• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die toepassing van Scrivener se kreatiewe produksiestruktuur in die skepping van ruimtelike grafiese ontwerp vir die Ferdinand Postma-Biblioteek / E. Steyn

Steyn, Estee January 2010 (has links)
Die doel van hierdie kreatiewe produksieprojek was om ruimtelike grafiese ontwerp-toepassings te skep vir die Ferdinand Postma-biblioteek van die Noordwes-Universiteit (Suid-Afrika) en om verslag te lewer ten opsigte van die toepassing van Scrivener se Kreatiewe Produksiestruktuur op die kreatiewe- en navorsingsprosesse. Om dié doelwitte te bereik moes navorsing met betrekking tot twee aspekte geskied. Eerstens is teorieë met betrekking tot ruimtelike grafiese ontwerp en verskeie ontwerpbenaderings wat die ontwerpdissipline betrek (identiteitsontwerp, inligtingsontwerp en wegwysingsontwerp) ondersoek. Tweedens is die aard en toepassing van praktykgebaseerde navorsing onder die loep geneem. Die literatuurstudie het gelei na die keuse van Scrivener se Kreatiewe Produksiestruktuur as 'n metode om praktykgebaseerde navorsing te benader. Deur die Kreatiewe Produksiestruktuur wat uit vyf stappe bestaan, toe te pas, was dit moontlik om aan die gevarieerde behoeftes en vereistes van die akademiese konteks waarbinne die projek geloods is, te voldoen: Eerstens is betrokke skeppings- en navorsingsprosesse volledig, rasioneel en reflekterend gedokumenteer en sodoende kon die navorsingsbenadering en geakkrediteerde navorsingstegnieke wat toegepas is, duidelik en deursigtig uiteengesit word. Tweedens het die toepassing van die Kreatiewe Produksiestruktuur gelei tot 'n gestruktureerde geskrewe argument waarin die navorsingsveld en konteks van die studie aangespreek is. In die derde plek het die betrokke skeppings- en navorsingsprosesse gelei na suksesvolle ruimtelike grafiese ontwerptoepassings wat die konteks van die Ferdinand Postma-biblioteek in ag neem en die navorsing beliggaam. Die studie se bydrae tot die veld van ruimtelike grafiese ontwerp is geleë in die wyse waarop dit toon hoe Scrivener se Kreatiewe Produksiestruktuur as 'n metode van praktykgebaseerde navorsing toegepas kan word om suksesvolle en konteksgerigte ruimtelike grafiese ontwerptoepassings te skep. / Thesis (M.A. (Graphic Design))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.
2

Page generated in 0.0817 seconds