Spelling suggestions: "subject:"kinderboeke"" "subject:"kinderboeken""
1 |
Die wye wêreld in : ’n ondersoek na landskap en identiteitskonstruksie in Suid-Afrikaanse en Nederlandse prenteboekeVan Zyl, Janienke Dorothea 12 1900 (has links)
Thesis (MA (VA))--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: The hypothesis of this study is that literary theory and theories concerning space,
landscape and the construction of identity, are not only applicable to written texts,
but also to visual texts. To prove this, the relevant theories were applied in the
analyses of four selected Afrikaans and Dutch picture books, as well as to my own
picture book, the practical component of this MA study.
Space, which is transformed into landscape when observation becomes perception,
interacts with the construction of identity in texts in different ways, inter alia because
changes regarding space lead to changes regarding identity. Although social identity
(how others see us) is important, it can lead to stereotyping, while a focus on selfidentity
(how we see ourselves) is conducive in treating children as individuals – as
is done regarding adults – with a wide variety of interests and inclinations. Space,
landscape and the construction of identity are important vehicles to convey meaning
in narratives – not only in literature for adults, but also in picture books, where it can
play a role in both written text and illustrations to bring extra depth and dimension.
Illustrations are most frequently in a complementary relationship with words because
they activate additional meaning, but it can also convey messages in a contrapuntal
or even contradictory manner. The utilization of these aspects links with the fact that
many South African and Dutch writers and illustrators are of the opinion that both
children and adults enjoy really successful children’s books.
This study indicates that the use of theories on landscape and identity in the
analyses of picture books can lead to the discovery of deeper meanings, which show
the literary merit of the texts. In this regard, illustrations should not be regarded as
having only an aesthetic, supplementary function, but should be appreciated as an
equal partner in conveying meaning, which gives an extra dimension to picture
books. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hipotese in hierdie studie is dat literêre teorie en ander teorieë rakende ruimte en
landskap, asook identiteitskonstruksie, nie net van toepassing is op geskrewe tekste
nie, maar ook op visuele tekste. Om dit te bewys, is die relevante teorieë toegepas in
die analise van vier gekose Afrikaanse en Nederlandse prenteboeke, asook van my
eie prenteboek as praktiese komponent van dié Magisterstudie.
Ruimte, wat getransformeer word tot landskap wanneer waarneming oorgaan in
gewaarwording, hang op verskillende maniere saam met identiteitskonstruksie in
tekste, onder andere deurdat ’n verandering in ruimte ook ʼn verandering in identiteit
tot gevolg het. Hoewel sosiale identiteit (hoe ander ’n individu of groep sien)
belangrik is, kan dit lei tot stereotipering. Daarteenoor lig ’n fokus op self-identiteit
(hoe individue hulself sien) uit dat kinders, net soos volwassenes, as individue
gesien moet word met ʼn wye verskeidenheid belangstellings en smake. Ruimte,
landskap en identiteitskonstruksie is belangrike betekenisdraers in narratiewe – nie
alleen in literatuur vir volwassenes nie, maar ook in prenteboeke, waar dit in beide
die geskrewe teks én in die illustrasies ’n rol kan speel om ekstra diepte en dimensie
te verleen. Die illustrasies staan meestal in ’n komplementêre verhouding tot die
woorde deurdat dit bydra tot betekenisverruiming, maar dit kan ook kontrapuntale of
selfs teenstrydige boodskappe oordra. Die ontginning van hierdie tipe aspekte sluit
aan by die feit dat heelwat Suid-Afrikaanse én Nederlandse skrywers en
illustreerders meen dat ʼn werklik suksesvolle kinderboek deur beide kinders en
volwassenes geniet kan word.
Uit die ondersoek blyk dat die analise van prenteboeke aan die hand van teorieë oor
landskap en identiteit kan lei tot die uitlig van dieper betekenisse, wat die
letterkundige waarde van prenteboeke bevestig. Illustrasies het hierby nie bloot ’n
estetiese funksie as aanvulling tot die geskrewe teks nie, maar kan beskou word as
volwaardige draers van betekenis wat ’n waardevolle ekstra dimensie aan prenteboeke verleen.
|
2 |
Die plek van die inheemse kinderprenteboek in post-apartheid Suid-Afrika, met spesiale verwysing na die Nama taalSteenkamp, Janita 03 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This study discusses the role of the indigenous picturebook in South Africa and the positive
aspects it holds with regards to developing a reading culture in this country. Specific
focus is placed on postmodern picturebooks and it discusses why these types of books are
more succesfulsuccessfulin teaching children to read than “traditional” picturebooks, and
finally to promote a healthy reading culture. The main argument is that picturebooks occupy
a void where different factors such as didactic and economic elements should be taken into
consideration. The possible role picturebooks can play in the rehabilitation of the dying Nama
language and culture is also considered as well as links between Nama and Afrikaans stories.
HibridityHybridity theory is also taken into account and possibilities of merging Afrikaans
and Nama to create a bilingual picturebook is also explored. The picturebook is also
discussed as a form consisting of different factors.These factors include elements regarding
narrative theory and semiotics. The premise of this discussion is based on Roland Barthes’
theory regarding the meaning of signs, namelysemiotics. Narrative theory is also taken into
consideration with special reference to Perry Nodelman’s theory regarding the combination
of narratology and semiotics in the dissection of picturebooks. In the conclusion it is
discussed why it is very important for writers and illustrators to have a sound understanding
of the theory regarding picturebooks in order to create quality picturebooks. The main theme
in this study is that picturebooks are a perfect medium for children to learn how to read and
develop their visual literacy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie bespreek die inheemse kinderprenteboek in Suid-Afrika en die bydrae wat dit
kan lewer om hierdie land se agteruitgaande leeskultuur te stuit. Die postmoderne
kinderprentboek word uit die oogpunt van 'n illustreerder bespreek deur klem te plaas op die
positiewe bydrae wat hierdie tipe boeke tot 'n gemeenskap se leeskultuur kan lewer. Daar
word hoofsaaklik geredeneer dat kinderprenteboeke in Suid–Afrika oor die
algemeen 'n problematiese ruimte beset waar elemente soos die didaktiese invloed, die
ekonomie en ook taal in ag geneem moet word. Hierdie verhandeling ondersoek ook die rol
wat die inheemse kinderprenteboek kan speel in die behoud van die sterwende Nama
gemeenskap se taal en kultuur, asook die verband tussen Afrikaans en Nama. Deur te kyk na
hibriditeitsteorie word ook bepaalof Afrikaans en Nama suksesvol saam in 'n
kinderprenteboek kan funksioneer. Die verskillende faktore wat tot die kinderprenteboek as 'n
geheel bydra, word ook bespreek, naamlik narratief- en semiotiekteorie. Deur staat te maak
op Roland Barthes se semiotiekteorie en Perry Nodelman se narratiefteorie word
kinderprenteboeke as 'nkunsvorm bespreek. Die gevolgtrekking van hierdie studie bespreek
waarom dit vir illustreerders en skrywers van kinderprenteboeke noodsaaklik is om te besef
hoe kinderprenteboeke as 'n visuele teks funksioneer om sodoende'nkwaliteit produk vir
kinders te kan skep. Die kinderprenteboek is 'nideale medium waarin kinders kan leer om
teks en beeld bymekaar te bring.
|
Page generated in 0.0372 seconds