• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Ondersoek na 'n model vir die opleiding van leksikograwe vir verklarende woordeboeke

Keyser, Helane 12 1900 (has links)
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: In the past work on theoretical lexicography was often done simply "incidentally", usually flowing from research in pure linguistics. In the course of time theoretical lexicography and the compilation of dictionaries developed into a fully fledged discipline. The successful lexicographer requires particular characteristics and skills of a high quality. It appears from discussions with editors of dictionaries that even the best academic training does not necessarily produce an excellent lexicographer, as the compilation of dictionaries is a process that requires the skilful integration of theory, practice and language intuition. This study has tried to identify the knowledge, characteristics and skills that are necessary in order to train prospective lexicographers. An attempt has been made, by way of a selective literature review and conducting interviews with people engaged in the practice of lexicography, to design a model for the training of lexicographers. The study has shown that the training of lexicographers should not focus only on the theoretical aspects, but that in-service training or experience with a publisher of dictionaries is very important. A proposal is made on the subjects that should receive attention in the training of lexicographers. As part of the training model every prospective lexicographer should receive grounding in the development of management skills. A model for the compilation of dictionaries should emphasise the importance of a well thought-through conceptualisation of a plan for a dictionary as part of the lexicographical process. Lexicographers should be trained in the lexicographical process, from the collection of data to the preparation of the dictionary for publication. The purpose of the dictionary should also be identified as part of the planning phase. Prospective lexicographers must, among other things, build up an extensive knowledge of metalexicography, the general theory of lexicography, the management and planning of a dictionary project, the lexicographical process (from the collection of data to the publication and evaluation of dictionaries), aspects regarding the theories of semantics, morphology, phonology and syntax, and computer lexicography. Finally, a recommendation is made that certain components of lexicography training should also be undertaken at technikons rather than only at universities - this proposition should be researched further. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Werk in die teoretiese leksikografie is in die verlede dikwels bloot "toevallig" gedoen vanuit navorsing wat gewoonlik veral in die suiwer taalkunde gedoen is. Die teoretiese leksikografie en die skryf van woordeboeke het mettertyd ontwikkel tot 'n volwaardige dissipline. Sekere eienskappe en vaardighede van hoogstaande gehalte word benodig om 'n suksesvolle leksikograaf te wees. Uit gesprekke met woordeboekredakteurs blyk dit duidelik dat selfs die beste akademiese opleiding nie noodwendig 'n voortreflike leksikograaf saloplewer nie, aangesien die skryf van 'n woordeboek 'n proses is waardeur teorie, praktyk en taalintuïsie vaardig ineengevleg moet word. Hierdie studie het gepoog om die kennis, eienskappe en vaardighede te identifiseer wat nodig is om 'n voornemende leksikograaf te onderrig. Deur middel van 'n selektiewe literatuurstudie en persoonlike onderhoude met persone in die praktyk, is gepoog om 'n model daar te stel vir die opleiding van leksikograwe. Die studie het getoon dat leksikograwe se opleiding nie net op die teoretiese aspekte mag fokus nie, maar dat indiensopleiding of ondervinding by 'n woordeboekuitgewer van groot belang is. 'n Voorstel word gemaak oor die onderwerpe wat aandag behoort te geniet in die opleiding van 'n leksikograaf. As deel van die opleidingsmodel behoort elke voornemende leksikograaf onderlê te word in die ontwikkeling van bestuursvaardighede. 'n Model vir die samestelling van woordeboeke behoort klem te lê op die belangrikheid van 'n weldeurdagte woordeboekkonseptualiseringsplan as deel van die leksikografiese proses. Leksikograwe behoort in die leksikografiese proses onderrig te word, vanaf die verkryging van data tot die voorbereiding vir publikasie van die woordeboek. Die doel van die woordeboek moet ook geïdentifiseer word as deel van die beplanningsfase. Voornemende leksikograwe moet onder andere 'n deeglike kennis opdoen van die metaleksikografie, algemene leksikografieteorie, bestuur en beplanning van 'n woordeboekprojek, die leksikografiese proses (van die verkryging van data tot die uitgee van die woordeboek en die evaluering daarvan), aspekte van die teorie van semantiek, morfologie, fonologie en sintaksis en rekenaarleksikografie. Ten slotte word 'n aanbeveling gemaak dat bepaalde komponente van leksikografie-opleiding dalk ook by technikons en nie net by universiteite hoort nie - hierdie opmerking behoort verder nagevors te word.

Page generated in 0.1081 seconds