Spelling suggestions: "subject:"coimplications off remittances"" "subject:"coimplications oof remittances""
1 |
Impact and implications of remittances : the case of Zimbabwe from 2000 - 2006Mawadza, Crispen Mauta 12 1900 (has links)
Thesis (MDF (Development Finance))--University of Stellenbosch, 2007. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Meer en meer mense werk buite hul land van herkoms as ooit tevore, en die geld wat hulle stuur
na hul tuislande kan bestempel word as ‘n belangrike ekonomiese krag. Hierdie geld kan ’n
belangrike rol speel in die ekonomie wat die geld ontvang. Die geld wat reiswerkers tuis stuur
word remise of geldsending genoem en oortref reeds Offisiële Ontwikkelingshulp en oortref
selfs Buitelandse Investering in sommige lande. Hierdie navorsingsverslag fokus op Zimbabwe,
’n land waarvan die ekonomie volgens sommiges reeds lank gelede moes ineengestort het. Die
studie ondersoek tot watter mate geldsending die Zimbabwe ekonomie beskerm teen
ineenstorting.
Die verslag gebruik ’n opname onder verskeie rolspelers om te wys hoe geldsending die
Zimbabwe ekonomie beskerm teen internasionale uitsluiting en sanksies. Zimbabweërs wat die
ekonomiese swaarkry vrygespring het in hul land van herkoms stuur voortdurend geld na vriende en
familie. Remise word deels gebruik as investering in kleinsake, terwyl deel van die buitelandse
valuta investeer word in komoditeite wat die land moeilik deur offisiële kanale sou kon bekom.
Die studie het bevind dat geldsending in 2005 en 2006 ongeveeer 25.5% en 25 persent
respektiewelik tot die Bruto Nasioanle Produk van Zimbabwe bygedra het.
Die studie het verder ’n paar interresante bevindinge gemaak. Een van hierdie is die
ongedokumenteerde verskynsel van defleksie van geldsending na meer stabiele ekonomieë of
geldeenhede. Sulke remise word dan in die land gehou waar dit gegenereer is, of dit word
gestuur in ’n stabiele geldeenheid, of dit word selfs in die vorm van produkte soos kos gestuur. / ENGLISH ABSTRACT: More and more people are working outside their countries of citizenship than before. These
people are now a major economic force to their countries of origin as they are sending a lot of
money to relatives back home. This income plays a key role in receiving economies. The money
migrants send home is referred to as remittances and the amount transferred globally has
eclipsed official development assistance (ODA) and in some economies it is well ahead of
Foreign Direct Investment (FDI). This research focuses on Zimbabwe, a country whose economy
has long been anticipated to collapse but has so far evaded that implosion. It explores to which
extent remittances are cushioning Zimbabwe’s economy from collapse.
This report uses a survey of a number of role players to show how remittances have cushioned
that economy from the effects of international isolation and sanctions. Zimbabweans who
“escaped” the economic hardships in their country of origin have been consistently sending
money home to their friends and relations. Money received has partly been invested in small
businesses and part of the forex has been used to procure commodities that the country has
struggled to acquire through official channels. The study found that the amount of remittances
sent for 2005 and 2006 has respectively contributed approximately 25.5 and 25 percent to the GDP of Zimbabwe.
The study further made a number of interesting findings. One of these seems to be the
undocumented phenomenon of the deflection of remittances to more stable economies or
currencies. Such remittances would be kept in the country where it is generated, or it would be
sent back in a stable country, or could even be in the form of products such as food.
|
Page generated in 0.1426 seconds