Spelling suggestions: "subject:"hypercholesteremia -- enetic aspects"" "subject:"hypercholesteremia -- 7genetic aspects""
1 |
The MED-PED project : presymptomatic diagnosis in families with disease- related LDL receptor gene mutationsVergotine, Joseph Vincent 03 1900 (has links)
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Familial hypercholesterolaemia (FH) contributes significantly to the high death rate
from cardiovascular disease worldwide. FH is a common autosomal co-dominant
disease characterised by raised cholesterol levels and premature coronary heart
disease (CHD). Whilst these features usually are very prominent in homozygotes the
clinical diagnosis of heterozygotes is complicated by variable phenotypic expression.
Specific founder genes in the low-density lipoprotein receptor (LDLR) gene have
increased the prevalence of FH in South African Afrikaners, Indians, Jews and
Coloureds, and screening for these known mutations allows unequivocal diagnosis
of FH-affected individuals. The systematic molecular analysis of FH resulted in the
identification of at least ten founder-type LDLR gene mutations among the 56
different gene defects described to date in the diverse South African population.
DNA screening of 792 at-risk family members for the FH-related mutations identified
in 379 index cases, allowed accurate disease diagnosis in an additional 340
relatives and exclusion of the relevant mutation in 452 individuals. This effort forms
part of the MED PED FH initiative, a collaborative project to "Make Early Diagnosis
and Prevent Early Deaths in MEDical PEDigrees with FH".
Evaluation of clinical criteria versus DNA diagnosis of three founder-related
mutations (D154N, D206E and V408M) in the South African population
demonstrated that the sensitivity and specificity of diagnoses, based on total
cholesterol values measured in family members of index cases recruited for this
study, were 88% and 77%, respectively. A population-directed DNA diagnosis of FH is therefore justified in South Africa on a routine basis, since expression of the
defective gene measured in biochemical tests does not allow accurate diagnosis of
FH in all cases.
The application of mutation detection was illustrated by prenatal diagnosis of FH
performed for a couple who are both heterozygous for the most common Afrikaner
mutation, D206E. The mutation was absent in the foetus and a
normocholesterolaemic infant was born. Prenatal diagnosis of FH, aimed at the
detection of homozygous cases, is particularly applicable in populations and families
with molecularly defined LDLR gene mutations.
The MED-PED approach resulted in accurate diagnosis and subsequent treatment
of FH in more patients, and referral to lipid clinics where they could receive the
intensive care their condition justifies. Molecularly diagnosed FH patients will be the
first to benefit from future treatment approaches based on mutation type. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Familiële hiprcholesterolemie dra grootliks by tot die wêreldwye hoë sterftesyfer van
kardiovaskulêre siekte. FH is 'n algemene outosomale ko-dominante siekte wat
gekenmerk word deur verhoogde cholesterolvlakke en vroeë koronêre hartsiekte.
Terwyl hierdie kenmerke prominent is in homosigote, word die kliniese diagnose van
heterosigote bemoeilik deur variasie in fenotipiese uitdrukking. Spesifieke
stigtergene in die lae-digtheids lipoproteien reseptor (LDLR) geen het die
voorkomssyfer van FH verhoog in Suid Afrikaanse Afrikaners, Indiërs, Jode en
Kleurlinge. Sifting vir hierdie bekende mutasies maak akkurate diagnose van FH geaffekteerde
individue moontlik. Die sistematiese molekulêre analise van FH het
aangetoon dat ten minste tien van die 56 verskillende geen defekte wat tot dusver
beskryf is in die Suid-Afrikaanse populasie stigtertipe LDLR geen mutasies is. DNA
sifting van 792 familielede vir die FH-verwante mutasie in 379 indeksgevalle
geïdentifiseer is, het akkurate diagnose moontlik gemaak in 340 addisionele
familielede, en uitsluiting daarvan in 452 individue. Hierdie poging vorm deel van die
MED-PED FH ("Make Early Diagnosis and Prevent Early Deaths in MEDical
PEDigrees with FH) inisiatief.
Evaluering van kliniese kriteria teenoor DNA diagnose van drie stigter verwante
mutasies (D154N, D206E en V408M) in die Suid Afrikaanse populasie het getoon
dat die sensitiwiteit en spesifisiteit van die diagnose, wat gebasseer is op totale
cholesterol waardes in familielede van indeksgevalle, onderskeidelik 88% en 77% was. 'n Populasie gerigte DNA diagnose van FH is dus geregverdig in Suid-Afrika op
"n roetine basis, omdat die defektiewe geen nie altyd in biochemiese toetse
uitgedruk word nie.
Die waarde van mutasie opsporing is geillustreer deur 'n voorgeboortelike diagnose
van FH wat aangevra is vir ouers wat beide heterosigoties is vir die mees algemene
Afrikaner mutasie, D206E. Die mutasie was afwesig in die fetus en 'n
normocholesterolemiese baba is gebore. Voorgeboortelike diagnose van FH, wat
gemik is op die opsporing van homosigotiese gevalle, is veral van toepassing in
populasies en families met bekende LDLR geen mutasies.
Die MED-PED benadering het gelei tot akkurate diagnose en daaropvolgende
behandeling van FH in meer pasiënte, en verwysings na lipiedklinieke waar hulle
intensiewe aandag kan geniet. Molekulêre gediagnoseerde FH pasiënte sal die
eerste wees om baat te vind by toekomstige behandeling wat moontlik gebasseer
sal word op mutasie status. Read more
|
2 |
Molecular investigation into regulatory regions of the LDLR gene involved in lipoprotein metabolismScholtz, C. L.(Charlotte Latitia) January 2001 (has links)
Thesis (PhD) -- University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The advent of the new millennium saw the complete sequencing of the entire human genome.
Only approximately 30 000 genes, much less than was initially predicted, have been identified
to be responsible for the genetic diversity in humans. This discovery has prompted a shift in
the approach to disease research, since one gene can be involved in numerous diseases. This
phenomenon seems to be especially true for the low-density lipoprotein receptor (LDLR)
gene. Various substances beside sterols can induce transcription of the LDLR gene.
Non-communicable diseases (e.g. hypertension) are common in the developing world and
contribute significantly to mortality rates. The fmding that a promoter variant (-175 g~t) in
the LDLR gene is associated with elevated diastolic blood pressure may explain the
phenomenon of high LDL-cholesterollevels in hypertensive individuals. Studies have
demonstrated that the lowering of cholesterol, especially LDL-cholesterol, can reduce the
incidence of hypertension. The -175 g~t variant is located in a newly described cis-acting
regulatory element which contains a putative binding site for Yin Yang (YY)-l and also
demonstrates great homology to the cAMP response element (CRE) which bind the Ca2+-
dependent transcription factor, CRE binding protein (CREB). The fact that Ca2+ can induce
transcription of the LDLR gene may, at least in part, explain the association between the -
175g~t variant and elevated diastolic blood pressure.
Cholesterol is important for various processes, such as apoptosis, maintenance of cellular
membranes and immune function. The -59 c-ot mutation in repeat 2 of the LDLR gene
abolishes binding of the sterol regulatory element binding protein(SREBP) to the SRE-l site.
SREBP is proteolytically activated during apoptosis by two caspases (CPP32 and Mch3) to induce cholesterol levels. Our results imply that the -59C/T mutation, in repeat 2 of the LDLR
gene promoter, may inhibit apoptosis under normal immunological conditions.
Atherosclerosis can be considered an immunological disease, since various humoral and
cellular immune processes can be detected throughout the course of the disease. The fmding
that certain lipoproteins can protect against infection by binding and lysing of pathogens, or
competing with pathogens for cellular receptors, prompted the investigation into the potential
role of variation in the LDLR gene promoter in immune function. A significant difference in
allelic distribution was detected between asymptomatic HIY -infected subjects and fast
progressors for the -124 c-ot variant (P=O.006), shown to increase (~160%) transcriptional
activity of the LDLR gene. Of relevance to this particular study is the fact that human
herpesvirus (HHV) 6 can transactivate CD4 promoters through a partial CRE site. It has been
shown that the CREB and YYl can regulate viral and cellular promoters, and these
transcription factors can potentially bind to the LDLR promoter at the FP2 site.
The mutation enrichment in the LDLR gene promoter seen in the South African Black and
Coloured population groups can possibly provide insight into the pathogenesis of various
diseases. This could also potentially, provide novel targets for treatment, since manipulation
of cholesterol levels may affect the pathogenesis of various diseases. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die volledige DNA volgorde bepaling van die mensgenoom is voltooi vroeg in die nuwe
millennium. Slegs ongeveer 30 000 gene is geidentifiseer, heelwat minder as wat in die
verlede voorspel is, wat verantwoordelik is vir die genetiese diversiteit in die mens. Hierdie
ontdekking het gelei tot 'n verandering in die benadering van navorsing ten opsigte van
siektes, aangesien een geen 'n rol by verskeie siektes kan speel. Hierdie gewaarwording blyk
veral waar te wees vir die lae digtheids lipoproteien reseptor (LDLR) geen. Verskeie stimuli,
buiten sterole, kan transkripie van die LDLR geen inisieer.
Verskeie siektes soos hipertensie is algemeen in die ontwikkelende wereld, en dra by tot die
hoe mortaliteit syfers. Die bevinding dat 'n promoter variant in die LDLR geen (-175g-H)
geassosieer is met verhoogde diastoliese bloeddruk, kan moontlik verhoogde lipiedvlakke in
hipertensiewe individue verklaar. Studies het aangetoon dat die verlaging van cholesterol,
veral LDL-cholesterol, die voorkorns van hipertensie kan verlaag. Die -175 g~t variant is
gelee in 'n cis-regulerende element wat na bewering 'n bindingsetel vir die Yin Yang (YY)-l
transkripsie faktor bevat asook sterk homologie met die cAMP respons element (CRE) toon,
wat bind aan die Ca2
+_ afhanklike transkripie faktor, CRE bindings proteiene (CREB). Die feit
dat Ca2+ transkripsie van die LDLR geen kan inisieer, kan dalk tot 'n mate, 'n verklaring bied
vir die assosiasie tussen die -175 (g~t) variant en verhoogde diastoliese bloeddruk.
Cholesterol is noodsaaklik vir verskeie prosesse soos apoptose, die instandhouding van
selmembrane sowel as immuun funksies. Die -59 c-ot mutasie in die sterol regulerende
element 1 (SRE-l) van die LDLR geen vernietig binding van die sterol regulerende element
bindingsprotei'en (SREBP) aan SRE-l. SREBP word proteolities geaktiveer tydens apoptose deur twee kaspases (CPP32 en Mch3) om cholesterolvlakke te induseer. Ons resultate
impliseer dat die -59C/T mutasie, in herhaling-2 van die LDLR-geen promoter, apoptose kan
inhibeer onder normale immunologiese toestande.
Aterosklerose kan beskou word as 'n immunologiese siekte, aangesien verskeie humorale en
sellulere immuun prosesse deur die verloop van die siekte waargeneem kan word. Die feit dat
Iipoproteiene beskermend kan wees teen infeksies, deur binding en lisering van virusse of
kompeteer met patogene vir sellulere reseptore, het aanleiding gegee tot 'n ondersoek na die
potensiele rol van variasies in die promoter area van die LDLR geen in immuun funksie.
Betekenisvolle verskille in alleel verspreiding vir die -124c~t variant (P=0.006) is
waargeneem tussen asimptomatiese MIV -geinfekteerde pasiente en individue met vinnige
siekte progressie. In vitro studies het voorheen getoon dat die -124c~t 'n verhoging in LDLR
geen transkripsie (160%) tot gevolg het. Dit is noemenswaardig dat 'n vroee studie getoon het
dat die mens like herpesvirus-6 (MHV6) transaktivering van die CD4 promoters deur 'n
gedeeltelike CRE bindingsetel kan bewerkstellig. Beide CREB en YYl kan virus en sellulere
promotors reguleer, en hierdie transkripsie faktore toon bindingshomologie met die FP2
element van die LDLR promotor
Die mutasie verryking van die LDLR geen promoter soos waargeneem in Suid Afrikaanse
Swart en Kleurling populasies, kan moontlik lig werp op die patogenese van verskeie
siektetoestande. Hierdie bevindinge kan potensieel nuwe teikens vir behandeling identifiseer,
aangesien manipulasie van cholesterolvlakke 'n effek mag he op die patogenese van verskeie
siektes. Read more
|
Page generated in 0.0948 seconds