, ondoeltreffende en gebrekkige infrastruktuur en swak koördinering ondermyn meeste pogings tot effektiewe en volhoubare IKT–gebruik. Onderwysers wat begin het om IKT in hul onderrigpraktyke toe te pas, verlang verskillende vorms van ondersteuning, insluitend die van tegniese en implementeringsondersteuning. Die SITES modules help om die pad na volhoubare IKT–gebruik in Suid–Afrika aan te dui deur die vernaamste studies plaaslik en internasionaal uiteen te sit, beste praktyke te beklemtoon en die noodsaaklikheid van tegnologiekoördineerders te bevestig. Die doel van die navorsing is gefokus op die rol wat die tegnologiekoördineerder vertolk in die implementering en benutting van IKT in Suid Afrikaanse skole. Hierdie inligting kan nuttig wees om huidige onderrig en leerpraktyke in oënskou te neem en om ingeligte besluite rakende effektiewe en volhoubare IKT–gebruik in onderrig en leer te neem. Die studie is gebaseer op die bevindinge van die derde SITES studie (SITES 2006), wat ‘n internasionale kwantitatiewe opname oor die pedagogiese praktyke en gebruike van IKT met betrekking tot die 21ste eeuse leervaardighede in skole. Die studie het ‘n SDA metodologie van die Suid Afrikaanse tegnologiekoördineerders gevolg. Aangesien Suid–Afrika aan al drie studies deelgeneem het kon uit die literatuur longitudinale tendense aangedui word met betrekking tot IKT–gebruik in Suid–Afrikaanse skole. Tydens die SDA is beskrywende statistiek uitgevoer en kruistabulerings bereken om betekenisvolle korrelasies tussen veranderlikes te bepaal. Alhoewel meeste tegnologiekoördineerders aangetoon het dat die gebruik van IKT relevant is binne hulle skole, is die vlak van IKT–gebruik binne vakverband besonder laag weens talle struikelblokke wat die gebruik van IKT in skole belemmer. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid rekenaars en skootrekenaars beskikbaar per skool. By die meeste skole tree onderwysers op as tegnologiekoördineerders wat ook dan verantwoordelikheid aanvaar vir die instandhouding van die rekenaars. Die tegnologiekoördineerder se pligte en verantwoordelikheid bestaan hoofsaaklik uit die onderrig van ander vakke en relatief min tyd word gewy aan IKTkursusse vir leerders en onderwysers, en juis daarom is die formele rol wat die tegnologiekoördineerder vertolk betreklik laag. Hoewel onderwysers in die meeste skole optree as tegnologiekoördineerders, ontvang hulle kommerwekkend min professionele onderwysersontwikkeling (POO). Die studie toon aan dat onderwysers onvoldoende tegniese ondersteuning ontvang. Tegnologiekoördineerders het betreklik min periodes per week tot hul beskikking om IKT–ondersteuning aan te bied. Prakties betekenisvolle korrelasies tussen die gebruik van IKT in die onderrig en leer van leerareas hang af van die beskikbaarheid van IKT–toerusting. Die gebruik van IKT in die onderrig en leer van leerareas, is in ‘n sekere mate afhanklik van die beskikbaarheid van IKT ondersteuning vir meeste van die verskillende aktiwiteite wat by skole plaasvind. Vir effektiewe en volhoubare IKT–gebruik is dit belangrik dat die onderwysers tegniese– en POO ontvang en dit sal vereis dat die tegnologiekoördineerder ‘n meer prominente rol vervul in Suid Afrikaanse skole. Tegnologiekoördineerders speel ‘n toonaangewende rol in die koördinering, instandhouding, ondersteuning en bemagtiging van fasiliteite en gebruikers by onderwysinstellings. / Thesis (M.Ed.)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.

Page generated in 0.4277 seconds