• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 1
  • Tagged with
  • 4
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

'n Holistiese perspektief op die missio Dei : 'n evaluering van die sendingwerk van die Christelijke Gereformeerde Kerken in KwaNdebele (RSA) / Andre Jansen

Jansen, Andre January 2015 (has links)
Gedurende die afgelope 50 jaar het rolspelers in Sendingwetenskap binne die Evangeliese en Reformatoriese tradisie steeds meer oortuig geraak dat Skrifgetroue sendingwerk ’n integrasie moet behels van teologiese visie en suiwer toegepaste Woordverkondiging waarin die kern van die evangelie steeds sentraal bly. Hierby geld dade van liefde, die najaag van geregtigheid en verligting van armoede asook vermindering van lyding om die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus prakties te maak. Deur God se genade was die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland se sendingwerk in die KwaNdebele-omgewing in Suid-Afrika ’n belangrike instrument in die uitbreiding van God se koninkryk. Die huidige studie evalueer die integrasie van Woord en daad in hierdie kerke se sendingwerk binne die genoemde gebied in die lig van die missio Dei-motief. Hieruit kan belangrike insigte verwerf en ’n bydrae gelewer word tot Missiologie en Skrifgetroue sendingwerk in die Reformatoriese tradisie uit te bou. Die doel is om 'n model vir integrale sending binne ʼn missio Dei-perspektief daar te stel deur Bybelse beginsels en praktiese lesse te integreer. Hierdie studie voeg ‘n teoretiese en praktiese benadering saam om ‘n verantwoordbare en toepasbare model daar te stel. ʼn Bybels-eksegetiese begronding van integrale sending gebaseer op die missio Dei en 15 Bybelse sleutelbegrippe hieroor toon die onlosmaaklike eenheid van die motiewe hart, mond en hande. Dit bied ‘n verantwoorde basis vir integrale sending. Hierdie beginsels word getoets aan twee internasionale toepassingsvoorbeelde: die Miga Netwerk en die Lausanne-verklaring 2010, wat waardevolle insigte bied oor ʼn model vir integrale sending. Daarna word die gevolge en uitwerking van geïntegreerde Woord- en daadbediening in die CGKN se sendingwerk binne KwaNdebele ontleed. In die lig van literatuurstudies, ‘n argivale ondersoek en persoonlike onderhoude met sendelinge en kerkleiers in KwaNdebele volg waardevolle gevolgtrekkings in die lig van die missio Dei. Deur na beide die CGKN en die kerkleiers in KwaNdebele te luister, is ‘n balans gevind om ʼn operasionele denkraamwerk vir integrale sending op te stel. Verwante literatuur uit die teologie en wêreldwye sendinggebiede gee aan hierdie eksegetiese en empiriese studie verdieping. Die kern van die studie se bevindings is tweërlei: * Die CGKN het geïntegreerde sendingwerk in KwaNdebele verrig. Tog het ʼn onvolledige fundering van en visie op integrale sending in missio Dei-perspektief gelei tot ’n bediening wat ’n versnipperde beeld van integrale sending weergee. Hierdie leemtes hou waardevolle aanwysers in vir sending met hart, mond en hande. * Daar is wel voldoende teologiese, teoretiese en praktiese beginsels en hulpmiddels wat die ontwerp van ‘n bruikbare model vir geïntegreerde sending aanhelp. Só ʼn model kan meehelp om die lewensgehalte van die mense in KwaNdebele en ander wêrelddele tot eer van God te verhoog, terwyl dit steeds deeglik met die konteks en kultuur rekening hou. Die navorsing mond uiteindelik uit in ‘n operasionele denkraamwerk wat prinsipiële en praktiese besinning begelei vir integrale sending in KwaNdebele en diverse kulturele kontekste wêreldwyd. / PhD (Missiology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015
2

3

Die missionêre waarde van die Belhar Belydenis vir die NG Kerk : instrument tot inheemswording (Afrikaans)

De Beer, Jan Mathys 01 April 2009 (has links)
AFRIKAANS: Die Belhar Belydenis was sedert sy ontstaan in 1982 ‘n omstrede dokument in die NG Kerkfamilie. Ná die Kerkbode-debat in 1998, is Belhar al hoe meer gesien as ‘n struikelblok in die weg van eenwording. Denke oor die Belydenis het gepolariseer tussen diegene wat dit aanvaar as konfessie teenoor diegene wat dit nie aanvaar nie. Besware wat teen die Belydenis ingebring is, het te make met sy ontstaansgeskiedenis, sy status as konfessie en inhoudelike besware. Die negatiewe persepsies oor die Belhar Belydenis is diep gewortel. In hierdie studie word ‘n derde posisie voorgestel, naamlik dat die missionêre waarde van die Belhar Belydenis vir die NG Kerk genoeg rede is om die inhoud van die belydenis te ontgin, ongeag of die belydenis as konfessie aanvaar word of nie. Deur ‘n bestudering van die sendingbenadering en –beleid in die NG Kerk as historiese aanloop tot die Belhar Belydenis, word die belang van inheemswording in terme van die missie van die kerk uitgelig. Die NG Kerk het ‘n sendingbeleid rondom die negentiende-eeuse Europese teologie van inheemswording ontwikkel wat bygedra het tot die ontstaan van afsonderlike kleur-bepaalde kerke. Hierdie beleid van inheemswording het bygedra tot ‘n versmelting van kerk en volk by die Afrikaner, met ‘n verdere gevolg van toenemende isolasie, ‘n geloofwaardigheidskrisis en ‘n missionêre gevangenskap. Dit vorm die missionêre agtergrond van die Belhar Belydenis. Ongelukkig het die NG Kerk die belydenis baie negatief ontvang – saam met ‘n aanklag van kettery en afgodery. Selfs te midde van hierdie negatiewe persepsie van die Belhar Belydenis, het die belydenis nogtans ‘n vormende en bevrydende invloed uitgeoefen op die sending van die kerk tot op hede, weereens: missionêre waarde. Die leemte in die inheemswording van die NG Kerk is dat dit tot volks-inheemswording beperk was. ‘n Nasionale inheemswording-benadering word uitgewys as ‘n meer relevante uitdrukking van die missie van die kerk in Suid-Afrika, met ‘n Suid-Afrikaanse Gereformeerde kerk as oogmerk. In terme hiervan is die Belhar Belydenis ‘n instrument tot inheemswording vir die hele NG Kerk-familie. Belhar is nie die struikelblok in die weg van eenwording nie. In die herenigingsgesprekke het ‘n inwendige teenstrydigheid ontstaan, en dít is die werklike struikelblok. Verskillende benaderings tot belydenisse bring verskillende beoordelings van Belhar mee. Karl Barth se teologie van Gereformeerde belydenisse dui op ‘n derde weg uit die hereniging-dilemma. Die aanvaarding van ‘n belydenis in die Gereformeerde benadering geskied altyd in vryheid, want Gereformeerdes staan onder gesag van die Skrif en Christus alleen. Die gesag wat die Kerk aan ‘n belydenis toeken word nie ontken nie, maar eerder ontgin. Die studie sluit af met riglyne vir die ontginning van die missionêre waarde van die Belhar Belydenis, gegrond op 14 onderhoude met teoloë uit die NG Kerk en VGKSA. Die onderhoude word weergegee as stimulasie tot gesprek tussen die lede van die NG Kerk-familie, veral tussen die NG Kerk en die VGKSA. Die studie eindig met enkele praktiese riglyne vir leraars en gemeenteleiers wat die missionêre waarde van die Belhar Belydenis wil ontgin deur ‘n oop en eerlike gesprek oor die Belhar Belydenis. ‘n Verwysingsbron van aktuele temas in die Belhar Belydenis word as hulpmiddel gegee. ENGLISH: Since its inception in 1982, the Belhar Confession has been a controversial document in family of Dutch Reformed Churches. After the debate in Die Kerkbode (1998), Belhar was progressively seen as an obstacle in the way of church unity. Opinion on the Confession polarized between those who accepted Belhar as their confession and others who did not want to accept it altogether. Objections on Belhar has to do with factors surrounding its inception, its status as confession and objections on certain textual formulations. The negative perceptions of the Belhar Confession is deep rooted. This study proposes a third position, namely that the missionary value of the Belhar Confession reason enough gives to make use of the contents of the Confession, irrespective of whether it is accepted as confession or not. Through a study of the missionary approach and policy of the Dutch Reformed Churches, the importance of indigenization as mission of the church is highlighted. The Dutch Reformed Church (DRC) developed its missionary policy based on nineteenth century European theology of indigenization. This policy of indigenization, however, contributed to the formation of separate churches determined by colour. This policy of indigenization also contributed to a fusion of church and “volk” (indigenous people) of the “Afrikaner”, further resulting in isolation, a crisis of credibility and a missional imprisonment in die DRC. This is the missional background of the Belhar Confession. The DRC, however, had a very negative reception of the Confession, since it was accompanied by a charge of heresy and idolatry against this church. Nevertheless, even in the midst of this negative perception of Belhar, the Confession still had a formative influence on the mission of the church until now: hence its missional value. The shortfall in the indigenization of the DRC is that it was confined to “volks”-indigenization. A national indigenization approach is shown to be a more relevant expression of the mission of the church in South Africa, with a South African Reformed Church as objective. In terms of this, the Belhar Confession is an instrument of indigenization for the whole DRC-family. Belhar is not an obstacle in the way of church unity. In the re-unification talks, an internal contradiction appeared, which is the actual obstacle. Different approaches to confessions lead to different evaluations of Belhar. Karl Barth’s theology of Reformed confessions points to a third way out of the dilemma of the re-unification process. In the Reformed approach, the acceptance of a confession is always voluntary, because the reformed believer is only under the authority of Christ and his Word (Scripture). The authority that the church gives to a confession is not denied, but rather discovered. The study concludes with a contemporary reading of the Belhar Confession, based on 14 interviews with theologians in the DRC and the Uniting Reformed Church. These interviews are presented to stimulate a conversation between members of the DRC-family, especially between die DRC and the Uniting Reformed Church. At the end of the study, some practical guidelines are given for church leaders and pastors who wish to make use of the missional value of Belhar by facilitating and organizing an open and honest dialogue between members of the DRC-family. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2009. / Science of Religion and Missiology / unrestricted
4

A visual semiotic analysis of the hidden meanings, myths and ideologies in Old Mutual South Africa's CSR 2.0 corporate advertising

Eiman, Simoné Marianne 05 1900 (has links)
Abstracts in English and Afrikaans / The aim of this exploratory study was to investigate the underlying meanings of Old Mutual South Africa’s (OMSA’s) CSR 2.0 corporate advertisements. It specifically examined the underlying myths and ideologies conveyed through the texts. This qualitative study was conducted by means of a visual semiotic analysis (Machin 2012) on eight CSR 2.0 corporate advertisements, which were purposively selected. A theoretical framework to measure visual CSR 2.0 corporate advertisements was developed, which aided in the sampling, data analysis and interpretation processes. The findings of the study indicated that by positioning its CSR 2.0 positively in terms of change and transformation, progress and equal opportunities for all citizens, OMSA is fostering stakeholder-organisation relationships. In addition, it was also found that OMSA adopts established representational tropes of CSR 2.0 and use them repetitively that firmly entrenches the intended/encoded message to the viewer. / Die doel van hierdie verkennende studie was om die onderliggende betekenis van CSR 2.0 korporatiewe advertensies in Ou Mutual Suid-Afrika te ondersoek. Dit is spesifiek gemoeid met die onderliggende mites en ideologieë wat deur middel van die tekste oorgedra word. Die kwalitatiewe studie is uitgevoer deur middel van 'n visuele semiotiese ontleding (Machin 2012) op agt CSR 2.0 korporatiewe advertensies, wat doelbewus gekies is. 'n Teoretiese raamwerk, om visuele CSR 2.0 korporatiewe advertensies te meet, is ontwikkel, dit het bygedra tot die steekproefneming, data-analise en interpretasie prosesse. Die bevindinge van die studie dui daarop dat deur CSR 2.0 positief in terme van verandering en transformasie, vooruitgang, en gelyke geleenthede vir alle burgers te posisioneer, OMSA verhoudings met belanghebbendes kan bevorder. Daarbenewens is ook gevind dat OMSA gevestigde temas van CSR 2.0 implementeer en hulle herhaaldelik gebruik wat juis die beoogde / gekodeerde boodskap stewig aan die kyker bevestig. / Communication Science / M. A. (Communication Science)

Page generated in 0.113 seconds