Spelling suggestions: "subject:"karel copper"" "subject:"karel chopper""
1 |
Kritiese Rasionalisme en TeologieMaree, David J.F. January 1990 (has links)
Hierdie studie fokus op die waarde van die Kritiese Rasionalisme van Karl Popper vir die teologie.
Tans staan die Kritiese Realisme as geloofwaardige denkmodel vir die teologie in die huidige
teologiese diskussie onder bespreking. Hierdie studie analiseer die krities realistiese denkmodel in
die teologie aan die hand van die Kritiese Rasionalisme van Popper ten einde 'n krities rasionalistiese
suiwering in die krities realistiese denkmodel vir die teologie te weeg te bring.
Deel I van die studie behels 'n bespreking en 'n analisering van die wetenskapsteorie van Popper.
Uit hierdie bespreking blyk dit dat die wetenskap volgens Popper op 'n duidelike doel afgestem is.
Wetenskap mik na waarheid en 'n verstaan van die werklikheid. Ten spyte van die intensie van die
wetenskap, kan die wetenskaplike nooit met sekerheid bepaal of sy teorie wei waar is nie. Gevolglik
funksioneer die waarheidsgerigtheid van die wetenskap as 'n regulatiewe beginsel. Die wetenskaplike
kan van die waarheid van die doel van sy wetenskap oortuig wees, maar hierdie oortuiging en ander
oortuigings met betrekking tot die waarheid of die realiteit van 'n teorie, word in die Popperiaanse
beskouing van die wetenskapsproses krities gekontroleer.
Popper se fallibalistiese epistemologiese beskouings word gevorm deur sy mening dat aile
denkmodelle of filosofiee wat waarheid wil begrond, ongeldig is. Sy kritiek teen positivisme lei hom
tot 'n omverwerping van 'n induktivistiese strategie wat oor die algemeen as die ware metode van
die empiriese wetenskappe beskou word. Aangesien aile epistemiese uitsprake voorwaardelik van
aard is, en uitsprake nie begrond kan word nie, stel hy 'n krities rasionalistiese denkmodel voor.
Hierdie model word triadies gestruktureer: die wetenskapsproses verloop vanaf 'n identifisering van
probleme na pogings om hierdie probleme op te los. Hierdie oplossings word krities getoets deur
pogings om die oplossings te weerle. Op hierdie wyse kan foute uitgeskakel word en valshede
vermy word. Uit die bespreking van Popper se teorie blyk dit dat die kenmerk van die krities
rasionalistiese model verwoord kan word met behulp van 'n Kritiese Beginsel.
Die elemente wat in Popper se Kritiese Rasionalisme ge'identifiseer is, te wete die wyse waarop
oortuigings as 'n wetenskapsintensie funksioneer en krities gekontroleer word, die belang van die
proses van weerlegging as kritiek in die wetenskapsproses en die nie-begrondingstruktuur van 'n
geldige wetenskapsproses, word as evalueringsriglyn vir 'n krities realistiese model aangewend.
Kritiese Realisme maak aanspraak op die feit dat epistemiese uitsprake inderdaad na die werklikheid
verwys, ten spyte van die voorwaardelike aard van kennis. Die versoening tussen die konjekturaliteit
van kennis en die werklikheid of objektiwiteit van uitsprake vind plaas deur die aanwending van 'n
spesifieke modeljmetafoor-teorie. Dit blyk egter dat hierdie aanwending 'n afgeswakte vorm van
verifikasie behels wat struktureel induktivisties van aard is. Voorts dui die analise van Kritiese
Realisme aan dat die rol van grondverbintenisse nie voldoende deur hierdie model opgelos word nie
aangesien daar steeds elemente van 'n begrondingstrategie by Kritiese Realisme teenwoordig is.
Deur die Kritiese Realisme van hierdie problematiese elemente met behulp van die Kritiese
Rasionalisme wyse te suiwer, kan Kritiese Realisme as 'n geloofwaardige denkmodel vir die teologie
aangewend word. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 1990. / gm2013 / Biblical and Religious Studies / PhD
|
Page generated in 0.052 seconds