• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • Tagged with
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Ekonomiese geregtigheid vir almal" ,n analise van die pastorale brief van die Noord - Amerikaanse rooms Katolieke biskoppe oor die,ekonomie van die VSA

Damon, Malcolm Peter January 2002 (has links)
Magister Artium - MA / In 1980· het: die Noord-Amerikaanse Katolieke biskoppe 'n pastorale brief oor Marxisme laat verskyn. In gesprek met Hulpbiskop Peter Rosazza van Hartford het twee Franse priesters, klasmaats van hom, die volgende opgemerk: Hulle het gewonder, hoekom die biskoppe 'n brief uitgebring het oor Marxisme wat tog nie 'n brandende saak ("issueII) was nie. Hoekom nie 'n brief oor kapitalisme nie, was hulle vraag? (Berryman 1989:75). Dit het daartoe gelei dat Biskop Rosazza in 1980 by die biskoplike vergadering voorgestel het dat 'n pastorale brief oor "kapitalisme" opgestel moes word. Hierdie mosie is aanvaar en het dan gelei tot die pastorale brief oor die ekonomie van die VSA geti tel, Economic Justice for All: Pastoral Let ter on Catholic Social Teaching and the U.S.Economy. 'n Vyfman biskoplike kommissie het in 1981 aan hierdie opdrag begin werk en met verloop van tyd besluit om in plaas van op die kapitalistiese sisteem te fokus, eerder die ekonomie van die VSA te ondersoek en te beoordeel. In November 1984, na wye konsultasies, besprekings en konferensies het die eerste publieke konsepdokument verskyn. Die biskoppe het dit juis laat verskyn na die uitslag van die presidensiele verkiesing tussen Reagan en MoridaLe (Berryman 1989: 113). Hulle het geredeneer dat hiermee - om dit te laat verskyn na die verkiesing - hulle sou kon verhoed dat hulle daarvan beskuldig sou kon word dat"hulle polities kant kies. Inteendeel, dit is toe juis wat gebeur het en die biskoppe is daarvan beskuldig dat hulle kies vir die Demokratiese Party teen Reagan wat die verkiesing gewen het. Die dokument het wye mediadekking geniet - nuusblaaie, sowel as die televisie - en "vi.qorou s public discussion took place around the first two public drafts of the letter (November 1984 and October 1985)11 (Berryman 1989:114). In Junie 1986 het 'n derde konsep verskyn en gedurende November 1986 "isdie finale dokument aanvaar deur die Nasionale Biskoplike vergadering en vrygestel.

Page generated in 0.0549 seconds